Mathe het ‘doodstraf verdien’

Annanias Mathe Foto: SA Breaking News

Annanias Mathe Foto: SA Breaking News

Die familie van Annanias Mathe, die reeksverkragter en gewapende rower wat geskiedenis gemaak het toe hy die enigste persoon geword het wat uit Pretoria se C-Max-tronk kon ontsnap, is in kennis gestel van sy afsterwe en sy liggaam sal aan hulle oorhandig word nadat ʼn nadoodse ondersoek afgehandel is.

Mnikelwa Nxele, KwaZulu-Natalse kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, het Mathe se dood bevestig en gesê beamptes was in kontak met die familie en Mosambiek se konsulaat in Durban.

Maroela Media het vroeër berig Mathe het Dinsdagmiddag in ʼn hospitaal in Durban gesterf.

Nxele het gesê Mathe het in Desember oor maagpyn begin kla. Daar was pogings om hom by die tronk se eie fasiliteit te behandel, maar toe Mathe se toestand nie verbeter het nie, is hy na die Usher-gedenkhospitaal in Kokstad geneem. Hy is van daar na Edendale-hospitaal in Pietermaritzburg verwys, waar hy ʼn operasie ondergaan het. Hy is op 23 Desember na King Edward VII-hospitaal in Durban oorgeplaas, waar hy die volgende dag nog ʼn operasie ondergaan het. Hy is drie dae later oorlede.

“Iets was verkeerd met sy maag. Hy het vomeer. Ons wag nog vir die uitslag van die nadoodse ondersoek,” het Nxele bygevoeg.

Erickson Zungu, woordvoerder van die Nasionale Vryheidsparty, het gesê Mathe se saak beklemtoon die behoefte dat die party se versoek, vir ʼn referendum oor die doodstraf, oorweeg moet word. Hy het gesê Mathe en ander persone, wat sulke ernstige misdade pleeg, tereggestel moet word. “Dit is onbetwisbaar dat die staat ʼn groot hoeveelheid staatshulpbronne en tyd kon spaar indien die regering die doodstraf opgelê het in Mathe se geval en soortgelyke sake. Belastingbetalers het daagliks geld op Mathe spandeer wat beter aangewend kon word.”

Suid-Afrika het in 1995 die doodstraf afgeskaf.

James Selfe, woordvoerder vir die Demokratiese Alliansie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê Mathe se ontsnappingspogings wys daarop dat gevangenes met genoeg geld hulself uit enige situasie kan omkoop. Hy het egter die bewaarders van Ebongweni C-Max-tronk geloof waar Mathe se ontsnappingspogings onsuksesvol was.

Mathe, oorspronklik van Mosambiek, is skuldig bevind op 64 aanklagte, waaronder verkragting, poging tot verkragting, poging tot moord, roof en diefstal. Hy het in 2006 sy lyf vol petroleumjellie gesmeer en uit sy selvenster gegly. Hy is ʼn maand later aangekeer. Ses tronkbewaarders is in verband met die ontsnapping afgedank.

Hy het ook voor dié ontsnapping as verhoorafwagtende probeer ontsnap. Hy het ook minstens twee keer uit Ebongweni C-Max-tronk naby Kokstad probeer ontsnap, waarvan die jongste poging September vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

pieterdp ·

Botswana geld die dood staf en gaan kyk hoe min moorde is in daai land.
Dis die dood straf is n goeie afskrik middel.
In SA is dit n mode van die Swart ANC om te sien hoe hul die blankis kan uit moor tot voordeel van die ANC.

al ·

stem saam met jou. In SA het die kriminele beter menseregte as jou deursnee wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal. Majority rules, daar moet n petisie ingestel word waarin alle SA lede druk op Regering plaas vd doodstraf.

Paul ·

Die skurk het nie mediese fonds nie maar word in die beste hospitale behandel terwyl sy maatjies met die staat se blinde oog mense vermoor en vermink en die slagoffers kry geen mediese hulp nie. Wat ‘n fees sal dit wees as al die skurke vir hul eie mediese sorg moet betaal terwyl hul slagoffers se mediese koste deur die staat betaal word by die beste fasiliteite beskikbaar.

Johann ·

Hy het met sy dade wat hy gepleeg het, homself die reg om te leef ontneem. Geen regter sou met ‘n doodvonnis uitspraak ‘n fout begaan het, of kon begaan het nie.

Annie ·

Ek sal more in Botswana gaan bly. Hulle weet hoe om n land te regeer … ANC kan by hulle gaan leer

Pieter ·

Die probleem is dat lewens goedkoop geraak het in ons huidige geweldskultuur. Die strawwe waaroor die howe beskik, skrik nie af nie. Dan is daar ook die haatpropaganda wat kollektief mense beskuldig van onreg en ongelykheid. Die moorddaad begin in die denke, word gesindhede en haat en lei tot moord.

Reinette ·

My wens is dat die doodstraf teruggebring moet word, en sommer terugwerkend geimplementeer word. En dat ons n prez sal he van wie ons met respek sal praat.

Henk ·

Ek is ook pro-doodstraf, maar navorsing wys dat in die VSA altans nie juis ‘n afskrikmiddel is nie. Daar is lewenslange tronkstraf ook goedkoper as doodstraf agv. die regsonkostes met al die vertoe

Lance ·

So baie van die mense …dalk maar doodstraf weer oorweeg …dit werk in Botswana !

Johann ·

Ek sien nou die dag daar word weer ondersoek daarna ingestel.

pieterpan ·

Hoekom maak hulle so ophef van die man hy is ‘n flippen misdadiger hy moes lankal doodstraf gekry het

Tou ·

Wil u werklik die doodstraf hê in ‘n land met ‘n skelm regering wat téén minderhede regeer. Ek wil nie.

JvS ·

Die doodstraf word daagliks op blanke boere toegepas!!! Sonder die reg op vertoë. Ons leef in oorlog.

C J ·

Ons land is wetloos, hulle moet soos in die ou dae in Frankryk sommer n moordenaar in die openbaar ophang

Frederik ·

Het Frans Vontsteen nie al jare terug uit C-Max ontsnap nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.