ʼn Mate van kalmte het teruggekeer na Ventersdorp ná gewelddadige betogings al heelweek in dié Noordwes-dorpie woed.
Intussen het 11 verdagtes, tussen 18 en 33 jaar oud, ook vandag vlugtig in die Ventersdorp-landdroshof op aanklag van openbare geweld verskyn.
Elke verdagte is op R500 borgtog vrygelaat en moet op 12 November weer in die hof verskyn.
Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê die R30 en N14 by Ventersdorp is vanmiddag weer oopgestel vir verkeer.
“Die polisie is egter steeds ontplooi en sal die hele naweek aan diens wees. Ons weet nie wat gaan gebeur sodra dit nou weer donker word vanaand nie,” het Tselanyane gesê.
Hy het motoriste gevra om versigtig te wees as hulle dié paaie gebruik.
Geen skool was oop sedert die chaos Maandag losgebars het in Tshing-nedersetting en Ventersdorp nie, byna geen winkel is oop in die dorp nie en twee vragmotors is ook op die N14 uitgebrand.
Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die gewelddadige betogings, kwaadwillige saakbeskadiging en onderbreking van skoolaktiwiteite terwyl kinders vir die eindeksamen moet voorberei, veroordeel.
Maroela Media het vroeër berig Sello Dassie, leier van die gemeenskap, het gesê die betoging sal voortduur totdat die regering sy destydse belofte in 2006 omtrent die N14-ontwikkelingsprojek gestand doen.
Die N14-projek sluit onder meer ʼn winkelsentrum, meenthuise, toerisme- en landboutrekpleisters in. “Ons sal nie rus totdat die N14-projek op die been gebring is nie,” het hy gesê.
Dié projek sou glo talle werksgeleenthede vir die plaaslike inwoners verskaf.
En daarom is ek uit klein plekkie na stad en sal nooit terug kyk nie. Daardie dorp se ekonomie is so klein soos my buurt se ekonomie en nogsteeds is die fragile plekkie op lockdown. Lol common sense is a gift from above!
Om iets te veroordeel beteken niks. Dit is net vet op die vuur te gooi.
Daadwerlike op trede is nodig!!!
Om bomplanters te veroordeel beteken zero!!! Dit maak mense dood.
Ek het al baie veroodelings gehoor maar wat daarvan !!!
Handeling gaan net voort!!!
Dis maklik, wel- veronderstel om te wees….. Alles wat wanorde en beskadiging veroorsaak, hoort in n tronk. Kyk mooi hoe die individue wat vrygelaat is, net weer sal deelneem aan barbaarse gedrag wat inwoners en werkers intimideer en in vrees dompel. Wonder wat gebeur as so ou weer gearresteer word? Sal help as hulle net n grief skrif oorhandig en ons dorpies probeer heel hou van wat ook al oor is en nog staande is. Maar kommunikasie vermoeë laat veel te wense.
It is a general fact that, no matter how many times people are arrested for public violence, That there are very few convictions.
This due to verious reasons.
Then whether, there was a trial or Not or a conviction or Not….
The civil claims against the police for Wrongful Arrest and Detention and or Prosecution will be instituted!!!
Proof me Wrong
Proof me Right
That is a reality within South Africa.
Kom tog by ANC almal ja die hele land veroordeel hierdie optrede ten sterkste. Julle valse beloftes haal julle in. Practice what you preach!
Tipies Afrika-manier van dinge probeer oplos. Brand en breek alles af, en dan moet die regering weer bou vir almal. As die bouery nie vining genoeg vir nie, breek hulle weer af.
Kom net weg daar want daar is geen ekonomie of orde nie en alles verwal na n groot gemors !
Ek wonder wie daardie borg betaal het want dit was definitief nie hulle nie..
Julle sal verbaas wees! mense!!