Massa-optog: Een miljoen wil hande vat teen SA regering

Move One Million-optog vind op 5 September plaas (Foto: Verskaf)

Altesaam 16 lande gaan volgende Saterdag saam met Suid-Afrika aan ʼn wêreldwye massa-optog deelneem in protes teen die Suid-Afrikaanse regering. Dit vorm deel van die bewusmakingsveldtog, Move One Million, wat daarna streef om lig op die regering se korrupte politieke stelsel te werp.

Luidens ʼn verklaring uitgereik deur Move One Million kan almal wat aan die optog wil deelneem op 5 September om 10:00 in hul onderskeie stede en dorpe met hul voertuie in konvooi saamtrek.

Die optog word gereël deur dié veldtoggroep en hulle vat hande met groepe soos Stop Farm Murders Movement, Ride to Freedom, #OurVoices, #ShutSADown, SA Women Fight Back, #ServeUsPlease, #SaveOurJobs, #TourismMatters en Mosadie Gives Back.

Luidens die verklaring gaan mense in lande soos Portugal, Mexiko, Ciprus, Griekeland, Duitsland, Italië, België, Nederland, Noorweë, Switserland, Dubai, die Verenigde State, Kanada, Nieu-Seeland, Australië, Uganda, Madagaskar, Ierland, Skotland en Engeland in solidariteit met Suid-Afrika in hul onderskeie lande aan die massa-optog deelneem.

“Ons doen ʼn beroep op lede van al 11 amptelike taalgroepe om op dié dag saam te staan en hul stemme te laat hoor. Ons moedig mense aan om soveel geraas moontlik te maak en hul vlae en baniere in die lug te laat wapper,” sê Jarette Petzer, stigter van die Move One Million-beweging.

Petzer sê met hierdie optog is hul doel om een miljoen mense te laat hande vat in ʼn vreedsame protes oor die hele wêreld teen die diskriminasie, ongelykheid, bedrog, korrupsie en geweld wat in Suid-Afrika en sy regering heers.

“Op daardie dag moedig ons mense aan om hul verskille opsy te skuif en saam as een nasie teen ons regering op te staan. Óf ons staan saam as een nasie, óf ons word verdeel as individue. Ons kan nie meer staan en toekyk hoe ons regering niks doen nie.”

Petzer sê Suid-Afrikaners begin stadig maar seker hul geloof en vertroue in die regering verloor. Hy verwys veral na die PPE-skandaal en korrupsie wat ten tyde van afsondering in die regering kop uitgesteek het.

“Waar die regering gedurende die afsondering na ons burgers moes omsien, het amptenare eerder miljarde rande in hul eie sakke gesteek.”

Petzer sê Suid-Afrikaners is ook keelvol vir die stygende geweldsmisdade en geslagsgebaseerde geweld. “Ons verwerp die rassediskriminasie. Ons verwerp voortdurende armoede, vingerwysing en die gebrek aan aanspreeklikheid,” sê hy.

Volgens Petzer gaan die Move One Million-veldtog die grootste veldtog in sy soort ter wêreld wees. Hy sê hulle gaan ook oor die volgende 20 maande voor die verkiesing nog nasionale veldtogte van stapel stuur.

“Ons eis dat regstappe gedoen word teen senior regeringsamptenare wat betrokke is by korrupte aktiwiteite. Ons eis ook dat lede van die publiek, plaaslik en internasionaal, algehele deursigtigheid moet verkry in die hersiening van ons direkte verkiesingsproses. Ons eis dat die regering verantwoording moet doen aan die ware bewaarders van hierdie land, die mense van Suid-Afrika.”

Besoek die Move One Million Facebookblad hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

ASB mene kom ons doen dit saam met die ander lande wat WEET hoe die KORRUPTE ANC REGERING ONS EENS MOOI EN KOON LAND OP DIE KNIE BRING MET HULLE KORRUPSIE. (ALL NATIONAL CRIMINALS) MOET VERWYDER WORD, ONS KAN DIT NIE MEER TOE LAAT DAT ONS LAND SO VERNIEL EN NA N TERRORISTE STAAT VERANDER WORD NIE.

Anton

Kom ons kyk hoeveel Suid Afrikaners gaan opstaan en deelneem………

Persheks

Kom ons gaan julle! Ek het nie facebook nie, maar sal graag al die besonderhede wil hê! Ons is daar!

Jannie van Niekerk

Suid Afrika is deesdae die HOOFSTAD van alle misdaadbedrywighede ter wêreld. Net soos wat Italië met die Costra Nosa (Mafia) vir baie jare was. Suid Afrika het nou daardie rekord gebreek . Daar is nou meer misdadigers in Suid Afrika as wat die totale bevolking in 1980 was. Veral sekere groepe uit Oos Europa, Asië, Afrika en Suid Amerika.

Gypsy

My familie en baie van my vriende hier in die VK sal almal Saterdag, 5 September, op Trafalgar Square in London wees!