Massiewe kragonderbreking tref Pretoria

Argieffoto

Talle inwoners van Pretoria is Dinsdagoggend sonder elektrisiteit gelaat tydens ʼn massiewe kragonderbreking wat soveel as 12 gebiede affekteer.

Lindela Mashigo, direkteur van mediaverhoudinge vir Stad Tshwane, het aan Maroela Media bevestig dat die munisipaliteit bewus is van die probleem. “Dit is ʼn massiewe kragonderbreking. Ons vermoed tot tien tot 12 gebiede word geraak,” het hy gesê.

Gebiede wat geraak word sluit onder meer in Villieria, Mamelodi, Irene, Rooiwal, Montana, Koedoespoort, Garsfontein, Lynnwood en Lyttelton.

Volgens Mashigo is die kragonderbreking veroorsaak deur ʼn klinkskakelaar by die Njala-substasie. Hy sê tegnici is reeds ontplooi om die oorsaak van die probleem vas te stel en so gou as moontlik kragtoevoer te herstel.

Mashigo sê totdat die oorsaak van die onderbreking vasgestel is, is dit moeilik om ʼn beraming te gee van wanneer die kragtoevoer herstel sal wees. Hy het egter onderneem dat die Stad inwoners op die hoogte sal hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Klink ·

Derde keer in omtrent ‘n week dat ‘n 132KV ‘trip’. (Twee keer by Rietvlei en nou die een)

Santjie ·

Klink soos die ‘nat kole’ storie van so paar jaar gelede.

Elektrise Beveiliging Ingenieur ·

Snaaks hoe Substasies op in vlamme gaan. Slegs drie redes gewoonlik geen instandhouding, sabotasie of diefstal want n substasie het altyd groot stelsels om die substasie te monitor en te beveilig asook om inligting na n sentrale beheer sentrum te stuur.

Fred ·

Die stadsraad doen geen voorkomende onderhoud nie. Hulle gee net aanag aan netwerk wanneer daar “foute” is. Daar is ook beperkte oortyd aan tegnisie. As die oortyd perk oorskry word vind min of geen werk na ure plaas nie. Ons as gebruikers betaal die prys vir hulle swak bestuur en dan word pryse net elke jaar verhoog. Alles kom maar neer op onbevoedheid

marous ·

Binnekort verkoop hulle vuur vliegies in ‘n “Consu” bottel , want selfs kerse gaan daar nie wees nie

Sê maar net ·

Ek sal van dit koop, kan nie onthou wanneer laas het ek vuurvliegies gesien nie.

C VL ·

Dis BAIE groter as wat hulle sê. Menlo Park Hatfield Silver Lakes en hele omgewing omgewing… ons wyke se raadslede het hope voorstede genoem. Een het gesê daar was ‘n ontploffing by ‘n substasie, die ander een dat ‘n substasie “getrip” het.

Natasha ·

Lyk meer of mense net kom terugvoering los as hulle klaar die afrikaans vraestel gemerk het.

MCS ·

Algemene probleem in Witbank, weekliks is ons sonder elektrisiteit en om dan nie eers te praat van die water skaarste as ons ‘n kraan oopdraai nie. Riool vloei die strate af en oral is daar waterpype wat bars in die strate. Infrastruktuur val al vir jare uitmekaar en afskeep herstelwerk is aan die orde van die dag.

Cheryl ·

Stem MCS – Bly ook in Witbank, dis chaoties en om nie eers van al die potholes te praat nie

juba ·

Ek ook in Witbank. Krag alewig af. Rou riool in strate al vir weke. Net voor die verkiesing was daar pogings om dit reg te maak, net gespoeg en geplak, nou is dit erger.

Gert van Wierdapark ·

DA kom die Alibama, die Vier-Perde-Wa om dit vir die DA deur die drif te trek. Nou soek ons nog net n Ruiter vir die Wa!

jennefer ·

Jul wil nie Modimolle/Nylstroom sien nie, daar is n bevolkingsontploffing maar nie water nie. Vullis word sommer onwettig gestort want die stortingsterrein is oorvol, dit brand ook al die laaste 4 weke. Die riool loop in die Nylrivier.

emily ·

Die mense weet nie van jy moet alles onderhou om dit in goeie werkende toestand te hou.
Tipies, Damn swak man hulle.

Joe ·

As n breuker trip dan beteken dit hy het sy werk gedoen, dat hy die transformator beskerm het tydens n fout. Nou moet hulle daai fout kry en reg maak.

thelsa ·

Daar is ‘n video op sosiale media wat wys dat daar eers ‘n brand is en ‘n paar sekondes daarna ‘n ontploffing wat om 06:50 plaasgevind het. Die slag kon etlike km vêr gehoor word. My vermoede is dat dit verband hou met swak/geen instandhouding nie.

Gert van Wierdapark ·

“Klink” vir my asof beurtkrag/geen krag in Tshwane meer dikwels gaan gebeur! Die amptenare en raadslede (wat lekker vet salarisse trek – nie net om op Rekord se voorblaaie te pronk nie), moet hand in eie boesem steek en ‘n professionele oudit (sonder die hulp van die stadsbestuurder asb) laat doen van wat die algemene en spesifieke toestand van die elektrisiteitsnetwerk is! Dit was nag, nogal vanoggend, op verskeie roetes in en om Tshwane!!! Nota: In die stad Pretoria het sulke gereelde krag-probleme nie voor gekom nie. Tshwane Stadsraad, kry dus asb jul huis IN ORDE, vroeer as later, asb.

willem Botha ·

Dit is nou ware woorde ons beleef dit net so in die moot ook al waneer jy hulle sien is op moot rekord se voorblaaie seker maar n DA strategie

PietSonderLisensie ·

Wonder of Centurion lisensie kantoor ook in die donker is?

Lee ·

En geen metro om ons te help by kruisings waar taxis koning kraai nie :-(

Landi ·

O, liefs nie! Dis erger waar hulle betrokke is. Vra eerder vir die Outsurnace spannetjie. Hulle kan die metro-ouens en – vrouens ‘n ding of twee leer.

Attie ·

Intressant dat hierdie groot onderbrekings gewoonlik is in meer gegoede en areas is waar dit ekonomies goed gaan

Ek wonder.. ·

Dit wat in plek gesit was in die wit bedeling deur die wit man is nou al stukkend gebruik. Niks is nuut gedoen en die oud word nie eers instand gehou nie. Dis nie meer lank nie dan vou alles.

Boerin ·

Stem saam “Ek wonder” en Gert v Wierdapark…..niemand weet wat aangaan en hoe om dit te bestuur nie! DA of wie ookal…als dieselde storie! Betreurenswaardig….

Henry ·

O ek sien nou eers wie die berig geskryf het.
Nou verstaan ek ook waarom my een sin poging nie daglig sal sien nie.
:-)

Wielspore ·

Selfs die wat nie geraak is kla, die wat wel geraak is het toegang tot rekenaars met krag, waaroor word daar nou eintlik gekla. Gelukkig word ons baie min geraak deur sulke probleme, indien ons in ‘n omgewing sou gebly het met onderbreekings, sou ek al lank al ‘n plan gemaak het met water en krag om op my eie te kan oor die weg kom. Jo Jo tenk op ‘n staander wat vars water inkry en dan die huis voorsien, generator vir LED beligting en ander kritieke toerusting, gas stoof om kos mee te maak…

koos ·

Wielspore,ek betaal my krag nou moet ek my brood en melkgeld gebruik vir brandstof vir my generasie net sodat my kos in die yskas nie afgaan nie ,maar dit was die laaste ek gaan my blou DA hempie aan die brand steek en my stem kry hulle nie weer nie.

ryan ·

So dit is nuuswaardig? Hier is vir julle dan iets nuuswaardig : Ons liewe munisipaliteit ( cradock en middelburg oos kaap area) het onderhandel met Eskom om nagenoeg R90miljoen se skuld solank met R10miljioen te vereffen. Toe versuim hulle en is ons in die duister vanoggend. Ons betaal, maar dit raak weg en word nie oorbetaal aan eskom nie!

Karlahari ·

Ladybrand skuld Eksdom ook n paar miljoen en baie. Die maand gebruik hulle die regerings geld wat moet help met Eishkom skuld om pensioene medies ensovoorts re vetaal wat 4 maande afgetrek maar nie oorbetaal is nie….

GM ·

Wielspore, die mense wat toegang het tot rekenaars/fone, kan huidiglik by hul werk ook wees wat moontlik in ‘n ander area is, of hul toestelle was vol gelaai gewees voor die ‘ongeluk’ plaasgevind het.
Ek stem, ons almal moet van alternatiewe begin gebruik maak, maar ongelukkig kos als geld. Daar word baie geld betaal aan dienslewering, wat ons nie kry nie, en dan moet ons geld uitlê vir sonkragpanele, stowe, ens. NET omdat die kaders onbevoeg is. Dit terwyl ander als verniet kry. Bo op dit kry hoeveel nog ‘sakgeld’ ook wat uit die belastingbetaler se sak kom.

@Kerse ·

@Wielspore: ek stem dat mens self plan moet maak sover moontlik. Dit is wat my aanbetref egter nie in totaliteit die punt. Eerstens is algehele verval soos erosie wat gaan versnel en die oorhoofse ekonomie/beleggings ens beinvloed, eers in kleiner gebiede en dan uitkring na groter gebiede. Hoekom moet ons tevrede wees daarmee?

Tweedens betaal ek maandeliks vir dienste wat nie betroubaar is nie.
My rekenaar se battery gaan ongelukkig ook net so lank hou en nie langer. Ek kan ook nie bekostig om elektriese toebehore te vervang nie (baie skade gekry met onlangse loadshedding.) (Het darem reeds gasstoof:-))
Ek persoonlik ken ook ‘n besigheid wat sy deure gaan moet toemaak met al die loadshedding wat hom geknak het (weens produktiwiteit wat val maar arbeiders wat steeds betaal moet word, en die besigheid van so aard dat klein generator nie gaan werk en groter een te duur was).
Sou bitter graag sonpanele wou kry maar te duur, ditto Jojo tank. Hiervoor spaar ek bv maar kan nie dadelik gebeur. Dit is dus nie so eenvoudig.

schaun ·

Die DA geleide metro raad is wat my aanbetref net soos die ANC voor hulle ek moes geluister het voor die verkiesing en nie DA gestem het nie hopelik kan ek dit regstel by die volgende munisipale verkiesing.

Hendrik ferreira ·

Wat nogal snaaks was is dat die krag in Hatfield en Calbyn nie af was nie seker omrede die ambassades daar geleë is ,ek dink dit was loadsheding nou word dit n kragfout genoem.

Wielspore ·

Great Madeleine, stem so saam, ek glo aan oplossings binne die verbruiker se beheer. Ons kan lang stories hier skryf oor die probleme van ons land en ander die skuld daarvoor gee. Maar is jy nie water het om te drink, ‘n lig om aan te skakel is dit jou probleem. Doen dit self, maak ‘n plan…… ‘n Boer weet mos hoe.

Pierre ·

Kom ons gee darem ook krediet. Alles was teen 0930 terug ma normaal.

Piet parys ·

Ja mense kla oor dat hulle nie geld het om redelik slegs basiese self voorsienend te wees ten opsigte van elektrisiteit maat hulle suip ry rond maar spaar nie . Jy doen dit stelselmatig en ek is nog steeds besig . 1989 laas op vakansie my bakkie 11 jaar oud en die laaste 10 jaar nie een aand weg van die huis agv diefstalle en diewe het weer probeer maar 2 de gekom . Ek verstom my aan mense wat se hulle gaan nou nie meetr DA stem nie. JY MOES NOOIT NIE . NS doen jou werk self ek doen

Jopie ·

Hierdie is n mak maak tegniek. Julle moey wakker slaap. Baie wakker slaap.

VanAfrika ·

Stem Jopie, dit laat by baie wonder oor loadshedding ook, wat is die motief om regtig ons krag so af te sit??

Wonder ·

‘n Ryk Boer maak ‘n plan. Nie almal het die geld om uit te haal vir kragopwekkers, gas stowe of ” son ” geysers nie. Jy is selfsugtig en klink my ongevoelig teenoor die armes. Wat moet die mense maak wat net nie het om te gee nie. Met geld kan ons almal seker sonpanele opsit, maar sonder geld, beteken jou planne boggerol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.