‘Massa-grondbesettings kom op 31 Desember’

Andile Mngxitama, die leier van Black First Land First (BLF), en sy adjunk, Zanele Lwana, praat met verslaggewers in Pretoria. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Andile Mngxitama, die leier van Black First Land First (BLF), het Woensdag gesê die organisasie maak gereed om uitgebreide grondbesettings reg oor Suid-Afrika uit te voer, wat volgende jaar nog verder verskerp sal word.

“Swart mense het nie grond nie. Ons het nog heeltyd net klein deeltjies hier en daar gevat, maar nou vat ons meer en meer. Julle sal sien dat hierdie veldtog gaan verskerp. Die nag van 31 Desember is die nag wat ons gaan seker maak ons is gereed. Ons is besig om grondonteieningkomitees reg oor die land op die been te bring om wit gesteelde grond te identifiseer,” het Mngxitama aan verslaggewers in Pretoria gesê.

“Ons gaan inbeweeg. Julle sal vanaf die begin van Januarie 2018 massiewe grondbesetting sien. Maar hierdie Saterdag al het ons ʼn grondbesetting in Ekurhuleni, so dit gaan voort. Dit is alles net deel van die kleedrepetisie. Ons is ook besig om ʼn landboukollege op te stel om ons mense te leer hoe om grond [boerdery] op ʼn alternatiewe manier te doen.”

Mngxitama het gesê BLF het ook ʼn aanmaningsbrief van die “rassistiese, ekstremistiese en kriminele organisasie AfriForum” ontvang waarin BLF gemaan word om op te hou om te dreig om grond te beset.

“AfriForum is ʼn spul gronddiewe. Soos hulle aangaan, sal ek seker maak hulle verlaat hierdie land. Ons sal nie toelaat dat gronddiewe soos AfriForum ons boelie deur die howe te gebruik nie. Ons het ʼn brief van hulle prokureurs af ontvang wat sê ons moet ons daarvan weerhou om te sê ons gaan die grond terugvat. Dit is absolute nonsens,” het Mngxitama gesê.

Mngxitama het joernaliste by die Mededingingskommissie toegespreek kort nadat die BLF-leierskap ʼn vergadering met kommissaris Tembinkosi Bonakele gehad het. Volgens Mngxitama is een van die kwessies wat bespreek is die boetes wat maatskappye opgelê word wanneer daar bevind word dat hulle by korrupte aktiwiteite betrokke was.

Hy het gesê volgens wet kan die maatskappy tot ʼn maksimum van 10% van sy jaarlikse omset beboet word, maar BLF voer aan boetes moet 100% van die jaarlikse omset wees. “Ons het ʼn baie deeglike gesprek gehad oor die noodsaaklikheid om die wet in hierdie verband te verander. Ons gaan hard druk en met LP’s en ander rolspelers praat om seker te maak dat hierdie kwessie opgelos word.”

Hy het gesê BLF voer ook aan dat korrupte maatskappye persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir hierdie misdade. “Hierdie mense kruip agter die maatskappye weg. Byvoorbeeld die konstruksiekartel wat van ons gesteel het in die tyd rondom die FIFA Wêreldbeker. Hulle was maar te bly om die 10% te betaal en hulle was betrokke by die sameswering. Kom ons noem dit korrupsie, want wit korrupsie word samespanning genoem in hierdie land. Daardie wit bestuurders het miljarde by ons mense gesteel en het net ʼn bietjie geld betaal om skotvry daarvan af te kom,” het hy gesê.

Mngxitama het ook verwys na die beslissing van die hooggeregshof in Johannesburg wat vroeër vandeesmaand ʼn interdik aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) uitgereik het om BLF te verhoed om om joernaliste te dreig en te intimideer.

“Ons het geen stryd verloor nie. As daar enige joernalis daar buite is wat ons uitvind rassisties is, sal ons met hulle afreken. Daar is geen stryd wat hier verloor is nie. Die stryd gaan voort. Inteendeel, die stryd het nou net begin. Wys vir ons ʼn rassis en ons wys vir jou hoe hanteer ons ʼn rassis sommer baie vinnig. Rassisme moet nou tot ʼn einde kom. Niemand kan gemaklik daarmee wees dat die hof besluit het rassiste het die reg om rassisties te wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Anton van C ·

Dis nou die ‘redenasie’ wat jy kry van iemand wat gepraat het voordat hy self gedink het of iemand anders gevra het om hieroor te dink

Trappies ·

Wil hulle nou n kollege oopmaak om te leer boer. Wat het hulle dan gedoen toe hulle saam met n boer op die plaas gewerk het – niks geleer?

Adam ·

Trappies, hulle wil seker navorsing doen om te kyk of jy kan boer sonder om te werk, Ek kan nie verstaan dat mense smeek vir grond en wanneer hulle dit kry, wil hulle eerder geld in ruil daarvoor neem nie. Daar is talle sulke voorbeelde en wys net daarop dat die “gesanik” oor grondbesit in wese net bedelary is. BLF doen presies wat die ANC jare gelede gepropageer het nl on die land “onrgeerbaar” te maak. Net soos met “no education before liberation” sal dit wrange vrugte oplewer.

Ronnie ·

Die man herinner my aan Juju so 6 jaar gelede. Hy was ook deel van die ANC en het hulle fluisteringe in die publiek uitgeskree. Dieselfde met hierdie man. Ek dink hierdie organisasie word deur die regerende party befonds en ondersteun want hulle het steun verloor. Dis die ANC se teenvoeter teen die EFF.

Joos ·

Dit is beslis so Maar Dit kan maklik hoekom as hulle gedwing kan word om Dit bekend te maak waar hul fondse kry

Jaap ·

Andile het hoed in hand by die Guptas gaan geld bedel. Hulle was maar te bly om te help. Hy is oop en bloot n Gupta seun. Hy is ook een van Victoria Geogehen van Bell Pottinger se creations. Sy het hom ook geskool saam met ANCYL se Collen Maine, oba Oros. Stel voor jul word lede van Twitter om die dinge in aksie te sien. Dit word baie openlik daar bespreek. Bell Pottinger het letterlik bloed aan hul hande, veral daai vrou. Andile was deel van EFF ruk terug maar Julius het hom uitgegooi. Hy is nou n Zupta. Daar is baie geld agter die ene. Baie.
Ek vermoed dus ook wapentuig. En huursoldate – soos Zuma mense betaal om te betoog bv. Dis n nare spul die en daar is blykbaar dwelms betrokke. Ek hoop dit help.

Justice ·

Wat hulle glad nie verstaan nie – daar is `n wesenlike verskil in wil iets doen of het dit gedoen.

CAV ·

Begin maar eers by jou ANC ” comrades ” wat al 4500 plase gevat het, en nog niks daarmee gedoen het nie

Ben ·

Wat van die duisende hektaar wat hulle saam met miljoene rande gekry het.
Die geld is weg enal wat op die plaas is is draad strukke, om die klein wild uit te roei.
Gaan kyk maar hier tussen Potch en Klerksdorp.

Pieter ·

Siestog die arme mens moet ons nou skrik vir hulle kyk die plaas in die vrystaat ma hulle wil boer. SHAME

Johann Marx ·

Nou wil dit vir my lyk asof dit wat FW in 1990 wou “verhoed” toe uiteindelik net “uitgestel” is? En al wat gebeur het in 27 jaar is dat ons paraatheid verdwyn het… Hierdie persoon sou nie sy stellings en dreigemente toe gemaak het nie? Maar nou kan hy….en met reg uitdaag: “En wat gaan julle daaraan doen?”

WJV ·

Hierdie is ‘n stryd wat in retrospeksie, al 25 jaar terug gevoer moes gewees het. Toe het ons nog ‘n sê gehad. Nou kan ons maar net opkyk vir genade.

Saul ·

Pasop. Vir hierdie man gaan dinge nie oor WMC of grondbesetting nie. Hierdie man word gebruik deur Zuma en die Guptas om volgende jaar, voor die verkiesing, onstabiliteit te veroorsaak. Die Zuma en Gupta families soek rede om ‘n noodtoestand af te kondig en die verkiesings te kanseleer.

Joos ·

In puin lê ons land. Met bou valle, erosie slote, vervalle infrastruktuur, boorgate sonder pompe, droë plaas damme, verskroeide en verdroogte lande. Miljoene is ontvang om te Boer Maar 5 beeste loop nou tussen die stompies waar daar eens uitvoer druiwe gestaan het. Rook trek soos die veld weg gebrand is om die bosse wat die lande vervang het af te kap. Die Dubbel vloer grasdak is lankal af gebrand en die twee ander opstalle bevorder tot bouvalle. Die tennisbaan Se drade gestroop en net n gemors het oorgebly. Die koedoes wat eens tussen die Lang gras teen die voet van die berg geloop het se droë bene vrot weg in die grond. N multi miljoen rand plaas Nou n bar en arm stuk grond wat wat meer gaan kos om te herstel as wat Dit werd is. Wat eens n bate en waarde verhooging was vir die bure is nou n Lee stuk kopseer wat hul eiendom Se waarde tot niks verminder het. Dit gaan nie oor grond nie die gaan oor Ek betaal jou om die onmin en rasse haat aan te blaas want anders leer burgers dalk net om saam te werk en die land Reg te ruk. Dit Sal mos nou rampspoedig wees want Dan val die inkomste van die kwaad stekers dalk weg. Wens elke burger Wil sien dat Dit politieke spel is om beheer toe te pas. Die wat die meeste beheer word maak die meeste geraas!

catryn ·

Hoeveel geslagte bly ou Andile in SA? so watter grond was syne, is hy al 200 jaar oud – hy kan gerus Ingonyama Trust besoek en met die tradisionele zoeloe leier ontmoet wat nou maar eers 200 jaar in SA is, erkenning geniet – en die zoeloe is ‘n trotse volk wat hul geskiedenis ken

Wonder hoeveel van ons eie mense doen moeite om hul geskiedenis bietjie na te gaan, waar hulle vandaan kom, regtig , ons het ook ‘n reg in SA in baie gebiede, maar beslis nie in die hele SA nie.

JC ·

ZAR plus Republiek van die Oranje- Vrystaat se gebiede(en die Kaap wat van ons geneem is deur die Britse kolonialiste).

JC ·

Die tot-niet-making oftewel ontbanning, van die ou Republieke en hul inlywing in die Unie van Suid-Afrika was volkeregtelik delegitiem, prosedureel onregmatig en onwettig.
Dus het Boere/Afrikaners eintlik ‘n LEGITIEME eis vir daardie gehele gebied wat eens die ou Boererepublieke was, maar jy sal niks daarvan hoor in die hoofstroom media nie.

Dries Theunissen ·

Ons ou volkie het al so baie moes verdra maar deur al die swaarkry het ons altyd nog kop bo water gehou en die rede was dat ons op ons God vertrou het sefs die konsentrasie kampe kon daardie geloof nie breekn nie vernietig nie. Die huidige toestand waarin ons bevind is ‘n baie erstige toestand maar ons moet weereens ons toevlug na ons Skepper neem, ons moet ons voor Hom verootmoedig en vra om wysheid en hulp. Ons Hemelse Vader sal ons nooit verlaat of versaak versaak nie.

Marietjie ·

Dankie Dries! Vir die ligbaken in n donker oomblik!
Ons vergeet so so maklik dat God steeds in beheer is.
Ons laat ons so maklik aan die neus ly en raak paniek bevange (al sal ons dit dapper nie erken nie)
God bly in beheer. Dit is nie hierdie lewe se besittings (grond/plase/goud) wat vir ons belangrik moet wees nie. Die feit dat ons glo en vertrou en die 10 gebooie gehoorsaam moet vir ons belangrik wees.

Francis ·

As daar grond gevat word ( waarvoor daar betaal is )
Gaan daardie gelde met rente verhaal word ? die tuine en geboue wat nie uit die lig uit geval het nie ! gaan dit ook met rente vergoet word …….???????

Louis ·

Ek verstaan nie mooi wat het korrupte maatskappye met grond-oneiening te doen nie, maar 100% van hul omset?? Wie dink hy gaan die salarisse van die 1000e werknemers betaal, want op die einde gaan dit hulle wees wat lei, nie die grootkoppe nie.

arrogant ·

Wow!!! Dit is vir jou a arrogante babbelbek! Ons uitvoer vrugte plaas is een v d plase in limpopo wat geeis was paar jaar terug. 2 groot moderne huise, 3 sterk fonteine, 2 boorgate, implemente ens wat hul gekry het. (want jy mag niks verwyder nie). Net jou meubels ens mag jy vat. Een jaar later toe ons gaan kyk hoe “koper” vloreer is daar nie eens meer a dak op die huise nie, geen stoof, die trellidors is deel van a hoenderhok. Die bosse het hoër as die vrugte bome gestaan en geen v d plaas implemente was in sig. Toe ons a man gevra het wat daarrond was het hy gese dat hy vir die goverment om vir hulle te kom leer. Kom ek se vir hom. Hy kan ons miskien die wit skelmsnoem maar alles wat ons wittes aan gepak het van niks het ons op gebou en nie af gebreek nie. Voorspoed met daai kamstige “landbou kollege”. Dis wat tans bestaan, weereens deur die wit skelms gebou en instand gehou, het hul geplukder n gebrand! Meer bek as breins!

arrogant ·

Wat ek vergeet het om te vra? Hvl het die Guptas hom betaal om dit kwyt te raak aangesien dit die Guptas is wat hom finance!!!

Chantel VAn Dyk ·

“Grondonteienings-komitee op die been te bring”… klink vir my na nog n selfregverdigende kriminele plan dan kan ons seker ons eie grondbeskermings-komitee of kommando op die been bring of is dit nou weer rassisties om jouself te beskerm ‘wonder waar kom die ik vandaan”……….moet maar begin laer trek…..

Johann Holtzhausen ·

Stem saam; dis nie net vir kom grond vat nie! Boere wat in ‘ n hoek gedruk word…….pas op!

Des ·

Iemand het een dag genoem dat ons voorouers se grond bar was sonder enige geboue, trekkers en implemente. Hy het genoem as hulle sy grond soek hy sal seker maak dis al wat hulle kry. Hoekom dit waarvoor ons hard gewerk het net so oorhandig om deur getrek te word? Kom ons kyk noord waar dieselfde gebeur het en die land nie genoeg kos vir sy eie mense kan produseer nie. Ai, as ons maar net kan dink. . .

Chantel VAn Dyk ·

VAn die sogenaamde minder bevoorregtes besit al meer en/as 1 huis as die gewone blanke suid-afrikaner. Hoeveel grond onteiening nog???

Cathy ·

As dit wat uit SY mond kom nie rassisme is nie, verstaan ek seker die definisie van die woord verkeerd. Nie net is dit rassisme nie, dis openlike haatspraak en beloftes van geweld. Ek begin al wonder of rassisme dan soos “apartheid” uitsluitlik ‘n term is wat van toepassing op witmense is. Organisasies vir uitsluitlik swart mense word verduur en selfs goedgepraat, maar die oomblik as daar ‘n organisasie vir blankes in die lewe geroep word, is one rassisties. Hierdie dubbele standaarde kan tot niks goed lei nie, soos ook duidelik spreek uit die kommentaar wat reeds gelewer is. Ek stem saam met Dries Theunissen – waar is ons vertroue op, en gehoorsaamheid aan God? God het die Israeliete laat ly wanneer hulle ongehoorsaam was en hul rug op hom gekeer het, maar Hy het ook vergewe en uitkoms gegee elke keer as hulle weer na Hom toe teruggedraai het. Kom ons hou op verbitterd wees en draai terug na ons Skepper. Het Hy nie reeds Sy getrouheid oor en oor gewys nie?

Johann Grobler ·

Cathy,
Ons is vinnig om te se God sal ons help. Dit is ons enigste uitweg, maar kom ons dink terrug aan 16 Des 1838 waar ons voorouers in dieselfde situasie was. Hulle het tot God geroep en ‘n belofte gemaak dat hierdie belofte elke jaar herdenk sal word. Wie kan saam met my getuig dat jy nog elke jaar die 16 de Desember by ‘n gelofte fees is. Wat dink julle se God hiervan?

Shaun ·

Kom vat my plaas ……. Ek is reg vir julle . O ja . Ek behoort aan die ” rassistiese AfriForum”. Daarom ,volgens jou, is ek dan by implikasie ñ rassis . Ek sal jou wys dat ek met hulle hulp , en met n hofbevel , jou trawante laat verwyder .

Ralph ·

die Engelse het gou agtergekom is nie net sommer van vat van die Afrikaner en nog minder van die Boere nie so ons sal maar sien wat gebeur na die 31 ste Des as sy dreigemente uitgevoer word!

Ralph ·

stem dis nie net vir vat nie!julle sal die gevolge voel maak nie saak hoe nie die tyd sal leer!

Frederik ·

As Maroela Media nie die ou 100% ondersteun het nie, sou bitter min mense bewus wees van sy bestaan en al die snert wat hy kwytraak.

Andre ·

Kan ons asseblief die liberaliste (wie nou skynbaar ook omtrent almal oorlede is) se kommentaar op hierdie artikel en die uitsprake van BLF ontvang??????

Julia Potgietet ·

Ja miskirn moet die man eers al die vervalle plase identifiseer wat deur die rigering vir die verontregdes gegee en daardie grond vir boere gee wat weet hoe om te boer.

Trots Afrikaans ·

Chrisjan, teken my op. Ons voorvaders het die magtige Britte gewys hoe om oorlog te voer, ek dink blf het vergeet waarmee hulle te doen gaan kry. Geen Gupta geld gaan hulle kan help nie.

Afrikaner ·

Wat hulle nie verstaan nie om te boer is lang ure, harde werk, geloof en natuurlik moet jy baie jare se kindigheid he. ….gee hulle 6 maande met n plaas dan staan daai John deere trekke ini lug, wiele af,huis see dak is af end n shack word lang die huis gobou, skape en hoender sal alles uitgeeet word, daai grond sal in so slegte toestand wees,dat dit jare sal neem om dit prodiktief te kry……baie sterkte aan BLACK FIRST LAND FIRST. ……..GOD AĹMAGTIG SAL VERLOSSING BRING

FM ·

Jo!! Kyk hoe bewe my broekie vir die andile mannetjie. Jy kan probeer. Jy kan sommer eerste kom. Ons wag vir jou. Jy s n regte raasbek, n windbol van geen waarde!!

Zachrys ·

Ai toggie jy mag jou eiendom verdedig as die polisie dit nie doen nie moet óns dit seker doen ek hoop burger-regte organisasies neem kennis…

Charles Rossouw ·

Afrikane kan nie rassisties wees, net blanke mense kan wees…

Vryheid ·

Blf is maar net besig om die aandag af te trek van die anc en die verkiesing, n klomp oppertuniste wat dink ons sal net ons grond oorhandig sonder dat daar bloed vloei.

dis so ·

Ja, Charles. Met ander woorde die betekenis van ‘n woord word doelbewus verdraai soos dit die spreker pas, hoofsaaklik om homself te verontskuldig. Waar vind jy dit in die buitewêreld? Dis soos ‘n kind wat besluit blou is groen en weier om die waarheid te verstaan, hoe jy ookal verduidelik. Alles gaan oor die sinlose struggle, and the issue is never the issue.

Cherokee ·

Grond wat gesteel is kan met reg terug geneem word maar die ‘diefstal’ sal eers in howe bewys bewys moet word.

Angelier ·

Is dit net landbou grond of het hulle vakansie en grênd huise ook gekies.

Sou hulle tot uitvoer van land besetting kom, sal die Banke vou. Daar is juis weer n tekort aan flats in JHB se middestad en ek dink FNB hoofkantoor is net die regte plek om van die Rooi Miere ontslae te raak.
Water finansiele instelling gaan toelaat dat bates net gevat word. Die beste is om n Groot verband op eiendom te hê en kontant in n ander land se bank soos Bank of Lisbon, as dit nog bestaan.

Miskien moet hulle ander nuwejaars fantasies kry. N droom van land vat en op n meer natuurlike manier voedsel produseer sal die April fools grappie wees

Joe ·

Goeie plan, nou weet ons ten minste waar ons julle almal bymekaar kan kry.

Maris ·

Hoe in die wêreld kan hy soveel rassistiese opmerkings maak en daarmee wegkom?

Charl ·

Eerstens, spreek ek hierdie man se woorde en dade af in Jesus Naam.
Jesaja 54:17 Geen wapen wat gesmee word om jou (ons kinders van God en ons land Suid Afrika) aan te val sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou (ons kinders van God en ons land Suid Afrika) getuig sal gestraf word. Dis hoe Ek die Here vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle (ons kinders van God en ons land Suid Afrika) geskied sê die Here.
Hou op vuur spoeg op media, spreek woord ons geveg is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte. Daarom trek die volle wapenusting van God aan. Beklee in die gees jouself, gesin, naastes met dit elke dag van jou lewe, spreek Psalm 91 oor jou lewe en jou naastes. Mense die vyand wil hê ons moet vrees hê en waar tackle hy ons, in die MEDIA kom ons verander vrees na God. Ons boere het nie facebook of google of al hierdie media gehad nie, hulle het nie so baie gif kon spoeg nie. Ons is besig on soveel negatiwiteit uit te spreek. Nee die boere het die bybel en mekaar gehad. God is ALMAGTIG en kragtig. Ons grootste!!!!! Veg met die woord. Begin ‘n veldtog saam met my. Net bybeltekste vir kommentaar. Op ‘n negatiewe nuus stuk, ‘n kragtige bybelteks! Net God kan ons red en die Woord is ons swaard. Weereens die wapenrusting van God is wat ons nodig het.

Theuns Moolman ·

God sal hulle bewaar wat Hom en Sy Woord liefhet. Hulle wat gehoorsaam is aan Hom. Hy wat dink dat hy of sy hierdie stryd in die vlees aanvat is in ‘n verrasing!
Ons tryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose geeste in die lug.
Hierdie mense wat haatspraak aanwakker is “werktuie” van die Bose. Die duiwel op sy eie is magteloos en het mense nodig om sy vuil werk te doen! Hierdie mense is nie eens bewus daarvan dat hulle misbruik word nie!
Hierdie stryd kan net in die Gees aangevat word met God se wapenrusting aan. Ef 6.
Enige ander “metode” om hierdie stryd aan te pak is gedoem tot mislukking!
Kom ons maak ons land se mense wakker dat hulle kan terugkeer na die Waarheid! Dit is die enigste oplossing.
Laat ons ook nie vergeet dat die regering van ‘n land deur God in posisisie geplaas is om Sy Raadsplan ten uitvoer te bring om by Sy einddoel virhierdie wêreld uit te bring. Dit maak nie saak hoe korrup daardie regering is nie!
Ons beweeg nader aan die voleinding van G9d se Raadsplan en geen mens sal Hom verhinder om dit uit te voer nie! Al wat ons as gelowiges kan doen is om gereed te maak vir die wederkoms van Jesus. Dit is baie naby!

Theuns Moolman ·

God sal hulle bewaar wat Hom en Sy Woord liefhet. Hulle wat gehoorsaam is aan Hom. Hy wat dink dat hy of sy hierdie stryd in die vlees aanvat is in ‘n verrasing!
Ons tryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose geeste in die lug.
Hierdie mense wat haatspraak aanwakker is “werktuie” van die Bose. Die duiwel op sy eie is magteloos en het mense nodig om sy vuil werk te doen! Hierdie mense is nie eens bewus daarvan dat hulle misbruik word nie!
Hierdie stryd kan net in die Gees aangevat word met God se wapenrusting aan. Ef 6.
Enige ander “metode” om hierdie stryd aan te pak is gedoem tot mislukking!
Kom ons maak ons land se mense wakker dat hulle kan terugkeer na die Waarheid! Dit is die enigste oplossing.
Laat ons ook nie vergeet dat die regering van ‘n land deur God in posisisie geplaas is om Sy Raadsplan ten uitvoer te bring om by Sy einddoel virhierdie wêreld uit te bring. Dit maak nie saak hoe korrup daardie regering is nie!
Ons beweeg nader aan die voleinding van God se Raadsplan en geen mens sal Hom verhinder om dit uit te voer nie! Al wat ons as gelowiges kan doen is om gereed te maak vir die wederkoms van Jesus. Dit is baie naby!

Gustav ·

Groot probleem is ja kom ons sê hul vat nou die grond en leer so waar om te boer, hoe gaan hul boer seker maar saai met die hand want hul kan nie ‘n lening kry want tegnies besit hul nie die grond. Geen trekkers geen planters geen geld vir saad of kunsmis nie.

Johannes Meintjes ·

Geregtigheid kan net seevier as die 1 Kor 3:9-15 werkers en rentmeesters van geregtigheid in gehoorsaamheid optree. Is ons al ons Buurtwagte regsgeldig gevestig, met die GPF geskakel, opgelei en nasionaal genetwerk? Is grondgryp teenaksie wel bekend en uiteengesit, of is dit ook net nog ‘n politieke instrument van manipulasie van ons reeds vuisvoos landsburgers?

Anika ·

Voor hulle die landboukollege bou, moet hulle maar eers ‘n brandweerstasie op die been bring, hulle gaan een nodig kry want als word mos afgebrand …. he he he …

Dirk ·

Ek hoop dat die nuwe eienaars hul grond belasting gaan betaal aan die onderskeie rade.En dat hulle hul deel sal bydra om kos op die land se tafels te sit. Lanbou kolege gaan nie help nie want daai tiepe ondervinding kan jy nie koop nie.

Gatvol ·

@ arrogant- Dit sal fantasties wees as foto’s van voor en na op sosiale media geplaas kan word. Veral na die ANC asook BLF ook met ‘n reguit boodskap wat definitiewe antwoorde verlang.

Minx ·

Ek is baie ontstel ek dink nie hulle gaan net vir grond om op te boer nie. Wat as hulle besluit om vir bestaande eiendome met spoel toilette en gevestigde huishoudings te gaan? Ek is bevrees hulle gaan net alle huishoudings (invade) so ons gaan maar moet plak soos die wat onwettig in die land is. Ons is maar die minderheid wat se waarborg het ons?

Vermeende ·

Minx, ek dink SA het 400 000 plase en kleinhoewes, hoe sal dit verdeel word tussen 50 000 000?
Glo dit maak, as die grond en alles daarop ge at is dan kom die laatslapers vir jou huis en alles wat jy het, tot jou kar en klere sal hy vat.

Peet J ·

Ons moet hierdie tipe uitsprake totaal en al ignoreer omrede BLF volgens my geen voet het om op te staan nie tensy hulle die Grondwet sedertdien gewysig het om vir grondbesetting voorsiening te maak. Hierdie uitsprake is net daarop gemik om die wit grondeienaars op te sweep en kan ook ‘n rewolusionêre situasie veroorsaak. Die ANC regering behoort hierdie tipe dreigemente van oningeligte instansies, wat snert praat , in die kiem te smoor in terme van die veiligheid van die grondeienaars asook die algemene publiek.

Ben ·

Stem saam dat die grond van Tranvaal en die Vrystaat (ZAR) is wetiglik gekoop en behoort aan die Afrikaanse Boere. Die vraag is wie besit die ander grond? Sover ek weet word die grond deur die Tradisionele Leiers en Regering Instansies soos Weermag en vloot besit. Dan van die Grond in Lesotho, Swaziland, Zululand en Transkei (?) behoort aan Konigin van Engeland. Engeland het die gebruik van die grond gekry in ruil vir Britse beskerming. Dit is meeste van die grond. Nou ja ….dit is waar die BLF kan grond soek — Good Luck.

EE ·

Hulle het verseker nie Gr 5 geskiedenis geslaag nie. Blacks was nie firts in Suid-Afrika nie dit was die San en die Khoikhoi. So gee eers hulle land dan terug as hulle nou so ernstig is oor land terug neem vir die wat eerste hier was.

Cornelius du Rand ·

Die grootste gedeelte van Suider Afrika was onbewoon. Die San en Khoi wat later verbaster het was nomadies en het rondgetrek. Hulle het gegaan waar daar water was en voer vir vee. Daarom sou jy hulle net lans riviere ander staande water kry. Die grootste deel van Suider Afrika get nie sulke oppervlak water nie. Die swart mense het van midde Afrka af migreer en die voortrekkers ontmoed. Hulle was beslis nie eerstte hier nie.

Nita ·

Hoe bloeddruk het nou net my lewe met 5 jaar verkort. Dierbare Hemelse Vader verlos ons asseblief van die giftige mens.

Thinus ·

Ek lees graag Maroela se nuus en kommentare. Ek bly my lewe lank in Namibia en alles wat in S.A. gebeur het n direkte inslag op Namibia. Ek is geskok en teleurgesteld met verwikkelinge in S.A. en bid elke dag dat daar verandering ten goede sal plaasvind. Ek weet ons Boere word baie warm onder die boordjie oor al die uitsprake ens van verskillende mense, maar toe dink ek ons het nog altyd oorleef in moeilike tye en ons het n taal wat goed so pragtig kan se. Kom ons lag n slag. C.J. Langenhoven het gese: Lee vat hou toe jou kraan, straks sien hulle jou vir n volle aan. En: Die gesegde: Al dra n aap n goue ring, steeds bly hy maar ne lelike ding. Dis nie aan enigeen se adres gerig nie – ek se maar net!

Boerseun ·

Daar is miljoene hektare grond in swart “besit” in Suid-Afrika, grond in voormalige tuislande waar geen witmens grond mag besit nie. Die BLF – nes die EFF – is frontorganisasies van die ANC. Nes die NP (oftewel Nasionale Intelligensie) destyds die AWB, KP en Vryheidsfront as frontorganisasies gestig het. Die EFF en BLF steek die vuur voor en namens die ANC aan die brand… Alles fyn uitgewerkte taktiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.