Matie se lyk op berg: ‘Hy het die grootste glimlag gehad’

Matthew Williams

Matthew Williams (20) sal onthou word as die persoon met die grootste glimlag en iemand wat altyd meer in ander gesien het as wat hulle in hulself kon sien.

Só het die studentekomitee van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) hulde gebring aan Williams nadat sy liggaam Vrydagoggend in die omgewing van die Stellenboschberg gevind is.

“Hy het die vrygewigste siel gehad en ’n verwelkomende en positiewe persoonlikheid,” het Euwen Etson, voorsitter van die komitee, gesê.
Williams, ’n onderwysstudent in sy derde jaar, is Donderdagaand as vermis aangemeld. Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê sy liggaam is omstreeks 08:00 Vrydagoggend in die berg gevind.

Volgens die US se studenteraad het Williams glo sowat 35 m geval van waar sy liggaam gevind is. Berading is beskikbaar gemaak vir Williams se vriende en medestudente.

Die studentekomitee het hul medelye met Williams se ouers, familie en vriende uitgespreek.

Rwexana het intussen bevestig ’n geregtelike doodsondersoek is geopen. “Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sysie ·

When the cold rains kept on and killed the spring, it was as if a young person died for no reason. – Hemmingway. My diepste meegevoel aan al die geliefdes van al die mooi kinders wie se lewens so gou kortgeknip word.

Wonder ·

Hoe weet ons hy is nie dalk af gegooi nie. Sterkte vir sy familie.

Lizma ·

Daardie skiet gedagte het onlangs ook by my op gekom na die soveelste liggaam van Tafelberg gehaal is.

m ·

Baie sterkte aan sy naasbestaandes! Daar word nou al amper elke dag gelees van moorde op ons Jong mense, dis ‘n nagmerrie! Mag die Here sy hand van vertroosting oor julle hou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.