Matie sterf tydens kaping

Hannah Cornelius. Foto: Facebook.

ʼn Vrouestudent aan die Universiteit Stellenbosch (US) is Saterdagoggend dood in ʼn kapingsvoorval terwyl ʼn mansstudent met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is.

Die liggaam van Hannah Cornelius (21) is Saterdagoggend op die Knorhoekpad buite Stellenbosch in die Wes-Kaap aangetref. Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die liggaam is omstreeks 08:30 gevind “met beserings”.

“Drie mans het die blou VW Citi Golf [waarin Cornelius en ʼn vriend gery het] gekaap,” het Rwexana gesê.

Dit blyk dat die manstudent wat ook in die motor was ernstige beserings tydens die voorval opgedoen het en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.

“Twee verdagtes, albei in hul 30’s, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op die gekaapte voertuig,” het Rwexana gesê.

ʼn Saak van moord, poging tot moord en kaping word deur die polisie ondersoek. Die ondersoek duur voort.

Intussen het Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, gesê die kampusgemeenskap is geskok deur hierdie sinnelose daad. “Ons harte gaan uit na die familie en vriende van die student wat haar lewe verloor het, asook die student wat in die voorval beseer is. Ons is baie verlig om te verneem dat die SAPD twee verdagtes in verband met die kaping in hegtenis geneem het. Die oortreders moet met die volle omvang van die wet gestraf word.”

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van US, het sy diepe meegevoel met die betrokkenes betuig: “Ons gedagtes is by die slagoffers van hierdie verskriklike daad is. Ons wens die beseerde student beterskap toe en sal alles in ons vermoë doen om bystand te verleen – ook aan die SAPD in hul ondersoek.”

Personeel van die US se afdeling studentesake was Saterdagaand met Cornelius se ouers oor die kaping in verbinding en het begin om ondersteuning te bied.

Die twee verdagtes sal Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Lees ook: [OPVOLG] Drie in hof ná Matie se moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Riana ·

Dit is verskriklik hartseer. Innige meegevoel met die familie en vriende. Nog n sinnelose daad. Bid dat ons Hemelse Vader sal ingryp en ons Land sal red van die bose elemente.

Irma ·

Dis so erg . Ek was nou Februarie/Maart in die omgewing met vakansie. So n pragtige land.
My famlie en vriende woon hier. Ek hoop verlossing is spoedig op pad vir julle. Dit raak ons ook in die buiteland.

Frans C ·

‘n Misdaadgolf is besig om ons land te oorweldig en te midde van dit word land op ‘n skinkbord weggee’Ons gedagte is by die ouers wat ‘n kind op so’n tagiese wyse verloor het.Daar is nie woorde wat die verlies kan beskryf en vertroosting bied nie.

john samuel ·

Waarskynlik uit die (bewegende) voertuig gegooi…
Ek kan myself nie groter smart indink as die wat die kind se Ouers nou ervaar nie……

‘Cry thy beloved country’….

Leendert ·

Gee my ‘n eiland waar ek en my vriende gelukkig kan wees, ongestoord. In my taal. Gee my ‘n skip waarmee ons na die vasteland kan reis om proviant te koop, ‘n kaptein wat omgee, wat ons vertrou, en ons veilig oor die waters neem ……

Esmay ·

Leendert, uiteindelik iemand raakgeloop wat soos ek dink. Hoop ek sien jou gou daar op ons eiland!

Leendert ·

Esmay, dankie, as jy delf, mag jy my dalk raakloop. Facebook, Youtube, ek lief die natuur, skryf boeke.

nicci.doula ·

My twee seuns van 19 en 21 studeer by Maties. “Too close too home…” My hart huil vandag oor hierdie pragtige meisiekind.

Betsie ·

Het ook twee seuns daar. Die ouers is in my gebede. En ek bid daagliks vir die veiligheid van my kinders.

Jan Swanepoel ·

Almal hier in Stellenbosch is erg ontsteld oor die saak, maar tog brand niemand van die wit gemeenskap in Stellenbosch ander mense se huise af of plunder die winkels nie?! Hierdie goddelose misdadigers se name en ras sal nooit in SA se hoof media verskyn nie. Voorvalle soos dié, tesame met plaasaanvalle, gebeur daagliks en word net afgemaak as gewonde misdaad. In die Coligny, Spur en houtkis voorvalle het die hele SA egter presies geweet wat die name van die sogenaamde “wit rassiste” was?

Wat vir my die hartseerste is, is oor n week het Suid-Afrikaners hiervan vergeet. Ag nee man, dit maak my diep seer dat die pragtige onskuldige dame net n misdaad statisitiek gaan word. Ek het vrede met die kaap van die voertuig, maar hoekom die persoon vermoor!

Albert Juergen ·

Dis verkriklik kan ons self nie die smart indink waardeur haar ouers moet gaan nie! Om jou kind op so ‘n wyse te verloor is ondenkbaar! HERE wees ons asseblief Genadig en gryp in, in die sinnelose moord, geweld en misdaad in ons land! Ons innige simpatie met die student se ouers, mag ons Hemelse VADER hulle hierdeur dra!

Ouer ·

My twee kinders studeer ook daar. 19 en 20 jaar oud.Very close to home. Dit is die ergste wat kan gebeur.Sinneloos.My hart gaan uit na die ouers.Ek het nie woorde nie.Kon my kind gewees het.

EJ ·

So tragies!! Innige simpatie met families en sterkte en beterskap aan beseerde! Mag God jul toevou in Sy liefde!!

Dux ·

Leendert…jy kon dit nie beter beskryf het nie…my kinders voel presies soos jy…hier te veel moord in s.a…waar is jy veilig?bid elke dag vir hul veiligheid en hul gaan glad nie kuier plekke toe..kuier maar by huis..kry ons ordentlike kinders in my hart jammer dat hul moet in isolasie moet lewe…en die lewe nie voluit kan leef …en moet hele tyd waaksaam wees..sterkte aan familie!! Bid vir julle!!

Ann Esterhuizen ·

Ek huil oor hierdie mooi onskuldige jong meisie wat haar lewe verloor het aan die hand van gewetenlose misdadigers. Hulle beteken niks vir ons land nie! Ons soek ‘n veilige land vir almal.

Matie student ·

Ek is tans ‘n student by die univ van stellenbosch en dis regtig skokkend dat hierdie goed tussen ons gebeur. Almal op kampus swot tot laataand / vroegoggend vir eksamen en loop / ry dan terug koshuis / woonstel toe. Hierdie 2 studente het niks verkeerd gedoen nie en dit kon netsowel ek en my vriend wees.

My hart huil en my bloed kook, want ons land brand homself tot in die grond in. :(

Rikku ·

My hart huil en my bloed kook saam met jou. Ons woon in ‘n Land waar ‘n Witmens se lewe minder beteken as die afval wat weekliks by ons huise verwyder word. Oumense, word daagliks wreed vermoor. Ons pragtige jong mense het geen toekoms in die Land nie. Die hele wereld hou hulle blind en doof oor die ” White Genocide ” wat hier gebeur. My hart bloei vir die Ouers en Familie van Hannah. My hart bloei vir Suid Afrika.

Danie Koch ·

Hoe lank nog voordat hierdie slapgat regering van ons gaan begin optree teen hierdie sinnelose kriminele elemente. Ek weet nie of die verdagtes wit bruin of swart is nie, maak nie saak nie n misdaad was gepleeg en n jong onskuldige lewe moes daarvoor boet. Dis nie reg nie

Ai ·

Hoekom moet hulle die mense aanrand en vermoor? Steel is verkeerd maar hoekom nie net die kar vat en die mense uitlos nie? Dieselfde met enige huis aanval en plaas aanval. Hoekom die mense doodmaak? Besef hierdie regering dat as dit so aanhou gaan die kriminele binnekort die meerderheid van die populasie wees en hulle betaal beslis nie belasting nie!!!!

Mariette Hammann ·

Hulle doel is nie om te steel nie, maar om te moor.

Frans C ·

En terwyl ‘n gesin ‘n in rou gedompel is en ‘n daar nog ‘n onskuldige slagoffer van die huidige misdaadgolf is,word besonderhede van die man onder wie se bewind dit alles plaasvind,se
‘Dubai exit plan’ in die pers bekend gemaak.
Ja Dubai sou met behulp van die Guptas, nommer een en sy gesin se nuwe tuiste word.
Hoe het Suid Afrika in die gemors beland.

Blommie ·

Hy sal nie Dubai sy tuiste kan maak tensy hy eiendom koop of werk kry hier. Dinge werk anders hier en met sy skelm streke sal hy gou met sy dinges in die tronk sit. Hy sal defnetief nie die pyp rook hier. Dubai soos wortel voor Donkie se neus gehou vir die kaders. Ongelukkig gaan hulle daai wortel nie kan kry. Dubai is ñ duur land as jy ñ magdom vrouens en kleintjies onderhou. En saambly is taboo. So wat van sy ander vroue waarvoor hy nie ñ geldige huwelikssertifikaat het. Hy moet maar lekker droom. Hierdie land se streng wette en regulasies is nie vir mense wat glo in anargie, korrupsie en reëls buig en reëls verontagsaam.

Blommie ·

Tragies.
Nog ñ sinnelose moord. Nog ñ jongmens se lewe verwoes. En noig ñ familie in rou gedompel.
Wanneer gaan dit stop.
Here help SA!!

w ·

Ek Bid vandag ernstig en smeek God om hierdie regeringsamptenare soos mis voor di son te laat verdwyn.

al ·

Wat my verstand te bowe gaan! Dalk het hul net so baie om te verloor soos hy!

Berhalet ·

Dit raak aan ‘n mens se diepste wese, wat ‘n pragtige jong dame! My diepste medelye met familie en vriende.

Leendert ·

Hoe reis mens positeif in so ‘n land? Jy probeer jou in die natuur verloor, gryp dit aan, leef voluit al brand die kole swere op jou lyf soos jy gekasty word deur koruptes en die gevoelloses wat geen pyn voel nie.

Piero ·

Jy sit terug en doen niks(soos mense SAkaners), of jy beveg vuur met vuur en verniet dit was boos is en diegene wat boosheid aanhang, ondersteun en stilswyend toekyk.

Drikus ·

Stukkend, verstar en rou hartseer is my hart. Ons kinders is ook daar. Hoe kan mens die ouers troos? Die arme kinders het nog aan die begin van hul drome gestaan.

Ons gemeenskap skuld mekaar die saamstaan om die brutale misdaad en wanhoop om te draai. Dit begin by ons. Maar so wragtag dit begin ook by ‘n nuwe eerlike president en regering.

andrea van vuren ·

Drikus, ek vra jou met trane in my oë, waar in hierdie stukkende, moeë, verskroeide land van ons, gaan ons nog ‘n eerlike nuwe president kry? Waar, waar, waar?

rafel ·

Dit gaan nie gebeur nie. Ons trane van bloed help niks. Net die Opperhand kan ingryp.

Justice ·

En dit terwyl die ANC beraad halfhartig redeneer ongeag alle feitlike bewyse of hul korrupte,
kriminele en selfverykende president in `n staat van beskuldiging geplaas moet word of nie. My innige simpatie aan die ouers van so `n pragtige jong dogter – dit is absoluut hartverskeurend.

Bertus ·

Dat so pragtige kind op so wyse moes heengaan. My hart huil vreeslik – ons innige simpatie aan naasbestaandes.

J ·

Bitter hartverskeurend , mag elke bloed traan genesing bring wat deur gebrokenes asook hierdie geliefdes gestort word. Wil graag weer glo en hoop statisieke van MISDAAD ONDER INVLOED VAN DWELMS EN DRANK word gedoen dis waar die bose skuil.

Gideon ·

My innige simpatie met die familie en sterkte met die man in die hospitaal……

Paar jaar gelede is mense nie tydens inbrake en kapings beseer of vermoor nie…..maar nou…..dis asof misdadigers nou “toestemming” of “opdrag” gekry het om te maak soos hul wil…..kyk maar na die plaasmoorde …..eers net roof…..toe moord….nou martelling en moord. Dis is net asof iemand die opdragte afgee na onder…..tel daarby al die nuwe wapen wette wat byna verhoed dat jy jou wel mag verdedig…..nee wat……goed deurdink van jare terug af…..as dit massamoord van mense jare terug sou wees dan sou die wereld ingryp…..nou is dit onder die vaandel van misdaad. Niemand sien niks want tot statistieke word gemanepuleer. dink bietjie daaroor……ons staar die grootste moord komplot in die oe en weet dit nie.

Leendert ·

Opgedra aan die naasbestaandes, veral die ouers van so ‘n lieflike kind, ‘n gedig deur Jopie Adam:

Diep-diep in die bosse is ‘n poort na ‘n vergete land

waar ons stil dae slyt, lief en droom

en swyend luister na die voetval van die tyd

teen skemeraand, as hoop weer fluister

wie weet, iewers is daar dalk ‘n land van rus en

wie weet, waar die vlugtelinge veilig is

waar die swerwer eindelik rus en as daar is

neem my saam, neem my saam

diep-diep in die bosse is ‘n poortna ‘n vergete land

‘n eden half voltooi, half gevul

deur halwe vrede, waar die son nog skaam-skaam loer

kom kniel en wyk, voor half gebede

wie weet, iewers is daar dalk ‘n land van rus en

wie weet, waar die vlugtelinge veilig is

waar die swerwe eindelik rus as daar is

neem my saam, meem my saam

sê my, is daar iewers dalk ‘n land van rus en

sê my, is daarvêr ‘n vreemde kus

waar die swerwer eindelik rus en as daar is

neem my saam, neem my saam

wie weet

iewers dalk ‘n land van rus en

wie weet

Pers Heks ·

Ag hoe mooi Leendert …. wil ek ook sommer maar net saam huil oor die sinneloosheid en wreedheid van die daad …. die wegruk van ‘n jong dogter …. ouers wat moet agterbly en die stukke van hul hart en lewe moet optel sonder om verbitterd te wees!!!! Waar gaan als eindig!!!!

Karin Neethling ·

Sjoe dis hartverskeurend my seun ook op Maties en ek bid elke dag vir veiligheid van hom en ons ander kinders. So bly hul gevang hul moet hang..bring doodstraf terug!! So pragtige meisiekind ….sterkte aan haar ouers en familie en ons bid vir die student in die hospitaal.

rafel ·

Hartverskeurend. My hart kan dit nie meer hou nie. Ek is sprakeloos.

EvW ·

Hoeveel onskuldigge kinders moet nog boet met hulle lewens boet voor Z eendag wakker skrik en sy g…begin lig om iets te doen of gaan daar eers iets gedoen word wanner een v sy 60 kinders iets oorkom!

Joyofpainting ·

Agge Neeee!!Neeee!!Z en kie skrik wakker!!!!!my innige innige simpansie met naasbestaandes…so onnodig….sulke moordenaars hoort aan di galg.

Coen ·

My innige simpatie aan die pragkind se naasbestaandes en vriende wie se lewens so grusaam verander is. Ons bly in ons eie geskepte tronke vir veiligheid en sekuriteit, sluit deure en wees op ons hoede wanneer in die openbaar rondbeweeg word. Ironies genoeg is die pragtige kind op so ‘n openbare plek aangeval en vermoor net vir haar kar! Dis meesal oumense, vrouens en kinders wat deurloop onder die wettelose vlaag van geweld as sagte teikens en, staan weerloos hierteen. Wette om ‘n vuurwapen te kan besit vir selfbeskerming is so verander dat die risiko teen vervolging so groot geword het as jy dit gebruik, dat dit beter is om nie een te besit en eerder weerloos teen die geweld te staan. In teenstelling hiermee is die straf vir sulke geweld misdade sodanig dat dit duidelik as geen afskrikmiddel dien nie , wat duidelik blyk uit die tempo van aanmeldings hiervan. Dis glashelder wie hierdie “gangster paradise” geskep het, vraag is net hoe lank gaan ons nog ander pad gaan kyk en voor ons as potensiële slagoffers iets hieraan gaan begin doen!

Kloekie ·

So hartseer. Die arme ouers. Wie maak iemand so wreed dood vir n citigolf? Ek wonder of dit nie wraak is…..

H ·

Bring doodstraf terug!

Dit is so hartseer….

Innige simpatie met die familie!!

Alida ·

Dit is afgryslik. Foeitog arme kind. Niemand moet nou se dit was die Here se wil nie want dit was nie. Dit is die satan wat in die kriminele ingevaar het. Vieslike verfoeilike land -Ons eens mooie en veilige SA. Dit is om van mal te word.

Rohan ·

Ons moet iets doen. Kan nie net aanhou sê Here help ons nie. Dis naief.

Glenn Baard Namibia ·

Ek het die nuus vroeg vanoggend gehoor en ek en my vrou is hewig geraak daardeur.
My 22 jarige dogter is finale jaar in Stellenbosch en ons is elke dag bekommerd oor haar.
Ons innige meegevoel gaan uit aan hierdie pragtige kind se ouers en familie.

Suid Afrika is n gemors en ons is bekommerd oor die toekoms van ons kinders en kleinkinders wat daar woon.

Bobby ·

Die mooi kind!! Ek kan dit nie meer vat nie. sal die situasie dophou. Ek waarsku!! Moet nie die manne borgtog gee nie.!! Dit is hoe ek voel.

Eish ·

Dis die jackpot vraag. Gaan groot jammerte wees as vigilantes en masse gaan opstaan omdat hul gekrap word waar hul nie jeuk nie. Net omdat die sleepsel Afrika se regering sy eie burgers aan n vloedgolf van geweld oorlaat sodat daar genoeg van n rookskerm is waaragter die land se bates gekaap word. Die vigilante groep bestaan reeds in sekere woonbuurtes, bekend as “street committees” Waag dit net iets verkeerd doen daar, jy word blitsvinnig aangekeer, verhoor en gevonnis.

Jan ·

Verskriklik!
Ek Kan nie glo hoeveel mense hier sê Zuma en regering moet iets doen nie?
Mense besef. Hulle gaan NIKS doen nie!
Hulle gee nie om nie!
Word wakker en kyk on julle rond!
Die enigste manier om ons uit hierdie situasie te kry is om dit self te doen.
Vergeet die DA en ANC. Hulle is dieselfde.
As ons Langer wag. Is dit more ons eie kinders!
Quo Vadis Afrikaner?

Zeus ·

Moet nie die strate van SA loop sonder dat jy bewapen is nie. Gee nie om waar jy is nie. Geen plek in die land is 100% veilig nie. Of dit nou n studente dorp is of JHB CBD moet nie rondloop in die vroe oggend ure as jy nie jouself kan verdedig nie.

Rox ·

Jy is nie eers in die dag veilig op die strand nie. My broer is van sy selfoon beroof nadat die dief met n mes gedreig het om my aan te val indien my broer nie sy foon wou oorhandig nie. Ongelukkig vereis sy tiepe werk dat hy ten alle tye die foon by hom moet dra. Ek wantrou nou almal om my. My innige meegevoel aan die ouers. Dit is so tragies. Ek haat hierdie land danksy die patete wat inbeheer is van die land. Hulle is 100% die oorsaak aan al die misdaad in die land. Hulle gee nie om wat gebeur nie solank hulle 24/7 opgepas word.

Jan ·

Die realiteit is, more, oor ‘n paar uur, nee, sommer terwyl ek hier tik, is die volgende trauma besig om op ons skerms af te speel.

En die beterweters het gedink die vertede was so boos.

Die realiteit is, Zuma is verkies en daar volg nog. Julius? Waarom is sodanige mense populêr?

En die toekoms, na 50 jaar?

Die liewe Vader behoede ons.

Engela de Klerk ·

O, Hemel, hierdie meisie is pragtig. Haar glimlag sny deur my hart en ek ween. Ek ween vir haar verlies en ek ween vir haar ouers. Ek ween vir haar vriend, wat haar nie kom beskerm en ek ween vir Suid-Afrika, want julle het ‘n pragtige, kosbare dogter verloor. Ek ween, want môre is dit weer so.

Leendert ·

Engela, die President van die land was dan destyds hoof van die ANC se intelligensie. Daar het snaakse dinge onder hom plaasgevind. Hoe dink jy ervaar so ‘n mens trauma? Vir hom is als soos opstaan, aantrek, ‘n alledaagse taak, hy ervaar geen stress nie. Dit is normaal .

Suzie ·

Sy moes so bang gewees het, dis verskriklik… ek weet nie hoe haar ouers hiermee moet saamleef nie. Hoekom het hulle nie net die kar gevat nie, hoekom ‘n weerlose jong vrou seermaak en vermoor? Daai verdagtes moet in die straat afgelaai word en die mense moet met hulle afreken. Hulle moet voel soos wat sy gevoel het!!!

Mulder ·

News 24 het ‘n video op waar hulle hardloop nadat hulle met die blou Golf vasgetrek is.

Cheers ·

Mag my kind so gou as moontlik SA verlaat, jy mag nou nie eers meer ‘n sorgvrye student wees en saam met jou vriend erens heen ry en bietjie gesels nie. NEEWAT SA het ‘n moorddadige land geword en MEESTE moordenaars word nooit eers gevang nie .. Sterkte aan haar familie en naasbestaandes, dit is een ding om die moordenaars te vang, dit is iets anders om hulle gevonnis te kry en in die tronk te hou. Agneewat ek het moed met SA en sy regstelsel en misdaadvoorkoming, of eerder gebrek daaraan VERLOOR!

ouer ·

Ek rou en treur saam met die familie van die vroue student.

Hierdie aanval en moord het sover ek kan agterkom in Bird Street Stellenbosch gebeur waar baie studente rondbeweeg. Dit is dus die Universiteit se plig om hierdie studente in hierdie studendorp te beskerm.

Ek sal dit waardeer indien die universiteit hierop kan reageer en ook dat Maroela op die saak kan ingaan. Ek is seker baie ouers voel so met kinders wat daar studeer.

Gert ·

Hartverskeurend… Weet net God is in beheer van alles en laat soms dinge toe wat ons nooit sal verstaan nie. Ek is seker dat sy nou wel saam met Hom is en dat niemand haar uit sy hande sal kan ruk nie, NOOIT WEER NIE !!!!. My innige simpatie aan haar familie!!!! Ons bid elke dag vir alle mense soos die wat nou n geliefde verloor het.
Alle sterkte, julle sal mekaar wel eendag weer sien. Alles wat ons nou as mense deurgaan is net tydelik.
Sy was werklik pragtig!

Summerfield ·

Ja, dit is vreeslik. Maar soos ek die kommentaar lees, blyk dit vir my dat mense dink hierdie soort ding gebeur net in SA. Nee wat, reg oor die wereld is dit maar die selfde storie. Ek bly in Amerika, en is redelik veilig hier in die staat waar ons bly. Maar gaan maar na die stede en meer dig bevolkte state – die sinnelose moorde is ook maar net so volop hier . Simpatie met haar ouers. Ek kan my nie inding hoe mense so ‘n verlies ooit te bowes sal kan kom nie.

Adri ·

So baie jammer vir hierdie kinders se ouers. En sterkte aan die jongman wie se lewe ook in ‘n oogwink onherroeplik verander het.

Stellenbosch is ongelukkig besig om in die grootste hool ooit te verander. As die son sak lyk dit soos ‘n Nigeriese stad soos dwelmhandelaars rond hang. Die bekoring is weg. Almal is teikens.

Dis nie wys om daardie tyd van die nag in ‘n voertuig te sit, sonder deure wat gesluit is, of dalk ‘n afgedraaide ruit nie.

Dis tyd dat ouers hulle kinders beter inlig, maar ook besef hoe dit hier lyk. En sonder behoorlike polisiering en wetstoepassing en ZERO TOLERANCE wat van die boonste gesag van die dorpsbestuur moet kom, sal ons Nigerie bly.

Bokram ·

My hart gaan uit na hierdie pragtige kind se ouers,ek wonder of ons president die mense ook gaan ondersteun of geld aanbied?

Mielie ·

Die vrees wat Die arme kind moes deurgaan…….Vader wat gaan van ons word? Dis sulke wreede mense. 3 teen n veel jonger meisiekind. Wat n spul lafaards.

Cornelius du Rand ·

Wat nog meer tragies is selfs in die Afrikaanse media ( Maroela ingesluit) is dat ons baie duidelike berigte kry van ” SWART” mense wat dood is waar ” WIT” mense as verdagtes gesien word soos die Coligny debakel. Wanneer wit mense egter die slagoffers is en swart mense die verdagtes word almal kleurloos voorgestel. Hoe regverdig is die media – Maroela ingesluit? Of is hulle bloot bang vir die regering en massas. Wat is dit anders as omgekeerde appartheid en volksmoord teen die witmens wat in die minderheid is.

Jan Swanepoel ·

Maroela Media, hoekom het julle nou nog nie my kommentaar van gister geplaas nie? Kan ek dalk n antwoord kry van julle kant af. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.