Massas ruk op teen e-tol, brandstofpryse

Protesgangers op ‘n brug oor die N1 in Pretoria (2 November 2018). Foto: Maroela Media

ʼn Skare mense neem vanoggend deel aan ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria in protes teen verskeie kwessies, waaronder e-tol en die verhoging in BTW.

Dié optog, wat “The People’s March” genoem word, is deur die ANC in Gauteng, tesame met Cosatu, die SAKP en Sanco gereël. Burgerlike organisasies en ander lede van die publiek neem ook aan die optog deel. Reeds vroegoggend het betogers op die brûe oor die N1 gestaan waar hulle landsvlae gewaai en baniere vertoon het. Op een banier was die woorde geskryf: “We will never pay e-tolls!!!” [sic]

Volgens die organiseerders van die optog het dié protesaksie ten doel om volhoubare oplossings te vind vir die swak toestand van openbare vervoer in die land, die voortdurende styging in brandstofpryse, die verhoging in BTW, die koste van data en e-tol – alles kwessies wat ʼn uitwerking het op die daaglikse bestaan van talle mense, veral armes.

Mense betoog teen onder meer e-tol in Pretoria. Foto: Twitter (@ANCJHB)

Optoggangers het reeds van vroeg by Burgerspark in die Pretoria-middestad bymekaargekom en die optog het om 10:30 begin. Die optog sal na verwagting om 12:00 by die Uniegebou in Madibastraat aankom.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het vroeër gesê die ANC se besluit om na die Uniegebou op te ruk teen die e-tolstelsel wat die ANC-regering self ingestel het, is tekenend “van ’n party wat verval het in ’n ernstige toestand van skisofrenie en ’n ongesonde onderskatting van die intelligensie van kiesers”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ben ·

Ja, Ek stem, raak ontslae van die e Toll stelsel. Dit is maligheid om n tolstelsel binne in ‘n stad te sit. 100% daar teen.

Hoe nou....... ·

Watter Taxi betaal e-toll? Watter taxi betaal pomp pryse soos ge-adverteer?

Daan Erasmus ·

Die is net mags vertoon. Die ANC werf stemme. Die ANC ruk op teen die ANC. Dit is ‘n grap. Ek het ‘n E tol skyfie. Die paaie is verbeter, iemand moet vir dit betaal. Met ‘n brandstof heffing moet mense in Upington Naboomspruit en Wellington betaal vir Gauteng se paaie. En Gert se grassnyer.
Betaal vir wat jy kry.

Michelle l ·

Maar ons doen, reeds, deur belastingheffing. Jy betaal 2 keer vir dieselfde ding.

G Grobler ·

Ja, did reg , hulle moet ook help betaal want Gauteng dra meer by tot die staatskas wat hulle bevoordeel en ons betaal vir die onderhoud op sy pad wat nie getoll word nie

G Grobler ·

Ja, dis reg , hulle moet ook help betaal want Gauteng dra meer by tot die staatskas wat hulle bevoordeel en ons betaal vir die onderhoud op sy pad wat nie getoll word nie

Johan ·

Daan, jy is heeltemal reg oor die feit dat mense in Upington ens deur ‘n brandstofheffing betaal vir paaie in Gauteng. Maar wees konsekwent en swaai die argument om. Deur ‘n brandstofheffing betaal Gautengers ook vir paaie in Upington. Is dit reg?
Betaal vir wat jy kry? Ja, maar waar trek ons hier die streep? As SA burger moet ek vir alle paaie in SA betaal of ek daarop ry of nie. En dit kan net deur branstofheffing gebeur.
Jou argument dat mens betaal vir wat jy kry (of seker gebruik) kan water dra as ALLE paaie tolpaaie raak – wat nooit gaan gebeur nie.

Judge Dredd ·

Johan – Gauteng is die besigheids kapitaal van SA, met al daai voertuie beteken ‘n brandstofheffing dat Gautengers waarskynlik die mense van Upington se paaie sal subsidieer. So laat vaar maar die E-Tollie dubbel Tax.

zoom zoom ·

Die grap van die optog is dat 96% van die persons nie eens die etoll paaie ry nie want julle het nie voertuie nie. En ook is openbare vervoer wat die etoll gebruik soos taxis vrygestel is van etoll mits hulle gerigistreer is. Die ander is tent a crowd wat met busse aangery is.

Magda ·

v/erstaan julle nie – kla maar as daar iets gedoen word kla julle nog steeds, Hoekom deel jy nie in die optog nie, betaal jy e-toll , of kla jy oor die brandstof heffing en hoe pryse – dankie vir die mense wat wel deelneem -ek kan ongelukkig nie, maar sou as ek kon.

Arie ·

Die punt is van hulle kiesers se oë gaan oop! Hoe dom moet jy wees om langer die anc te ondersteun????

Jordaan ·

Ek stem saam met Anton Alberts oor die ANC se skisofrenie, maar ek dink nie hy is reg dat hulle hulle kiesers se intelligensie onderskat nie! Dit is reeds oor en oor bewys dat die (ANC) kiesers nie juis logika of denke oor hulle stemkeuse demonstreer nie.

Koos de Meyer. ·

Meneer wat praat van die brandstof heffing. Jy slaan die bal ver mis. Dit gaan nie na die paaie toe nie. Tol geld gaan 93persent buiteland toe en 7 persent na sanral. Waar gaan ons lisensie geld heen wat ons ten duurste moet betaal. Mense moet wakker word, dis lekker om te skree as jy geld het. Almal is nie ryk nie en tol is ‘n onding.

chrisjan ·

Koos de Meyer,jy slaan die bal op die kop!WAAR gaan die jaarlikse voertuig lisensie gelde heen???En die brandstof heffing bring meer as genoeg (ongeveer R100 miljoen PER DAG) in om paaie instand mee te hou EN op te gradeer waar nodig.Dan die paaie wat e-tol op gehef word WAS REEDS DAAR en reeds klaar betaal .Hulle is net opgegradeer soveer my kennis strek.Ek bly nie in Gauteng nie so mag verkeerd wees.Ja e-tol is ‘n onding!Skrap hom.

Herman ·

Dis lekker hier in reenboogland, net jammer hier gaan talle slagoffers wees, of jy deelgeneem het aan protesoptogte of nie, Onthou julle nog De Klerk se woorde, ek haal aan: ‘Skenk ons u vertoue, ons sal u nie teleurstel nie’ Ha, ha ha

jaco ·

ANC betoog teen goed wat die ANC-regering ingestel het. Regtig, iets maak nie sin nie. Dam behoort afskaffing van e-tol en verlaging van die petrolprys mos maklik te wees.
Wat ek ook nie verstaan nie is dat ANC-beheerde munisipaliteite reusagtige bedrae aan die ANC-beheerde Eskom skuld. En dan sny Eskom party munisipaliteite se krag af. So eintlik skuld die ANC geld vir die ANC en eintlik sny die ANC die ANC se krag af.
Iets maak regtig nie sin nie. As dié goed alles binne die ANC-familie gebeur, kan dit mos baie maklik intern gestop of afgeskaf of afgeskryf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.