Matie-moord: Adjunkminister veroordeel ‘sinnelose, brutale’ moord

Hannah Cornelius. Foto: Facebook.

Die departement van polisie het die “sinnelose en brutale” moord op Hannah Cornelius (21), ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch, streng veroordeel.

Bongani Mkongi, adjunkminister van polisie, het namens die departement sy innige meegevoel met die Cornelius-familie betuig.

Hy het ook die polisie geprys vir sy vinnige aksie wat tot die inhegtenisneming van vier verdagtes gelei het en het sy woede teen die volgehoue aanvalle op onskuldige jong vroue en kinders uitgespreek.

“Ons sal geen steen onaangeroer laat om waansinnige misdade teen vroue en kinders te bekamp en te wen nie,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Cornelius, ʼn tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch, en ʼn studentemansvriend wat teologie studeer, het Vrydagaand in die dorp in die blou VW Golfie, wat haar 91-jarige ouma vir haar gegee het, rondgery. Hulle is vroeg Saterdagoggend gekaap en ontvoer. Die vriend kon in ʼn stadium slaag om te ontsnap en is in ʼn ernstige toestand met hoofbeserings na ʼn hospitaal geneem.

Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 naby ʼn bekende wynplaas op die Knorhoekpad buite Stellenbosch aangetref.

Lees die vorige berigte oor Hannah Cornelius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hans Human ·

Hierdie is baie hartseer. Net vir my insiggewend om die verskil tussen Stellenbosch se gemeenskap te sien versus Coligny s’n n paar weke gelede. Sal mens dit toeskryf aan opvoeding?

al ·

Baie waar. Nietemin is dit goed dat die Adjunk Minister van Polisie hierdie euwel wil beveg.

Weerhou ·

Ek weerhou my van kommentaar want ek sal waarhede kwytraak wat van toepassing is maar nie publiseerbaar is volgens die riglyne wat net op sekeres van ons van toepassing is in hierdie verwronge land waar wet en orde net in ‘n boek bestaan.
Liewe pragtige kind, jy is veilig waar jy nou is en verewig jonk sal jy op aarde onthou word.

Janie Nel ·

Ja moet tog nie ‘n skuins ding kwytraak nie. MM sal dit nooit plaas nie, soos my kommentaar altyd in File 13 beland. Hulle wil tog net vir niemand aanstoot gee nie, shame

Ander Annie ·

Pragtige Kind wat so tragies moes gaan. Innige simpatie aan haar ouers en familie. Ten minste reageer die Adj.Minister.

Ada ·

Jy is reg Weerhou. Ek het so n wroeging in my hart . Hierdie pragtige jong dame. Ek kry haar nie uit my gedagtes nie. Net soos die arme Franziska. Dit is net te veel .Ja jy is so reg .Sy is nou veilig. Sonder angs of pyn of leiding. Sy was te goed vir hierdie verwronge wereld.Sy is by Liewe Jesus.Hy het een van Sy perels kom haal.N sonstraal.

rafel ·

Regering se lee woorde help niks. Ek weet net ek sal uithaak as so iets my familie moet tref….en die gevolge dra. Wat n tragedie.

al ·

Ek glo die hele land se mense wie nie ñ siek kop op hul lyf het nie, is getraumatiseerd oor hierdie sinnelose moord op hierdie pragkind en net soos op Franciska. Dit pluk aan ons harte, maak ons woedend, frustreerd en magteloos.
Dis waarom ek sal wegkyk as ñ vigilante daad gepleeg word, alhoewel 2 wrongs cannot make 1 right, maar nogtans.

Nivea ·

Dus baie hartseer. Ook die moorde op Courtney Pieters, Rene-Tracey Roman, Stacha Arendse en Iyapha Yamile sinnelose moorde op blote kinders

Kaspaas ·

Wat ook baie ontstellend is as n mens die kommentaar op EWN lees oor die geval. Die haat teen wittes is ongeloofliken nie baie simpatie nie #whitelivesdoesmatter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.