Matie-moord: Nog ʼn verdagte vas

Hannah Cornelius (Foto verskaf aan Maroela Media)

ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Hannah Cornelius (21), ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die 26-jarige verdagte, van Cloetesville in Stellenbosch, is Maandagaand vasgetrek.

“Hy moet more [Woensdag] in die Stellenbosch-landdroshof verskyn,” het Van Wyk gesê.

Twee van die mans wat Saterdag weens die voorval in hegtenis geneem is, het Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn en ‘n derde persoon wat laat Sondag vasgetrek is, sal na verwagting Dinsdag in dieselfde hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Vernon Junald Witbooi (32) en Geraldo Parsons (26) het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 28 Julie uitgestel is vir verdere ondersoek. Hulle word aangekla van moord, ontvoering, verkragting, roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

Cornelius, ʼn tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch, en ʼn studentemansvriend wat teologie studeer, het Vrydagaand in die dorp in die blou VW Golfie, wat haar 91-jarige ouma vir haar gegee het, rondgery. Hulle is vroeg Saterdagoggend gekaap en ontvoer. Die vriend kon in ʼn stadium slaag om te ontsnap en is in ʼn ernstige toestand met hoofbeserings na ʼn hospitaal geneem.

Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 naby ʼn bekende wynplaas op die Knorhoekpad buite Stellenbosch aangetref.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings van die eerste twee verdagtes op die gekaapte voertuig beslag gelê.

“Sy was die mees perfekte mens – slim, mooi, talentvol en jonk. Haar hele lewe het voorgelê en toe word sy so wreed en onnodig van ons weggeruk. Ons familie staan mekaar by, maar niks kan die leemte vul nie,” het Lali van Zuydam (27), Cornelius se niggie en ʼn familiewoordvoerder, Maandag in ʼn emosionele huldeblyk aan Maroela Media gesê. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Gideon ·

Ek gaan weer probeer – miskien sal Maroela so gaaf wees om dit te wys.
Die mansstudent wat weggekom het is vir my vreemd omdat hierdie tipe bendes niemand lewend agterlaat nie. ?

Sanet ·

Uit vorige artikels is genoem dat hulle nog nie weet of hy ontsnap het, en of hy uit die kar gegooi is nie…. Hy het soos ek verstaan kop wonde… hulle het dalk gedink hulle het hom doodgemaak.

Lampies ·

Sanet hy het weggehardloop en by ‘n huis gaan aanklop vir hulp waarna die polisie in geroep was. Hy het gesê as hy dit nie gedoen het nie, was hy ook dood. Weet nie waar lees jy van kapwonde en dat die aanvallers gedink het hy is dood nie. Moenie vals info versprei nie.

Shaun ·

jy is 100% reg, iets is nie te lekker met die “man wat weggekom”” het nie.

Wonder ook ·

Haar kleurlingvriend het dalk met die kleurlingmoordenaars saamgewerk. Hoe het sy gedink?

al ·

Het sy ñ Kleurlingvriend gehad wat saam met haar in die motor was?

al ·

Hy is ñ teologiestudent. Kom ons kyk maar hoe die saak draai voordat ons die arme man beskuldig.

Bokkie ·

Aan almal van julle in watter eeu leef julle?Hannah was geensins n rassis,volgens wat ek lees nie.Shawn,Wondermaarnet en Al ,Cheslin se ouers gaan ook deur geweldige trauma,en ook hulle lees hierdie comments.Dink voor julle praat,almal van ons is hartseer oor Hannah,en ek bid but beide haar en Cheslin se families in hierdie tyd…
..

Bokkie ·

Wonder ook,bly staan onder jou wonderboom dalk sal jy ontdek dat nie al ons Kleurlinge moordenaars is nie. Hoop jy volg die de Zalze storie…

Boerseun ·

Hoe is hulle gekaap? Ek het gelees van mes steek maar niks van wapens nie. So was hulle met messe terwyl hulle in kar was gekaap of was hulle buite die kar?

snoefie ·

so onnodig. alle simpatie en sterkte aan die ouers, familie, vriende en geliefdes.

Pieter ·

En soos wat dit in SA is, word verkragting ook nou gedink. Waar’s die vroue van die anc nou, waars die betogings en afgebrandery van die eff en partye? Sterkte aan vriende en familie, mag sy nou rus vind

Magda ·

Haar velkleur is???? – dis hoekom ONS NIKS van hulle hoor nie

Theresa ·

Sou dink doodstraf kan werk in ‘n land en stelsel waar die misdaad sonder enige twyfel bewys kan word. Anders kan dinge skeefloop. Met al die onreg in hierdie land en omkoopbaarheid van talle, het ek nie die oortuiging dat dit tans reg aangewend sal word nie…

henk ·

Ja, die waarheid sal uitkom met die ondersoek. daar is vrae oor waarom die mansstudent lewend daarvan afgekom het. Met bende geweld maak dit net nie sin nie.
Wat is sy geskiedenis met die gereg wonder ek?

Wonder ·

Hoekom sal hul n ou citigolf hijack? Of is die skurke soo opportunisties? Iets voel nie pluis, net n gevoel. Wonder maar net…

Ai ·

@Wonder, van wat ek gehoor het is dit die motor wat die meeste gekaap/gesteel word. Dalk het dit intussen verander.

Ai ·

Die vriend is n mede student volgens n ander nuusblad. Net omdat iemand oorleef is nie te se die persoon is medepligtig nie. Kom ons gee die polisie kans om ondersoek in te stel.

Charmaine ·

Dankie Ai.As n kleurling voel ek baie hartseer met wat gebeur het.Kom ons wag en kyk tot die vriend beter is om sy weergawe te gee.Ek wonder darem as hy is iets daarmee te doen het,sal sy”vriende” hom so seermaak ?Of sou dit aanvaarbaar wees as dit n wit of indier vriend was??

Ai ·

Hi Charmaine, ja dit klink of die arme kind baie erg aangerand is. Ek se ook gee kans dat die kind aansterk, hy is n getuie en sy getuienis is baie belangrik.

Showahed ·

In vorige berigte is dit genoem dat die vriend met bakstene op sy kop gegooi is; hulle het hom seker vir dood gelaat. En die Golf was gebruik in ‘n inbraak of iets in Kraaifontein. Hierdie is moontlik ‘n klomp tikkoppe wat verseker vir goed uit die samelewing moet geneem word – ‘n mens kan jou net indink waardeur hierdie pragtige kind moes gaan.

Andrea ·

Ek wil my nie eers probeer indink nie. Arme weerlose kind! Hoop haar vriend herstel gou. Hopelik sal hy dan kan vertel wat gebeur het. Sterkte aan al die familielede.

Gert ·

is dit al waaroor almal kan praat hy het die dood vry gespring ja tragies maar hartseer genoeg sy kon nie ons is nie hier om hulle te oordeel nie beste besluit wat die polisie nou kan doen isom hulle vry te laat sodat die gemeenskap met hulle afreken

ice ·

Hene mense los die arem ou uit – hy het weg gekom en kan 10 teen 1 nog die ouens identifiseer. Julle kyk te veel TV. Die meisie is dood, dis sad genoeg! Nou is hier allerhande “conspiracy theories” . . .

Adri ·

Ander berigte sê pront-uit dat die aangeklaagdes kleurlinge is, maar Maroela Media is daarvoor te polieties korrek. Betreurenswaardig!

Charmaine ·

Hoeveel ander mense word vermoor dan word die ras nie genoem nie.Kyk die moord in Durbanville, nerens word daar prontuit gese die aangeklaagde wit nie,nee liewers dat n dief betrap was…

adriana ·

Ice jy is reg. Los alles en gee die ouers en familie en vriende tyd om te rou. Met respek.

adriana ·

Dankie aan die polisie wat die gemors so vinnig aangekeer het.

Deon ·

Ek wonder net hoekom die media so bang is om name en foto’s te plaas!!
Die vriend se foto kan mos gewys word, of is hy nou ook ‘n verdagte?

dirk L ·

Stellenbosch is n gevaarlike nes , omring van buurte vol misdaad,dwelms. . hoekom het sy met so ‘n siel in die nag in n voertuig gesit ? sy fotos in ander koerante lyk sleg. baie sterkte aan haar familie

oumie ·

RIV mooi kind mag die gemors wat jou familie soveel skade aangebring het lank en stadig vrek

Hantie ·

Al wat ek wil se haar pa is die Hoof Magistraat in Simonstad en haar ma n Prokureur mag hulle vrot in die Tronk!!! Justice sal Geskied!

yvonne ·

Goeie genade mense , wat maak dit saak watter kleur die vriend is. Twee jong onskuldige mense en hulle families se lewens is onherroeplik verander. Nou wil julle kibbel oor nonsens. Laat die polisie hulle werk doen. Dit is asgevolg van negatiewe kommentaar en wilde afleidings dat ons eenvoudig nie kan saamstaan en mekaar ondersteun nie. Nie een van ons was daardie aand teenwoordig toe hierdie vreeslike daad plassgevind het nie. My innige simpatie aan Hannah se ouers en familie. Sterkte ook aan die jong man en sy gesin. ‘n Spoedige herstel word hom toegewens.

Ammie ·

In ander berigte van nuus kanale sê hulle , Hannah en Cheslin het in Cheslin se blou Golf gesit en nie in Hannah sin nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.