Matie in hof na hy glo vrouestudent verkrag

Universiteit van Stellenbosch Foto: cair.za.net

Universiteit van Stellenbosch Foto: cair.za.net

ʼn 21-jarige student van die Universiteit Stellenbosch (US) het vroeër die week in die dorp se landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn vrouestudent op die kampus verkrag het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het glo op 29 Januarie plaasgevind. Die verdagte is Maandag in hegtenis geneem en hy het dieselfde dag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting. “Die saak is tot 25 Februarie uitgestel.”

Die bestuur van die US het intussen sy skok oor die voorval uitgespreek. Volgens die universiteit het die beweerde voorval glo in een van die manskoshuise plaasgevind en die verdagte is versoek om die koshuis te verlaat hangende die ondersoeke teen hom.

Prof Leopoldt van Huyssteen, waarnemende rektor en visekanselier van die US, het gesê die universiteit is besig met sy eie ondersoek na die voorval en sal na afhandeling hiervan oor verdere stappe besluit. “Die universiteit het ʼn baie goeie beleid op alle vorme van seksuele teistering en wat streng toegepas word. Ek doen intussen ʼn beroep op al ons studente om die erns van hierdie saak te begryp en die SAPD ʼn billike geleentheid te gee om die ondersoek af te handel.”

Van Huyssteen het versoek dat die privaatheid van al die betrokkenes gerespekteer word. “Sulke voorvalle gaan met baie trauma gepaard, nie net vir die spesifieke studente nie, maar ook hul gesinne, hul vriende en die groter studentegemeenskap. Dit is baie jammer dat die beweerde insident ʼn skadu werp op die US se waardestelsels en op ʼn andersins uitstekende afskop van 2015 se akademiese jaar,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zahn ·

Absoluut tragies. Wat ook die aandag aangryp is die feit dat daar om een of ander rede absoluut niks van ras genoem word nie. Soud dit ‘n blanke wees wat verkrag het, het die opskrif hierbo sekerlik anders daar uitgesien. Ek noem dit net. En ja, ek gooi die raskaart, as die swartman dit kan doen, kan ek ook.

Maronel ·

Soos ek lees, het dieselfde my bygeval. Daar sou beslis gestaan het wit man of blanke man. Dit MOET mos genoem word. Deesdae weet ons as daar net man staan, watse ras dit is….

JoeV ·

netso, raak bekommerd dat ons Maroela dalk besig is om af te gaan :(.

pop ·

Zahn, jys natuurlik reg ne!!!!Wat soek die vrouens daar by die mans, is wat ek my afvra???Of mag hulle deesdae so in mekaar se koshuise kom. Sjoe!!!!!

CJ ·

Zahn sy het vir vriende daar gaan kuier. Maar ek stem saam met jou, sy moes gladnie in die manskoshuis gewees het nie. Maar, dit gee daardie man nie die reg om haar te verkrag het nie, en ek glo dat dit nie die eerste keer was wat hy verkrag nie.

Vic ·

Oi, ek is bly ons het nie n juriestelsel nie – sal nie daarvan hou om deur iemand skuldig bevind te word op geen feite nie……

Maronel ·

Ook gewonder hoekom die velkleur nie genoem word nie. As dit blank was, was dit beslis gemeld.

BoerinDT ·

Maroela, wil julle nie maar die feite deurgee soos dit is nie – Swart of Blanke wat Swart of Blanke verkrag het ….. laat ek raai, Swart op Wit ?
… juis hoekom dit nie genoem is nie, of is ek verkeerd?
Meskien swart op swart … juis dit sou ook nie so geplaas geword het nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê BoerinDT

Ons maak slegs die name van verdagtes en slagoffers bekend sodra ons goedkeuring daarvoor ontvang of ons wettig by magte is om dit te doen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

zahn ·

More almal, ek wil net versoek dat julle my kommentaar noukeurig lees, nêrens bevraagteken ek waar wie verkrag het nie, ek wil slegs ‘n stelling gemaak het at, sou die verkragting deur ‘n blanke persoon uitgevoer gewees het, sou die ras genoem gewees het. Ek stel dit onomwonde dat verkragting, op enige plek, op enige tyd, onder watter omstandighede, geensins deur my goedgepraat kan word nie. Slegs lafaards sal hulle tot so iets wend, geen normale ware man sal so iets doen nie. Ek hoop ek het myself nou beter uitgedruk.

LeeAnn ·

So loop die stories al in die rondte oor hierdie verkragtig. Die geldige vraag is wat het sy in die mans koshuis gemaak. Daar word beweer dat in die Vensters tydeperk gebeur het, wat gepaard gaan met baie drank. Ek hoop regtig waar dat dit nie ‘n geval was waar 2 dronk jongmense die daad gedoen het en die volgende oggend voel iemand skuldig en gaan maak wille aantuigings nie. Indien dit bevind word dat dit so geval is, sal ek aanraai dat die storie verder gevat word en naamskendings saak aangebring word. Te veel kere moet mens hoor hoe die meisies een dronk aan iets simpel aanvang en dit so laat uitdraai, nie een keer word daar gedink dat ‘n jongmens se lewe heeltemal verander na sulke aantuigings nie. Wat die drinkery aan betref, as mens so wil drink dat jy nie eers alles kan onthou nie en jou waardes begin vergeet – moet ook dan nie verwag dat alles glad daardie aand gaan verloop nie. Stellenbosch is een gevaarlik plek in die aand. Waar was die vriendinne?? Ons is gewoonlik ‘n groep vriendinne saam, en los nie mekaar agter nie. Indien dit verkragting is, laat die man sy volle straf kry en ek hoop dat dit ‘n les sal wees aan almal in Stellenbosch. Dat dit is gevaarlik, die studente is self ook gevaarlik. Mens vertrou niemand!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.