Massabegrafnis vir slagoffers van N4-ongeluk

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Die families van 12 van die slagoffers van ʼn ongeluk op die N4 in Mpumalanga het ingestem om ʼn massagedenkdiens en -begrafnis vir hul geliefdes te hou.

Pat Ngomane, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid en Johan Mkhatshwa, burgemeester van die Nkomazi- plaaslike munisipaliteit, het Maandag besoek afgelê aan die families.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn taakspan is aangestel om die betrokke families by te staan.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 15 mense het in die ongeluk gesterf. Twaalf van die oorledenes was inwoners van die Nkomazi-munisipaliteit. Volgens Mabuza is 14 van die oorledenes reeds geïdentifiseer. Een persoon moet nog uitgeken word.

“Ses van die persone, wat kritieke beserings opgedoen het, is na ʼn gewone saal by Kiaat-hospitaal oorgeplaas. Een van die persone is steeds in die waakeenheid van Rob Ferreira-hospitaal,” het Mabuza bygevoeg.

Die bestuurder van ʼn sedan het Maandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag en dronkbestuur. “Die saak is tot 29 November uitgestel. Hy is vrygelaat op borgtog van R2 000.”

Die botsing het Vrydagaand omstreeks 19:30 naby Matsulu op die nasionale pad tussen Mbombela en Malelane gebeur toe een van die bestuurders ʼn ander voertuig probeer verbysteek het.

Mabuza het vroeër gesê ʼn midibus het teen ʼn vragmotor gebots wat in die teenoorgestelde rigting op pad was. Hierna het ʼn passasiersmotor teen ʼn tweede vragmotor gebots. Die 14 mense wat op slag dood is, was almal insittendes van die 22-sitplek-bussie, onder wie die bestuurder. Een van die beseerdes het Saterdagoggend in die hospitaal gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henk ·

Hoekom sal die owerhede altyd eers as mense hulle lewens verloor toetree en stemme gaan koop? Waar is die verkeersowerhede? Waarom tree hulle nie op teen veral trokke taxis en busse nie? En ek praat nou nie van die skelm geldmaak prosedures deur tmt in mpumalanga nie. Ek praat van werklike wetstoepassing deur verkeersowerhede op ons paaie

zoom zoom ·

Wie dra die begrafnis kostes tov die oorlede persone.????

Basjan ·

Jy wat zoom zooom is, dra die begrafniskostes deur middel van die belasting wat jy betaal.

Hans ·

Ek dink die “massabegrafnisse” en gedenkdienste “ontneem die familie die geleentheid om op ‘n intieme en persoonlike wyse van hul geliefdes afskeid te neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.