Massaklag teen rassisme by MRK ingedien

Menseregtekommissie

Die vakbond Solidariteit het vandag sy massaklag wat vra vir die uitwissing van dubbelstandaarde wanneer dit kom by rassisme in Suid-Afrika, by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Die klag, wat deel vorm van Solidariteit se groter #StopRassisme-veldtog, fokus op die MRK se eensydige hantering van rassisme in Suid-Afrika, veral wanneer dit kom by mense in gesagsposisies, en het ten doel om weer balans oor ras in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is daar tydens die besoek aan die MRK gevra vir ʼn dieper ondersoek oor hierdie tendens. “Die verskynsel van selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika moet deeglik ondersoek en ontleed word,” het Mulder gesê.

Volgens Mulder het ʼn neiging in Suid-Afrika na vore getree waarvolgens rassistiese wit liggewigte swaar gestraf word wanneer hulle rassistiese aanmerkings maak, terwyl swart swaargewigte lig daarvan afkom wanneer hulle hulself aan rassisme skuldig maak.

Solidariteit het ook by die geleentheid ʼn formele klag teen die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, ingedien wat Sondag sy magsposisie misbruik het om geweld op grond van ras in Coligny aan te hits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oorlog teen blankes ·

Die MRK het geen kredietwaardigheid nie. Die MRK is ‘n anti-blanke bedrogspul. Hulle sal wel die een of ander rede soek om Solidariteit se saak uit te gooi. Daar is ‘n onverklaarde oorlog teen blankes in die wêreld en die MRK doen hul bes om blanke belange te ondermyn. Die MRK is die ware rassiste. Die woord “rassis” is ‘n skelwoord teen blankes net soos die k-woord vir die MRK ‘n skelwoord is.

Scalla ·

Supra is mos verhewe bo die wet, kan opsteek en se wat hy wil en klaar die howe over rule, of so het hy gedink, maak n voorbeeld van die nar.

al ·

Daar moet gekyk word dat die Premier op ander maniere ook tot verantwoording te roep. Die dood van die seun is gekaap vir politieke doeleindes en as Premier het hy oortree deur witmense te beskuldig voordat hul behoorlik verhoor is. Wat die situasie laat ontplof het.
Dankie Solidariteit – jul sal jul rondtes doen by die MRK en Parlement en dan verder gaan. Ek glo jul het genoeg en deeglike navorsing gedoen.

Arend ·

Ondersoek asseblief die moontlikheid dat coligny seun se pa en hardwerkend op plaas ma nie regtig sy ouers is nie, en dat die plakkate op stellenbosch universiteit deur die ANC geplaas is om ons sleg te laat lyk.

AL ·

Daardie plakkate het net té toevallig opgeduik. Daar is ñ slang in die gras. Die ANC hou van vals plakkate met munisipale verkiesing – kan nou weer die geval wees

Johan ·

Mooi so….as die MRK sloer of nie wil saam werk nie kry vir Gerrie Nel in…..

Renier ·

Mense verwar ras meewarigheid met rassisme wat diskriminasie en vooroordeel teenoor iemand gebaseer op ras is. Dit is waarom hulle glo dat rassisme slegs ‘n blanke verskynsel is, want selfs hulle weier om te glo ‘n anderskleurige kan meerderwaardige gevoelens jeens die blanke ras ten toon stel.

Hans ·

Die VN? Hahahaha
Dink julle hulle gee om? Hahaha
Daai spul globaliste kan nie wag om SA op te raap na die verwoesting waaraan hulle nou al so lank werk verby is nie. Ons is op ons eie.

popeye ·

Ons weet mos “hulle” is die antitese van regverdig, objektief, rasioneel en bla bla bla. Oorwegend ongeloofwaardig as wêreld bewoners sou glo om te dink.

Gert ·

Julle kan nie eers vir joeliaaaas stil maak nie. Daar is een ding wat n man nie teen die wind moet doen nie…. Julle doen dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.