Matie-moord: ‘Sy was die hele familie se sonskyn’

Hannah Cornelius (Foto verskaf aan Maroela Media)

“Sy was die mees perfekte mens – slim, mooi, talentvol en jonk. Haar hele lewe het voorgelê en toe word sy so wreed en onnodig van ons weggeruk. Ons familie staan mekaar by, maar niks kan die leemte vul nie.”

Lali van Zuydam (27), ouer niggie van die Hannah Cornelius (21) en ‘n familiewoordvoerder, het Maandag ʼn emosionele huldeblyk aan haar niggie gedoen wat voor haar oë groot geword het.

Cornelius (21), ʼn tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch, en ʼn studentemansvriend is Vrydagaand in Stellenbosch in die Wes-Kaap in die blou VW Golfie, wat haar 91-jarige ouma vir haar gegee het, gekaap. Sy is vroeg Saterdagoggend ontvoer en die vriend kon in ʼn stadium slaag om te ontsnap en is in ʼn ernstige toestand met hoofbeserings na ʼn hospitaal geneem. Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 gevind.

“Ons is ʼn baie hegte familie van reg oor die land met hegte bande met Stellenbosch,” het van Zuydam aan Maroela Media gesê. “Die dorp is ʼn huis vir baie van ons. Hannah se dood het ons as familie verpletter, maar raak ook die hele gemeenskap. Die ondersteuning wat die familie kry getuig van die wonderlike mens wat sy was.

“Niks kan Hannah terugbring nie. Ons familie sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Van Zuydam vertel haar niggie het in Scarborough in die Wes-Kaap naby Vishoek grootgeword. Sy het in 2014 aan die private skool, Reddam House, met sewe onderskeidings matrikuleer.

Sy het saam met haar ouers Willem Cornelius (56), die hooflanddros van Simonstad, en Anna Cornelius (55), ʼn kriminele regsprokureur, en jonger broer Andries (18), gewoon.

Hannah Cornelius (Foto verskaf aan Maroela Media)

Sy het in 2015 ʼn oorbruggingsjaar gedoen en as au pair in Frankryk, in Annemasse naby Switserland, gaan werk. Sy kon Afrikaans, Engels en Frans vlot praat.

“As skolier het sy in netbal uitgeblink. Sy was baie lank en het in ʼn stadium provinsiale netbal gespeel. Verder was sy baie musikaal en ʼn meester op die klavier.”

Cornelius is die kleindogter van die bekroonde pianis, prof. Pieter de Villiers wat jare lank die sanger Mimi Coertse se pianis was. “Van al ons kleinkinders het sy die meeste van sy talent geërf en sy was op pad om haar hoogste kwalifikasie in klavier te verwerf – op een van my oupa se klaviere wat in haar ouerhuis staan.”

Met haar terugkoms in Suid-Afrika het sy besluit om BA aan die US te studeer. Sy was ʼn inwoner in die Irene-vroue koshuis, dieselfde koshuis waar haar ma was.

“Sy het baie drome gehad en het beplan om miskien ʼn joernalis te word. Sy was ʼn baie goeie skrywer en kon gedigte skryf nog voor sy kon lees. Sy was ʼn baie diep mens, baie spontaan en kreatief.”

Van Zuydam sal haar niggie onthou as iemand wat nooit sleg sou doen aan mense nie en baie lief was vir diere, veral katte. In van Zuydam se woorde, was sy perfek.

“Sy was ook so nederig. Sy is ʼn pragtige mens. Sy was mooi, maar het dit nooit besef nie. Ons tannie (Uschi Pellissier) het ʼn modelagentskap, Icon Models in Kaapstad, en haar oorreed om modelwerk te doen vir ʼn ruk. Al was sy ʼn model en mooi, was sy geensins hoogmoedig nie en het nog altyd gebloos as iemand haar komplimente gee.

“Sy was die steunpilaar van haar gesin en die hele familie se sonskyn. Sy was baie familie-vas en haar boetie was haar alles, sy het altyd na hom omgesien. Sy het meer oor ander mense omgegee as vir haarself.”

Buiten haar ouers en broer, laat Cornelius haar ouma, Eleanor de Villiers (91), ooms, tannies en nefies en niggies agter.

Haar gedenkdiens is Vrydag 2 Junie om 11:00 by die Vishoek NG gemeente.

  • Intussen het twee verdagtes wat weens haar moord in hegtenis geneem is Maandag in Stellenbosch-landdroshof verskyn. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

jes ·

Dit maak my so kwaad dat onskuldige mense se lewens so onnodig geneem word. Rip ?

Hartseer ·

Dit is so onnodig! My innige simpatie aan haar gesin. Ek kan my net indink deur watter ontsettende pyn en worsteling hulle moet gaan. Mens verstaan nie wat dryf mense tot sulke dade nie. Dis siek! So moeg vir die wreedheid in die land!!!!

Ada ·

Hierdie pragtige jong mens is in die hemel.Ek is so platgeslaan al ken ek haar nie want jy kan aan die gesiggie sien hoe edel sy is.Dit is moeilik om die woord”was” te gebruik.Onvervangbaar.Onvervangbaar. Brose porselein.Daar is nie troos nie.Ekhoop julle familie en vriende kry vertroosting by die Here. Daar is nie woorde nie.Sterkte.Ons dink aan julle.

Jo ·

Ons land is in bose greep vasgevang. Nog ‘n kosbare jong lewe geneem – ons land word gestroop van kwaliteit mense. Miskien moet ons aanvaar dat ons in ‘n oorlogsone woon, en dat ons ons leefwyse daarby moet aanpas. My gebede is met die gesin en familie

Marius ·

Hulle sou nooit haar siel en die Heilige Gees binne haar kon vernietig het nie.Dit was verseker intak.

mariaan ·

Hoe absoluut onnodig. Mag elkeen wat betrokke was by haar moord nog minder genade ontvang as wat hulle vir haar lewe en ook die van haar vriend gehad het nie.

Katy ·

Sy is n engel en sal altyd by julle wees. Die gesiggie straal van sonskyn.Julle sal haar weer sien in die hemel.Stralend en rein.Sy het vooruit gegaan.

Maria ·

Sy was te perfek vir hierdie bose wereld en is kom haal.Sy word benodig by n beter plek.
Groot groot hartseer en pyn.Ongeloof en skok. Al hierdie gevoelens hoop ek sal met tyd taan.

JP ·

Ons innige simpatie aan die familie. Ek kan my nie indink waardeer hulle gaan nie.
Ek moet vra, wat is die verskil tussen die en die Coligny geval? Waar is die opstande en brand van huise en geboue…???

Tinktinkie ·

JP jy is so reg!! Gelukkig het sommiges van ons integriteit, waardes en etiese verantwoordelikheid.
Hierdie pragtige jong meisie wat onnodig weggeruk is breek my hart….vir almal wat vir haar lief is…ons bid vir julle vir vertroosting?

Ons mag nie ·

Ons mag nie bitter wees en vergelding soek nie, maar ek refrein jou woorde, ek kan nie anders dink nie, elke keer as ek iets sien oor die saak, voel ek om opstandig te raak en ook so rekere te gaan.

sug ·

JP, wat se inligting het jy oor die Coligny geval. Het nog nerens gelees dat die jong man daar vermoor of moontlik verkrag is nie. Hannah het, soos ek kan agterkom ook nie iewers moontlik die wet oortree nie.

al ·

Dis tragies dat so pragtige talentvolle meisie wie so baie vir die land kon beteken, om te trou en kinders te hê, kleinkinders vir haar ouers kon gee, weggeruk is deur sieklike barbaarse moordenaars. My hart gaan uit na haar geliefdes.

T ·

Baie sterkte! Dis so hartseer. Sy lyk so baie na Reeva. Die lewe is baie onregverdig.

Nico ·

Dit is SKOKKEND! Sy is nie ‘n raar geval nie. Hoeveel maal het die tipe ding nie al gebeur in Azanië van die ANC nie. Haar arme familie en geliefdes wat deur daardie meul moet gaan. Hulle sal nooit weer dieselfde wees nie.

MW ·

Hierdie moord is die toppunt van barbarisme. Ontstellend. So ‘n talentvolle jongmens. Sterkte aan al haar familie en vriende. Wat van ‘n voorstel aan die Premier van Noordwes dat hy sy kontakte sal gebruik om ‘n opstand in Stellenbosch se township te reel om sy misnoee met hierdie “rassistiese” moord aan die wereld te openbaar. O ja en ook sommer een in Coligny ook sodat hy aan die wereld kan bewys hy verdien die stoel van Premierskap waarop hy sit.

Wynand ·

Is dit moontlik dat die polisie in Stellenbosch ‘n “state of emergency” kan verklaar sodat enige iemand wat dan iemand vermoor die doodstraf kan kry? Wat se die geleerdes?Kan alle dorpe dit doen? En alle stede? Ek dink Stellenbosch het dit bitter nodig.Die studente word nie genoeg beskerm nie.Dit is tog n feit.Hierdie ramp kon verhoed gewees het sou daar oordentlike polisieering gewees het of as die patrollies van die US meer oplettend was?

Ekke ·

Stellenbosch nie vir my nie…. Die dorp is stadig besig om te sink. Al wat mooi is is die berge. Dit kan oral gebeur, maar kom woon hier dan sal jy spyt kry.

Ai ·

Sjoe dit was nou hartseer om dit te lees. Sterkte aan haar familie. So pragtige, uitblinker kind. Partykeer wonder ek wat dit gaan vat vir ons om die lyn in die sand te trek en te se genoeg is genoeg.

My hart breuk vir haar ouers en boetie.

Milli ·

Aai julle my trane rol soos ek hier sit??? hoekom julle? Hoekom moet sulke goed gebeur? Waarom iemand so verniel net vir n kar? Nee ek weet nie meer nie help God help God help ons net asb! Kom ons bid almal net sommer net waar ons nou is vir onse God se genade aai dis soo bitter hartseer ons bid vir die familie probeer sterk wees julle

LW ·

Ek het geweet sy is deur daai hele spul verkrag. O God help asseblief die vroue en kinders in hierdie land

Ook 'n ma ·

Hierdie geval sit soos ‘n sweer in my hart en ek weet nie hoe gaan ek dit weer gesond kry nie.

Joev ·

Mens moet die agtergrond van die moord ondersoek dat mens verstaan waar die moordenaars vandaan kom en wat het hulle aangespoor. DIT moet in die kiem gesmoor word want dit is nie mens of dier gedrag nie.
Die helheid van so ‘n onodige verlies kan mens jouself nie indink nie. Mens kan nie eers begin om die smart wat hulle deurgaan te probeer verstaan nie.

Nettie ·

@Joev, ja – die agtergrond, die oorsaak van die moord. Kom ek stel dit vir jou duidelik: die agtergrond is ‘n swak, uiters swak, swak, swak woonbuurt (Cloetesville) waar misdaad deel van die allerdaagse bestaan is, waar dwelmsmousery en -gebruik en drankmisbruik allerdaags is, waar SASSA-geld voor die voet uitgedeel word, waar mense ‘n ek-wil-hê (“I demand ….” -houding het. Waar hulle te slap- en luigat is om te werk, daarom is misdaad die vinnige manier van geldmaak: breek in, steel, vermoor, steek aan die brand, verkrag …. noem dit maar, dit is hulle lewens vandat hulle die eerste lewenslig aanskou het. Hier en daar is daar enkeles wat hulle uit hierdie misdadige, swak, vuil moeras lig en hulself verbeter, maar dit is maar enkeles.

Andrea ·

So bitter jammer! Wat n pragtige, talentvolle meisie. My innige simpatie aan haar ouers en familie. Nog n pragtige jongmens op hierdie swak, en wettelose regering se kerfstok.

Pastoor ·

Here Here kom gou. Dit is hartverskeurend. My siel gaan uit na die familie. O Vader staan hulle by in hierdie uur van smart. Dat die skuldiges die swaarste straf denkbaar kry. Dat hulle sal weet die ewige straf van God wag op hulle vir die verfoeilike daad

C ·

Phillip,
Na ek van die nuus oor Hannah uitgevind het kliek ek nog heeldag deur al die nuusblaaie. Dit kon nie uit my gedagtes uit nie. Die soort ding spook by mens man!
Dankie dus vir julle mooi artikel om vanaand mee af te sluit. Tussen al die hartseer en skok en vrae word daar hier getuig van die soort mens wat sy was! Vol karakter!
Beslis die hoogtepunt om vandag mee af te sluit.

Sterkte aan die familie vir die langpad wat julle nog moet stap!

Engela de Klerk ·

Stunning, begaafd. Iemand se dogter-wat-myne-kon-gewees het. Só ‘n verlies. Vir altyd. Suid-Afrika – WEEN!

ouer ·

Kan die dorp – Stellenbosch – ‘n noodsituasie verklaar soos een van die kommentare hierbo na verwys het? Ken iemand die reg om informasie oor so-iets te gee? Al is dit net vir 3 maande om ons kinders daar te beskerm? Want wie is volgende?

Hannelie ·

My innige simpatie met haar ouers, broer en ouma. Mag jul vertroosting vind. Dis so onnodig

Ouma B ·

Sò jammer vir julle groot eina met die afsterwe van Hannah. Sy was ‘n pragtige mens. Al ken ons julle nie, dink ons aan, en bid vir julle.

Johan Likkewaan ·

Mag die skelms lekker in die hel brand. Satan wag vir hulle. As ek hulle in die hande kon kry sal ek hulle self soontoe stuur.
Sterkte aan die familie, jammer dat dit so gebeur het ai.

Theresa ·

Bitter tragies. Mag die gesin, familie en vriende vertroosting vind. Mag die skuldiges spoedig boet.

Apie ·

Asseblief mense. Stellenbosch se misdaadstatistiek is van die ergste. Bendes, dwelms, geweld. Bly agter slot en grendel. Veral snags. Sterkte aan haar familie

Groenie ·

Apie wat van n “state of emergency” instel op Stellenbosch?

apie ·

beslis. Ek glo dat buurte nou die volle reg verdien om toegang te versper soos veiligheidsbuurte. Die staat en die munisipaliteit het belastingbetalende inwoners gefaal. Hoekom is die universiteitsgronde nie omhein nie ? Dit is die vreemdste toedrag van sake. Weekliks lyk die dorp erger. Inkommers plak enige plek.

Piet die Mamba ·

‘n Bespotlike land van treur, verdriet , hartseer en pyn = SUID-AFRIKA

BOLANDER ·

Ek het nie woorde nie!!!!! Pappa Vader, asb, wil U nie ingryp en al hierdie aaklige goed wat in ons pragtige land gebeur, stop nie. ASB PAPPA VADER..

Alida ·

Stellenbosch vol dwelms en bendes. Klaar bekommerd oor my kindertjies se toekoms.

Francois ·

Dit is waarlik hartseer dat so ‘n mooi jong vrou met haar hele toekoms voor haar so iets moet oorkom. Sterkte aan familie. Ek wil graag sien of Mnr Zuma ook die familie gaan besoek soos hy die anderdag die familie besoek het waar die 3 jarige dogtertjie vermoor is. Niks minder as reg nie.

Helene ·

Vuilgoed!!!! Geen ander woord kan hierdie mense beskryf nie. Ek weet hulle het haar verkrag en doodgemaak maar nie eens daardie vuilgoed kon haar binnekant wat so wonderlik was steel nie. Mag die Liewe Vader hierdie familie toevou in Sy sagte arms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.