Die veroordeelde reeksverkragter en -ontsnapper Annanias Mathe het uit die Ebongweni C-Max-gevangenis naby Kokstad, KwaZulu-Natal probeer ontsnap, berig die Sunday Tribune.
Volgens die berig het Mathe ʼn hamer en ʼn beitel gebruik om ʼn gat in sy tronksel se muur te maak. Hy het glo die afgelope vier maande elke aand daaraan gewerk en die gat met tandepasta en klere toegestop. Die gat was glo reeds 30cm breed toe dit Dinsdag ontdek is nadat daar ʼn geraas in Mathe se sel gehoor is. Volgens die berig huisves die Ebongweni C-Max-gevangenis sowat 1 440 gevangenes en het dit sowat R450 miljoen gekos om te bou. James Smalberger, adjunk-hoofkommissaris van die departement van korrektiewe dienste, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Mathe is in 2009 tot 54 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, poging tot moord, bedrog en gewapende roof. Hy het in 2005 uit die Johannesburg Sentraal-gevangenis ontsnap en in 2006 uit die C-Max-gevangenis in Pretoria.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Ja en hoe kry hy n hamer en beitel in die tronk. Dis alweer skelm bewaarders.
Wil jy vir my se niemand kon die tandepasta ruik nie? Die bewaardes het moontlik die gereedskap voorsien of dis dalk deur n besoeker voorsien. Laat mens wonder ne?
Wonder of hy ooit tande geborsel het?