Matie met mes in bors gesteek

Lydia Dameskoshuis. Foto: Facebook

ʼn Vrouestudent aan die Universiteit Stellenbosch is met ʼn mes in die bors gesteek toe ʼn man haar voor die Lydia-vrouekoshuis probeer beroof het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 22:00 Dinsdag in Hofmeyrstraat plaasgevind.

“Volgens die student was sy buite die koshuis toe sy ʼn wit BMW met getinte vensters gesien het. ʼn Onbekende man het haar genader en haar selfoon probeer gryp. Sy het die foon met albei hande teen haar bors vasgedruk. Sy het geskree en dis toe dat die man haar in die bors gesteek het.”

Volgens Traut het die verdagte hierna in die motor gespring en weggejaag. “Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê hulle het met besorgdheid kennis geneem van die voorval. “Kampussekuriteit het vinnig reageer en die nodige ondersteuning aan die student gebied.”

Volgens Viljoen is die student Woensdagoggend vroeg uit die hospitaal, waar sy vir haar beserings behandel is, ontslaan. “Die student word deur haar ma, mede-inwoners, vriende, beradingsdienste en lede van die Studenteraad ondersteun. Berading is vir die student en die koshuis as ʼn geheel aangebied.”

Viljoen het gesê die veiligheid van studente en personeel is en bly ʼn prioriteit vir die US se bestuur. “Kampussekuriteit se mobielereaksie-eenheid sal sy huidige strategie in ooreenstemming met die gebeure aanpas. Veiligheidsmaatreëls word deurlopend geëvalueer en verfyn in reaksie op veranderende tendense. Die SAPD is besig met ʼn ondersoek en kampussekuriteit staan die SAPD daarin by. Leidrade word tans opgevolg terwyl getuieverklarings en netwerkbeeldmateriaal in die ondersoek gebruik word.”

Viljoen het bevestig bestuurslede van die universiteit en lede van die Studenteraad het Woensdagmiddag ’n noodvergadering gehou oor veiligheidsmaatreëls op die universiteit se kampus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JS ·

“Hulle sal hulle veiligheids prosedures aanpas” – dis reaktief. Wanneer die veiligheidsbeamptes of polise of ambulans daar aankom het jy lankal klaar seergekry en meeste van die tyd vang hulle nie die skurke nie. Ons moet pro-aktief raak oor sekuriteit as ons regtig verskille wil sien. Maak eder pepersproei verpligtend om te dra vir alle studente op kampus en kyk wat gebeur as mense nie meer hulpelose slagoffers is nie, maar hulle teen kriminele kan verdedig.

GESKOK! ·

DAAR MOET OOK EERS IETS GEBEUR VOORDAT VEILIGHEISMAATREELS OPGESKERP WORD!!!

Barnard ·

Dit kon verhoed gewees het indien Security sigbaar was. Duidelik was hulle nie sigbaar nie. Waarom nie wil ek weet.

Gerhardt ·

Dit helpnie security het vinnig gerageer NA die voorval nie. Die voorval moes nie gebeur het nie!!Dit is die punt.Security beteken dus niks nie. Net n naam.

Zeus ·

n Selfoon is nie n lewe werd nie. Gooi die selfoon neer en hardloop weg.

kobus4e ·

Stem saam Zeus, maar dalk is daar nie geld vir n ander een nie, en dis die enigste manier van kommunikasie met haar mense. Dit is ook instinktief om jou eiendom te beskerm. Mees mense doen dit, sonder om te dink aan die gevolge. Dief dinge moet in die eerste plek nie gebeur nie, maar helaas, dit gebeur.

Arno ·

Mense moet begin wakker word. Al die misdade wat so op die kampus en koshuise gebeur is mense wat tussen hulle op die gronde bly. Jy gaan nie die skelms op straat vang nie. Hulle bly tussen hulle en daarom kan hulle so maklik wegkom sonder dat iemand iets sien!

Alida ·

Ag mense kom ons wees nou maar eerlik met mekaar. SA is in ‘n rioolput van ellende en dit sal NOOIT weer regkom nie. Staan more saam, neem deel aan enige klein optog in jou gebied dan het jy tenminste gewys dat jy saamstaan ongeag wie langs jou staan. Mens kan jou kind, as jy blank is nerens meer alleen los nie. Ons as blankes weet nie of ons more die son gaan sien opkom nie. Ek is nie pessimisties nie maar dit is ‘n realiteit. Jammer vir die arme kind wat aangeval is. Glo my werkloosheid gaan toeneem en misdaad ook want hulle sal moet steel om te oorleef.

Leen ·

Stellenbosch was eers bekend as Stelenbos, nou is dit Skelmbos!

peanut ·

Het iemand dalk vir my die inbraak/aanranding en moord statistieke van Maties van pre-1994 vir my ?

Flintstone ·

Pim09. Selfone is by verre nie die enigste rede hoekom beskaafde mense vermoor,verkrag of aangerand word nie.In baie gevalle word niks gebuit tydens die aanval nie.

henk ·

Ek sou graag die kommentaar van Wim wil hoor. Hy is mos “Slim Wim” die anti pers gesig mannetjie. Wat gaan slim Wim en Viljoen in werking stel of gaan dit maar net verbygaan? Hy is meer praat as binnegoed. ‘n Anti-Afrikaanse mannetjie.
Wil graag sy plan van aksie hoor – nie net die gewone :Prioriteit – maar niks gebeur nie.

Katryn ·

Ja. Dit is absoluut waar! Dinge sal en kan nooit weer dieselfde wees nie!! Antichris moet eers sy inings kry! Sodat hy dink hyt gewen! En dan!! Bam! Gebeur dit wat ons almal van bewus is. Hy kom!! Red Sy kinders! En verwoes die gemors wat nooit wou luister nie!! Daar is nog kans!

snoefie ·

hoekom is dit altyd n luukse motor? mense (jonk en nie so jonk nie) loop te graag en text op straat. los dit maar totdat jy binnehuis is.

lewies ·

Alles word nou gekrimenaliseer en die onskuldiges ly daaronder. Almal word as kriminele behandel, met geheime nommers, deursoeking en sekerheidsvrae ens, ens, ens.

Ice ·

Snoefie – mens behoor enige plek te kan text. Selle dat girls kan aantrek wat hulle wil sonder om te worry om verkrag te word.
Wat van kameras – oral waar kameras is, het die diefstal afgeneem. Stellenbosch se probleme kom al meer as 25 jaar aan en die area waar studente beweeg is so klein, sit net eenvoudig kameras op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.