Mathews Phosa aanvaar ANC-nominasie

Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC, het Sondag in Khayelitsha die nominasie om as president van die ANC te staan, aanvaar.

EWN berig sewe van die ANC-takke in Kaapstad het hom glo ondersteun en genomineer.

Phosa het in sy toespraak gesê: “Ons het die jeug van Suid-Afrika verloën. Ons moet die ANC bou, maar kan dit nie met ou bakstene doen nie. Die armes kan nie vir onderrig betaal nie, daarom moet die regering dit doen. Finish en klaar.”

Nkosazana-Dlamini Zuma en Cyril Ramaphosa is ook mededingers vir die top-posisie.

Zizi Kodwa, nasionale woordvoerder van die ANC, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ou beloftes met nuwe jeug... ·

Is dit hoe hy nuwe “jeug” lede gaan verf vir die “nuwe” ANC wat gebou gaan word met “nuwe” bakstene deur verniet skool onderrig te gee?? Presies dieselfde ou belofte van die ANC.

Leeutjie ·

Ek het onlangs na hierdie man geluister op Kanaal 404. My kop het gedraai….hierdie man is ‘n buiteperd wat die wedren kan wen. ‘n Besondere mens, ‘n geleerde man van wereldformaat. Ek sal vir hierdie man stem as President!!!

Andile ·

Jammer om te moet erken jy is reg.
Mens kan hieroor huil maar as bvitter grap het ons darem die afgelope naweek lekker baie rugby en krieket gehad, so ons het nie destyds alles wat goed was vir niks verruil nie. Nou kan ek wel huil.

Andile ·

Alweer modder vir eer. Ek is op die punt om Maroela af te skryf.

Arie ·

Klein bietjie hoop vir die anc maar daar gaan ons alweer met gratis omderwys! zumpie en die guptas het al die land se geld ingesluk

Bets Bothma ·

Ons het n goeie onderwysstelsel nodig en ALLE kinders MOET skoolgaan, hulle is ons toekoms. Huidige ANC steel soveel geld, as ons tesourie reg en eerlik bestuur word, sal daar genoeg geld wees vir gratis onderwys.

al ·

Ek bid dat die regte leier die land lei. Nou gelees op News 24 Absa dreig om N Dlamini Zuma se bankrekening te sluit oor moontlike verdagte transaksies

SP ·

Dink nie hy het genoeg ondersteuning om volgende President te word nie.

Johannes van Staden ·

Die man is regtig beter dis regtig wat ek dink en glo …wens hy kan iets regkry !

Kaspers ·

Mag hy wen. Ek het baie respek vir hom want hy het waardes.

marlene ·

Dit gaan honderde jare neem om al die korrupsie uit te roei. Dit is deurweef deur al die departemente.

Loeis ·

Dit sal help as die land ‘n ander president kry, maar dit sal nog meer help as ‘n ander party, of beter nog, koalisie van partye, die land regeer.

E ·

Hy is die beter kanidaat, ja.
Soos ek vermoed, sal die “mother of the nation” wel ……..
Logika maak nie meer ‘fashion’ nie, en a kom ook nie meer voor z nie.

Pieterlewismuts ·

Laat ons uiters versigtig wees om die een of die.ander te hoog aan te prys.
Àan die ander kant is die kandidaat wat vroeër deur die ANCWL voorgehou was, by verre absoluut die slegte moontlike keuse as kandidaad .
Onder haar sal die status quo grotendeels gehanhaaf word.
Laat ons verseker leer wat het gevolg na die.afdanking van Mnr Mbeki en poog om daardie fout nie weer te maak nie.
Die besluit moet RASSIONEEL en nie op emosionele grondslag gemaak word..

TDW ·

Wat ‘n fantastiese keuse! As hy die volgende kandidaat is sal ek vir hom stem as President. Hy is regverdig! En hy kies nie kant in terme van ras nie, hy kies die kant van dit wat reg is. Ek glo ons witmense voel baie onseker in ons land, maar ek glo God werk baie hard in die agtergrond. Ons sien dit nie nou nie, maar ons sal nog.

Gerrit ·

As God met woorde die heelal kon skep, is dit nogal ‘n groot gemors as Hy hard moet werk om ons politiek uit te sorteer.

Quixilver ·

Waar is die dae waar die mense kom kies vir hulle president. Dit word vir ons gedoen deur die wen party. Hulle kies wie president gaan word, hulle puppet hulle reels.

Gideon ·

Jammer vertrou nie ‘n enkele een nie – maar in hierdie geval sou ek se in die land van die blindes is die een oog koning.

Anoniem ·

Die beste langtermyn oplossing vir SA is om by die Gr RR’tjies (alle kleure en geure) te begin en vir almal hoogstaande onderwys te verskaf. Goeie skole, goeie onderwysers, goeie werksetiek.

John ·

Net ‘n paar uitverkore kaders kan ons president kies. Hoe so ‘n stelsel gewettig is kan g’n redelike mens verstaan nie. En erger nog hoe kom mens uit so ‘n verkeerde sisteem? Phosa sal nie al die beloftes van die ander kandidate kan oortref nie en gesonde bestuur, harde werk en eerbaarheid is nou ongewilde items op die volk se bord soos gesonde groente vir kinders. Phosa se beloftes van gratis studie is dalk haalbaar as hande uit die staatskas bly, maar gegradueerde en opgeleide werkloses op sypaadjies spel opstande… en erger… Hoe keer ons die onafwendbare tsoenami tensy die stormwind draai?

Rynhardt ·

Die meerderheid kies hul kandidaat wat hul wil he! Afrikaners, julle verstaan dit nog steeds nie.Julle het geen seggenskap by die kies van Anc se president nie! Niks gaan verander vir joh as blanke nie en SA het nie leiers in n dooie, politieke bestel nie.Anc kandidate wil net almal die lekker korrupsie-trein ry!

Nellie ·

Ten minste praat hy mooi Afrikaans. Die onderwysstelsel in SA sal nooit op dreef kom solank as wat ons ‘n stelsel het waar 1 onderwyser vir klasse van 50+ leerders moet klasgee nie. NOOOOOIT! Spandeer geld om meer onderwysers, meer klaskamers per skool toe te wys en jou dissipline en prestasieprobleme sal verminder.

Piet Pompies ·

Hierdie man verdien die nodige respek wat hom toekom en persoonlik dink ek hy sal RSA in die regte rigting stuur om ons land weer op koers te kry. Hy is hardwerkend, besigheidsman, luister na raad, het goeie opvoeding en ‘n leier.

Grassie ·

Mathews Phosa is ‘n goeie man. Hy is nie militant nie, haat nie witmense nie en is nie gekant teen ons taal nie. Dit is egter hierdie eienskappe wat gaan maak dat hy nie die pyp rook nie. Die peoples wil nie nou ‘n gematigde president kies nie. Hulle soek een wat “radikaal transformeer” want hulle wil vat wat nie aan hulle behoort nie en wat hulle nie voor gewerk het nie. Indien Phosa nie staan nie, sal sy ondersteuners vir Ramaphosa stem. Ek hoop nie Phosa se toetrede tot die stryd lei na ‘n verdeling in die stemme wat Zuma se eks gaan laat wen nie. Ons land sal beslis nie nog ‘n Zuma (Zupta!) oorleef nie. Ek weet ook nie of ons ‘n Ramaphosa sal oorleef nie.
Intussen sal ek maar duim vashou vir Phosa.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons het op 2 verskillende kere ‘n informele private ontmoeting met Mathews Phosa deurgebring, sommer so ondermekaar gesels en ‘n ervaring geniet wat seker nie maklik sou gebeur het as ons hom nie deur vriende ontmoet het nie. Die man is belese, hy is verfynd, hy praat Afrikaans en in kort: sommer net ‘n gentleman. Ek weet egter nie of die massas vir so ‘n man sal stem nie, maar as hy verkiesbaar is en sy naam op die stembriefie, dan stem ek vir hom.

Wollie ·

Nou wie betaal die regering?
ONS!!! die belasting betaler!!! so ons betaal vir gratis onderig…..maar ons werk hard vir ons geld!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.