Massmart-afleggings: Regering, sakesektor moet koppe bymekaar sit

massmart

Massmart Holdings bedryf ondermeer Game, Makro, Dion Wired en BuildersWarehouse in Suid-Afrika. (Foto: InceConnect.co.za)

Die departemente van handel en nywerheid asook arbeid en indiensneming moet dringend ingryp by die dreigende afleggings by Massmart.

Dít volgens die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, kleinsakeontwikkeling, toerisme, indiensneming en arbeid, wat sê enige afleggings moet opgeskort word tot daar met die betrokke staatsdepartemente vergader kan word.

“Dit is nie ideaal dat die regering by sake inmeng nie, maar die erns van die dreigende afleggings beteken koppe gaan bymekaar gesit moet word,” het komiteevoorsitter Mandla Rayi gesê.

“Die verlies aan ʼn duisend werksgeleenthede gaan katastrofies wees, nie net vir werkskepping nie, maar ook vir die gesinne wat geraak word.”

Maroela Media het vroeër berig Massmart gaan dalk tot 34 van sy winkels hier sluit, met groot gepaardgaande werksverliese.

Die groep het Maandag gesê hy is besig met ʼn konsultasieproses in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge. Massmart se moedermaatskappy is Walmart in die VSA. Winkels soos Game, Makro, Builders Warehouse, DionWired en Jumbo is deel van die portefeulje.

Sou die groep voortgaan met die sluiting van die winkels, kan tot 1 440 mense hul werk kwyt wees. Volgens Massmart sal die sluitings veral DionWired- en Masscash-winkels raak.

Rayi het gesê dit is allermins ideaal om die nuwe jaar te begin met die aflegging van werkers sonder enige alternatiewe bron van inkomste. “Sulke optrede, maak nie saak hoeveel daar gekonsulteer word nie, gaan die regering se doelwit om meer as ʼn miljoen werksgeleenthede te skep, strem.”

Volgens hom moet eerder probeer word om die geraakte werkers by ander sake-eenhede in diens te neem, of vir Massmart om sy bedrywighede na landelike gebiede uit te brei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

wat jy saai ·

Maak toe. Indien die “werkers” gewerk het, sou hulle nie verlies gely het nie. Hulle verstaan ongelukkig nie waar kom salarisse en hulle gratis klere en etes vandaan nie.

magda ·

Regering ingryp – waar in dei bietjie wat oor is – grap vd jaar. Doen julle werk en weer meer vriendelik en behulpsaam dan sal sulke goed nie gebeur nie.

Hanlie ·

die regering moet ingryp? Maar wat die die duisend + mense wat by Eskom afgedank gaan word. Verstaan nie hoe werk hulle koppe nie

John ·

… Lees eerder die tekens van die tye en die skrif aan die muur vir die ANC voor. In die buiteland is daar Vrydae gereeld afleggings. Last to come first to go. Dit is tyd dat SA besef dat besighede nie op ‘n cannabis cloud funksioneer nie en unies nie die maatskappybase is nie.

Ellie ·

John, jy slaan die spyker op die kop. Die Unies moet die skuld kry vir die gemors waarin ons land is. Hulle is mos die hoof opswepers as dit kom by stakings. Te dom om aan die gevolge ook te dink.

Me ·

Staan in gange gesels en op cell fone en help jou nie van hulle is maar traag

Dries ·

Laat die ANC en dieUNIES vir hulle werk gee hulle dink mos hulle kan maak soos hulle wil wie wil besigheid doen in n land soos die met al sy wette en unies wat jou wil kom se hoe om jou besigheid te doen maak toe die plekke en kry klaar jy gaan die slim ANC niks vertel nie hulle weet als

Jakes ·

Die regering moet eeder na hulself kyk. Winkels kan slegs bestaan as hulle wins maak, wat beteken jy moet jou voorraad verkoop om wins te maak. Met die slegte ekonomie in Suid Afrika het mense nie meer geld vir nuwe wasmasjiene, tuimeldroeers, TV’s en al die luukshede wat Dionwired verkoop. Ek myself het al klomp goed by hulle aangekoop en dit sal jammer wees as hulle toemaak. So die blaam moet op regering geplaas word. In n groeiende ekonomie het mense geld om goedere aan te koop en so word die ekonomie net sterker. Die regering implementeer nuwe wetgewing wat dit net nog erger gaan maak vir die verbruikers in SA. Regering moet wakker skrik, niemand kan bestaan maak as jou uitgawes meer is as jou inkomste. Net die staat spandeer meer as wat die staats inkomste is en dus leef ons land op skuld wat groter druk plaas op ons ekonomie.

Spook op thaba ·

Ek koop glad nie by Pep in ons mall nie agv een uiters ongeskikte en arrogante “blonde” werker.

Wielspore ·

Die regering is nie die probleem, dit is die werkers wat die probleem is, lae produktiwiteit, swak kliente diens, swak houding teenoor kliente, nie hulpvaardig, it is not my job, speel op selfone gedurende werktyd, sosiale geselsies met ander werkers gedurende werktyd. Ek nooi enige persoon om na die volgende winkels (instansies) toe te gaan in Nelspruit om te sien watse swak diens word gelewer, Game, Dion wired, Makro, HiFi Corp, Pep, Lisensie kantore, Builders warehouse. Gaan daarna na enige SPAR toe, dan sal jy sien wat diens is, hierdie mense is puik.

Petrus ·

Verkeerd, die regering is die kop van die SA vis, en daar is dit reeds verrot. Dit syfer nou deur na die res van die ekonomie.

JoeV ·

Is dan juis die regering se beleide wat dit veroorsaak.
Dit wil lyk of die hele wêreld vergeet dat regerings word gekies by die stembus, hulle het geen kwalifikasies nodig anders as om iemand in hoë posisie te ken nie, geen vaardighede is nodig nie. Dit gaan so in enige sosialisties kommunistiese land. Ons het nog ver om te gaan voor ons by Kuba en sulke lande se ontwikkeling uitkom. Hou net moed!

JV ·

Stem saam met Wielspore, hier in Pretoria dieselfde. Vra die kassier by Makro of ek n sak wil. Ek sê asb. Plak sy hom daar neer. Op die ou einde gaan sy aan om die volgende persoon te help. Ek moes toe self pak. En is hulle erg ongeskik. Die klient voor my by dieselfde kassier was swart maar haar sak was gepak deur die kassier. Voel nie eers lus om Makro toe te gaan nie. So gaan dit by meeste instansies.

Pieter ·

Die probleem is, mense het NIE meer geld om nuwe goedere te koop nie. medies is amper onbekostigbaar duur, brandstof. Eskom soek meer geld , belasting, en so kan die lysie aangaan. Maatskappye gee nie meer salaris verhogings terwyl top bestuur in miljoene vergoed work, Dis hoog tyd dat top bestuur se ” oor die top salarisse” gesny word. Eskom en regering ingesluit.

aanlyn se skuld ·

VSA sit met dieselfde probleem want Amazon.com veroorsaak dat die maatskappy toe maak en dieselfde gebeur nou hier met Takealot want jy kan nou aanlyn koop mense gaan nie meer na winkels.

Walter ·

Al daai winkels het goed gedoen in ‘n florerende ekonomie. SA is nou ‘n derde wêreld ekonomie. Die some is besig om los te kom en die kleinhandel sal dit voel.

ChrisE ·

Tipies van die massas in die land. Dit is uit en uit apartheid se skuld. Die wittes het hulle nie reg gehelp nie. Die wittes het net gehelp. Die wittes is meer in staat om te help nie. Wonder net wat se plan die regime en vakbonde mee voorendag gaan kom. Die woorde van Trump begin al hoe meer in my ore weergalm van ‘n “sh..th..e country” As jy van Europa afkomstig is en in Afrika ‘n klein fortuintjie wil maak, kom Afrika toe met ‘n groot fortuin.

Celia Tjaden ·

Amen Johan.
Verder. Regering tax besighede en publiek grond toe wat oor is verwoes BEE en Eskom.
Mense het nie meer geld ons kan skaars noodsaaklikhede dek soos kos, krag, water, petrol, opvoeding! Blankes sit en krepeer in wit plakkerskampe.

Wie word afgele?
Jammer om dit te se!
Maar der duisende blankes is al uit hul werk geskop NIEMAND het n oog geknip nie.
Ons is klaar onder. Sink skip en key klaar! Gaan voort Massmart en vat jou winkles BEE. Dis DIT wat SA finaal sink.

I’m not staying ·

Maak hom toe!!!! Daar gaan nòg BAIE ander ook toe maak in díe maande wat kom. Die afgrond is in sig, maar díe vet katte skink net nog n Johnnie walker blue…

dennis jones ·

dit is juis die ding , van die werkers dink hulle werk vir die regering en hulle doen jou n guns om jou te help

Henk ·

Toe massmart oorgevat het is suid afrikaners werk belowe en òok dat pryse gaan daal. Ek het nog nie een van die twee sien gebeur nie. Inteendeel pryse styg daagliks!!

Johan ·

Wil die Regering nie-winsgewende ondernemings dwing om mense, ten spyte van swak ekonomiese prestasie, in diens te hou? Dit sal die hele maatskappy ten gronde laat gaan en nóg meer mense sal hulle werk verloor. Party mense verstaan nie hoe werk ‘n funksionele en gesonde ekonomie nie….

Diy ·

Meeste van die werkers by bogenoemde winkels is so pateties dat dit nie ñ verskil sal maak as hulle die deure oophou sonder enige staf nie.

Rubber ·

Dis juis die regering wat die gemors veroorsaak. Ons kan Eskom ook bedank.

Eben ·

Die skuld moet op die ANC en Zuma geoak raak Hulle het die ekonomie vernietig Telkom gaan ook 3000 werkers aflê.

Hannes ·

Ń vriend vam my het 100km regy om ń air conditioner te koop by een vam die genoemde winkels , hy is 76jaar oud en moes met ń leer van 6m self klim om die produk van die stoor rak af te haal dit terwyl verskeie werkers vir hom gesit ek kyk het

Hendrik ·

Ek voel maar bra ongemaklik in die Wallmartgroep winkels. Ek ondersteun hulle maar min agv van die arogante houding van die werkers. Hulle gesels so hard dat die klante hulself nie kan hoor nie.

Martin ·

As jou besigheid nie winsgewind is nie dan maak jy die betrokke winkels of takke toe of sluit jou bedigheid en gaan maak geld op n ander plek. Die regering is nie by magte om buitelandse maatskappye hier te forseer om aan te hou handel as hulle verliese het. Dis die pad wat elke bedigheid loop as hy nie geld maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.