Massiewe ontploffing by Denel-aanleg

Die ontploffing Sondag laataand. (Foto: Reza/Twitter)

’n Groot ontploffing is Sondag laataand by die Rheinmetall Denel-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap aangemeld.

Die ontploffing het omstreeks 23:00 plaasgevind, waarna ʼn brand uitgebreek het.

Geen beserings of sterftes is aangemeld nie.

Jan-Patrick Helmsen, uitvoerende hoof van die aanleg, het Maandag bevestig dat ’n brand gisteraand in ’n magasyn by die aanleg uitgebreek het.

“Die brand in die N86-magasyn is in bedwang gebring en geblus deur ons interne brandweer en die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste wat in ooreenstemming met al ons veiligheidsprotokolle gereageer het.”

Helmsen sê die oorsaak van die ontploffing is nie in dié stadium bekend nie en die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.

“’n Deeglike ondersoek sal gedoen word om die gebeure wat tot die ontploffing en gevolglike brand gelei het, vas te stel. Ons sal verdere inligting bekendmaak soos dit aan ons beskikbaar word.”

Rhoda-Ann Bazier, ANC-raadslid, het vanoggend aan Maroela Media gesê verskeie gemeenskapslede het gisteraand ná die voorval buite die aanleg se hekke gestaan om te hoor wat binne gebeur het.

Die nooddienste was toe reeds op die toneel, sê Bazier.

Dít volg enkele dae nadat gemeenskapslede Vrydag buite die hekke betoog het oor werkers se veiligheid nadat agt werkers tydens ’n ontploffing in 2018 by die aanleg gesterf het.

Derek Mans, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit, het by navraag gesê geen werkers was gisteraand aan diens ten tyde van die ontploffing nie.

Solidariteit is tans met sy eie ondersoek besig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

Terrorisme! Begin soek na hierdie groep wat als brand en opblaas. Van plaasbrande tot besighede en groot ondernemings ly in die slag. Hierdie land is letterlik besig om af te brand! Korrupte ANC regering en useless Cele moet begin iets doen voordat daar NIKS oor is nie.

Janice ·

In Durban is dit ‘n ontploffing by Transnet se brandstof eenheid en in Kaapstad ‘n ontploffing by Denel…hoekom ruik ek ‘n sabotasie rot?

Marius ·

Dis nou vir jou toevallig dat die ontploffing kom so kort na die betoging..

Johan ·

Vir seker sabotasie. Of deur die unie of deur politieke party se lede wat reeds hul steun vir die unie verklaar het.

annie ·

Toe ek verwys na moontlike petrol-diefstal in die Durban-brand word dit afgeskiet. So hierdie ontploffing was seker die vleispasty van ‘n gelukkige werker wat hy naby die boksies vol dummies vergeet het wat ‘n bietjie potent geraak het… No sweat…

casper ·

Dit is nou die tweede voorval en uitsluitlik toeskryfbaar aan die onkundige persone wat daar in diens geneem is — Verval na BEE soos alles !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.