Maskers in buitelug nie meer nodig – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die dra van gesigsmaskers wat die neus en mond bedek is nie meer verpligtend in die buitelug nie, maar wel nog binnenshuis.

Pres. Cyril Ramaphosa het die land Dinsdagaand toegespreek oor verwikkelings in die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die president se toespraak volg ná vergaderings met die nasionale koronavirusbevelsraad, die president se koördineringsraad en die kabinet.

Volgens Ramaphosa is die land gereed om na ’n nuwe fase in die bestuur van die pandemie te beweeg. Daar is tydens die vergaderings besluit om sekere van die Covid-19-regulasies te verslap.

Ramaphosa sê hoewel die pandemie nog ver van verby is, is die lewe (en ekonomie) stadig maar seker besig om terug te keer na normaal.

Die land verkeer tans in vlak 1 van die hantering van die pandemie.

“Die pandemie het die afgelope twee jaar ons lewens gevorm en verander hoe ons werk, reis, aanbid, sosialiseer en sport kyk. Dit het die loopbane van baie mense, sowel as die land se ekonomie verpletter,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa word daar ná vier vlae van infeksie al hoe minder mense siek en word minder sterftes aangemeld. Hy sê die land se gesondheidstelsel het die afgelope twee jaar ook versterk in die bekamping van die pandemie.

Volgens wetenskaplikes het tussen 60% en 80% van die bevolking een of ander vorm van immuniteit teen die virus. Ongeveer 48% van volwassenes het ook ten minste een entstofdosis al ontvang.

Ramaphosa het aangedui dat die nasionale ramptoestand opgehef sal word sodra openbare kommentaar oor die voorgestelde konsepregulasies afgehandel is. Lede van die publiek het kans tot Vrydag 15 April om kommentaar op of vertoë oor die voorgestelde regulasies in te dien.

“Dit beteken wel nie die einde van die pandemie nie, dit beteken net dat die wyse hoe ons dit bestuur, verander. Ons gaan steeds met die virus in ons midde leef.”

Ramaphosa het die volgende aangepaste regulasies aangekondig:

  • Byeenkomste word toegelaat met ʼn maksimum van 50% van die venue se kapasiteit binnenshuis en in die buitelug. Daar is wel ’n vereiste dat persone wat die byeenkomste wil bywoon ’n bewys van inenting kan toon of ’n PCR-toets wat nie ouer as 72 uur is nie.
  • Bywoning van begrafnisse word opgestoot van 100 tot 200 persone.
  • Die dra van gesigsmaskers wat die neus en mond bedek, is steeds verpligtend binnenshuis in die openbaar, maar nie in die buitelug nie.
  • Die regulasies met betrekking tot sosiale distansiëring is nou 1 meter pleks van 1,25 meter. Dit geld egter nie skole nie.
  • Internasionale reisigers wat die land wil binnekom, moet ’n bewys van inenting toon of ’n PCR-toets wat nie ouer as 72 uur is nie.

Hierdie maatreëls sal Woensdag in die Staatskoerant publiseer word en is meteen van krag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Pietertjie ·

Dit laat my dink aan ‘n bosluis: die pote is al af, die lyf is al vrot, maar die kop byt vas vir ‘n vale.

Die noodtoestand is net om tyd te koop, anders word die verspreiding en toediening van ongetoetste en ongesertifiseerde “medikasie” onwettig. Sosiale afstand en ongesertifiseerde “maskers” het net mooi niks meer te doen met ‘n pandemie nie.

Die covid-wa se wiele het laaankal afgeval.

Christine ·

Mense! Ons is lekker stupid, hoor! Hulle gee vir ons ‘n troosprysie met die een hand en hulle gaan ons vryheid vat met die ander hand, beginende met die veranderinge van die Gesondheidswet! Haal af daai maskers van julle oë af, hier kom groot dinge in die toekoms! Ons sal moet begin opstaan teen hierdie kommunistiese regering!

Corne123 ·

Ag asb tog ook gese hy moeg vir maskers maar dan die kopdoek sit op sy kop ons sal nooit die einde sien nie winter kom nader en gettal gaannweer stug so voor ons weet is ons weer op vlak 3 kyk maar

huisvanisrael ·

Maskers werk nie, het nog nooit gewerk nie en sal nie werk in die toekoms nie. Jy kan net sowel ‘n onderbroek oor jou kop trek.

krodedil ·

Miskien moet die mense met die afduimpies ‘n onderbroek probeer. Dit sal verseker beter werk.

Strandloper ·

Jy is lankal ook nie meer nodig nie. Doen ons almal n guns en fire jouself asb

Trots Afrikaans1 ·

Wat ‘n grap Mnr die President. Bly ek het nie my tyd gemors om na hierdie snert te luister nie. Same old same old. Net mooi niks het verander nie.

Renier johannes ·

Dis net mags misbruik hoe moet jy teen ligaampies op bou teen verkou as jy nie dit kan in asem nie

Vonkprop ·

So ek kan nou sonder ‘n masker van die parkeerterein na die winkel toe loop, maar moet weer my masker in die winkel opsit. Hoe belaglik is dit nie.

VaalDonkie ·

En vir my maak dit geen verskil nie want dis presies hoe ek nog altyd gedoen het.

piet ·

Ek verstaan nie die buitelug regulasies nie. As jy 25000 mense by ‘n stadion kan toelaat, kan jy mos maar 50000 ook toelaat.

Stephen ·

Maskers is verpligtend in die openbaar maar nie in die buitelug nie.?? Waar eindig die openbaar en waar begin die buitelug.? Belaglik.

Neestemmer ·

Dis eintlik nogal snaaks hoe hierdie sirkusnarre wat hulleself as leiers beskou, sulke absolute belaglike reels op hulle onderdane afdwing asof dit enigsens ‘n verskil gaan maak aan die verspreiding van ‘n virus. Maar dan is dit tragies om te sien hoe almal steeds met hulle maskertjies rondloop wat vol 80+ mikron gaaitjies is wat net mooi niks doen om 0,1 mikron virus uit te hou nie, en eintlik jou brein en immuniteitstlsel ontneem van die broodnodige suurstof wat dit nodig het om te funksioneer……

Treurwilger ·

Neestemmer, weet jy, ek verag myself elke keer as ek die belaglike voosgebruikte kenmerkende ligblou masker op my gesig sit.
Maar hoe anders as ‘n mens moet/wil eet?

VaalDonkie ·

Ek het geen slim antwoorde nie. Ek is dankbaar dat Die Skepper my lewe so bestuur het dat ek nou van die huis af kan werk en dat my werkgewer my “akkommodeer” het. Nie almal het daardie voorreg of opsie nie.

Vlooitjie ·

As almal net wil saam staan en die flippen goed net neergooi…

VaalDonkie ·

Het die virus so verswak dat hy nou nie meer 1m kan spring nie waar hy voorheen 1.5m kon spring of wat?

Jasper ·

Om ‘n stukkie lap oor gesig te dra is om ‘n vlooi te probeer keer om deur ‘n ogiesdraad te spring.
Maar nou ja, die “mind control” is seker belangrik sodat die Association of National Corruption nog die koei kan bly melk.

Madeleine ·

Wolf in skaapsklere.

Waar Kan ons die petisie teen die regulasies betyds onderteken?

Nie Verbaas ·

Ekonomie besig om na normaal terug te keer? Wat van oor die twee miljoen mense wat tans werkloos is Ramaphosa? Praat snert met die wat jou glo.

Andre ·

Oom Cyril, meeste mense dra al lankal nie maskers buite nie, word wakker. Al wat die maskers doen is om China ryk te maak.

Swerwer ·

Klou soos ‘n neet om tog net beheer oor die nasie te probeer uitoefen wat in elk geval ‘n totale mislukking tot nou toe was.

Genis ·

Mense dra dit in elk geval nie meer buite nie…ek het al lankal dit nie gedra nie… Dis n foefie, geldmaak foefie… As dit so gevaarlik was, waar is die Bio-Bins?

Mariana ·

Van watter ekonomie praat die man. As ons gaan kyk na alles waarvoor ons buitensporige pryse moet betaal en hoe daar steeds deur miljoene mense gesukkel word om die pot aan die kook te hou, praat hy mos nou loutere snert. Die ekonomie het waarskynlik vir hom en sy kaders verbeter maar van hier waar ek sit , is daar beslis geen verbetering nie. SA val steeds elke dag uitmekaar en hulle dink dit gaan beter. Hulle is die ramp wat die land se ekonomie getref het en onherstelbaar gemaak het.

Papsak ·

So mors hy nog elke dag ons tyd en die hele land se tyd want hy is ver agter waaroor wil hy nog kreun ag asb hou net op jy maak my moeg !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.