Matie-student permanent geskors ná urineer-voorval

Theuns du Toit

Die Universiteit Stellenbosch (US) se sentrale dissiplinêre komitee (SDK) het bevind dat daar geen alternatief is as om Theuns du Toit (19) onmiddellik en permanent uit die universiteit te skors nie.

Du Toit het op 22 Junie voor die SDK, bestaande uit vier onafhanklike komiteelede wat ingevolge die universiteit se dissiplinêre kode aangewys is, verskyn.

Hy is in Mei voorlopig geskors nadat hy op sy medestudent Babalo Ndwayana se besittings by die Huis Marais-manskoshuis geürineer het. ʼn Video van die voorval is wyd versprei en het hewige reaksie uitgelok.

Du Toit het vyf werksdae om aan te dui of hy teen die SDK se bevindings en/of sanksies gaan appelleer.

Die SDK het Du Toit skuldig bevind aan die oortreding van verskeie klousules van die universiteit se dissiplinêre kode vir studente. Hy is ook skuldig bevind aan die oortreding van die gewysigde koshuisreëls.

Volgens die SDK is alle sake vertroulik, maar is daar ná beraadslaging besluit om die bevindings van Du Toit se tugverhoor openbaar te maak.

“Die US veroordeel enige vorm van rassisme, diskriminasie of enige ander vooroordeel ten sterkste,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê in reaksie op die uitkoms van Du Toit se tugverhoor.

“Menswaardigheid is ononderhandelbaar by die US en moet gerespekteer en gehandhaaf word. Daar is geen plek vir rassisme of viktimisering van enige aard by die US nie.”

Prof. Deresh Ramjugernath, viserektor: leer en onderrig, het in reaksie op die uitkoms gesê die SDK funksioneer onafhanklik van die universiteitsbestuur oor sake wat dit aanhoor en in sanksies wat opgelê word, asook dat behoorlike prosesse deeglik nagekom is, waaronder deeglike ondersoeke wat gedoen is.

“Die universiteit het hierdie saak in ʼn uiters ernstige lig beskou. Dit was duidelik deurdat Du Toit onder meer aanvanklik tydelik uit die universiteit geskors is, terwyl oudregter Sisi Khampepe aangestel is om ʼn onafhanklike kommissie van ondersoek na beweerde rassisme by die US in te stel.

“Die universiteit duld onder geen omstandighede enige rassisme, diskriminasie, vooroordeel en gedrag deur studente wat die waardigheid van iemand anders aantas nie. Die US se bestuur het kennis geneem van die SDK se bevindings en sanksies wat opgelê is en sal die SDK se bevindings bestudeer,” het prof. Ramjugernath gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Keelvol ·

Dit was n oorbodige straf….. Stellenbosch diskrimineer teen die wittes.

George ·

Waar diskrimineer hulle? Omdat hy gepee het op ander se goed? Dis die feit.

Vexed ·

So waar, ek het gevind dat, hoe verder en vinniger mens van Stellenbosch en Stellenbosch Universiteit kan weg kom hoe beter.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy het seker vanoggend uit die Ou Testament gelees.

VaalDonkie ·

As dit my seun was sou ek hom ‘n Bybelse loesing toegedien het en dan ‘n prokureur aangestel het om die straf effe ligter te laat maak.

annie ·

Waar is die stem van sy edele die rektor of het hy dalk ook nou covid? Soos by die UV destyds gaan hierdie kwessie wat so baie ander se ego’s of regte gestreel het nie hier eindig nie. Die hele sage in Bloemfontein het die destydse rektor uiteindelik sy pos en sy geliefde onbetaalbaar duur tjello gekos. Hy speel glo nou op sy swart geduco-de beauty… futuristies getune.

Strandloper ·

Toe ons jonk was het ons erger dinge tussen ons aangevang met ontgroening . Jammer sommige is plein sussies. Was dit tussen twee boer klonge sou niemand n oog geknik het nie.

George ·

Maar dit is nie tussen broers nie, of julle “erger” goed gedoen het is nie van sprake nie. In daai geval, kan ek mos dan se daars erger strawwe as n skorsing, wat die mannetjie die sussie maak? Noem my dan maar n sussie, maar sal jou ook hof toe sleep as jy op my goed kom badkamer maak, as jy nie in n samelewing kan bly nie, moet jy verwyder word.

Termiet ·

Almal hardloop deesdae net hof toe . Te lamsakkig om hulle man te staan.

George ·

As jy jouself so wil gedra, moet jy maar die gevolge dra, groot man gewees voor die kamera, vat jou pak soos die groot meneer wat jy is.

Vexed ·

Wat hy gedoen het is onaanvaarbaar, maar nie rassisties nie. Dit word nou as rassisme uitgebeeld omdat hy ‘n wit Afrikaner is. Vir daardie rede sal ek hom ondersteun. Reg of verkeerd. In ons “samelewing” maak dit net sin.

George ·

Dan is jy deel van die probleem. Dis hoe almal in SA dink, as “my volk reg of verkeerd is” staan ek saam met hulle. Dan kan jy mos nie moan oor die nie, want volgens die ander nasie, reg of verkeerd, staan hulle saam.

Kirst ·

Op skool is hy gespot deur sy wit maats omdat hy so baie anderskleurige vriende gehad het. Dit was vir seker nie ‘n rassistiese voorval nie. Drank

VaalDonkie ·

Dis g’n normaal om so te wees nie. Ek skaam my altyd oor wat my volk dink aanvaarbare gedrag is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Branwewyn het nie brieke nie, Vaaldonkie.

piet ·

Hy was nie so gesuip dat hy nie geweet het wat hy gedoen het nie. Nee wat, moet maar die punch vat.

George ·

Hy het op video, op n ander se besittings badkamer toe gegaan, en julle voel hy is die victim?? Nee wat, nou moet hulle hom vat vir skade.

VaalDonkie ·

Ek dink die straf is effe swaar, maar daar moet definitief gestraf word.

Irene ·

Seker die domste ding wat jy (student) nou nog aangevang het…..ai toggie

George ·

Wat op kamera is, wonder wat het die mannetjie gedoen agter geslote deure.

Vexed ·

Waarskynlik niks meer of minder as enige ander student nie. Mense vergeet soms dat ons in ‘n diep rassistiese wêreld bly. Wees versigtig wat jy doen want rassisme teen wit mense sal vir lank nog voortsleep. Ons kan bo dit uitstyg.

George ·

Soos om nie te urineer op ander se goed nie?? My studente lewe het ons nooit op ander se besittings geurineer nie, maak nie saak hoe dronk nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

George, jou studente dae was seker bra vervelig.

George ·

Ek het, veral as almal opstaan vir n mannetjie wat op ander urineer.

Groen-oog ·

So sal daar van ons n voorbeeld gemaak het en hulle kry net n
“WE KNOW ITS YOUR CULTURE TO PEE EVERYWHERE BUT NEXT TIME PEE ON A TREE. GO BACK TO YOUR CLASS.

EINDE VAN DIE STORIE EN SY FOTO SOU NIE PUBLIEK GEMAAK GEWEES HET NIE.

melaney ·

Ek het elders gelees dat die jong man baie vriende het wat anderskleurig is en hulle beskou hom nie as rassisties nie. Duidelik word enige gebeurtenis as ‘n rasse aanval beskou. Die mannetjie sal nou op die harde manier leer. Jammer.

George ·

“im not racist because I have black friends” – is dit jou defense? Malema het ook wit pella in Europa en van Suid Afrika, so volgens jou redinasie, kan hy dan nie rasisties wees nie?

Christelle ·

Dis onnodig, die saak kon heel anders hanteer geword het.

George ·

Moenie peepee op ander nie, en jy sal okay wees. Eenvoudig.

yahneh ·

So onnodig. So hartseer.

Jammer jong man, jy het verkeerde keuses gemaak, dra nou die gevolge daarvan en vat jou pak soos ‘n man. Mag jy ongeskonde anderkant uitkom en bowenal iets hieruit leer.

Nierkie ·

Ou Theuns het nie ‘n kat se kans gestaan nie. Die US se bestuur en die sentrale dissiplinêre komitee is darem seker nou trots op hulle-self. My aanbeveling aan Theuns is, gaan studeer oorsee, want hier gaan jy altyd die Stellenbosch Urineerder wees – wat amper erger is as ‘n moordenaar.

Chavonne ·

en 1 onsinnige oomblik bepaal sy lewe vorentoe. nou gebrandmerk tot einde. kinders, dink voor julle sulke goed aanvang! op daardie gegewe tyd dink jy dalk dis vrek snaaks, maar kyk wat gebeur!

Frank ·

Studente vang DIKWELS die onnoselste en stupidste goed in hulle studente jare aan waaroor jy later dink “hoe kon ek?”. Maar dit was nog altyd deel van student-wees. Die verre minderheid is nie op een of ander stadium laf in hulle studentejare nie. En alkohol speel dikwels ‘n groot rol, of groepsdruk.
Maar om hom te skors is verregaande, politiese korrektheid (waarvoor US lyk my deesdae staan).

piet ·

Dit was nog nooit deel van “studentepret” om op ander studente se goed te urineer nie. Sies man, dis vieslik.

Di ·

Ongelukkig moet mens die gevolge dra van jou dade! Mens weet al teen DIE TYD wat die reaksies op hierdie tipe gedrag gaan wees, maar nee, vang steeds sulke snert aan. Hy het nou sy eie toekoms verwoes.

piet ·

Niks van die tyd nie. Hierdie was nog ALTYD onaanvaarbare gedrag,

Kokerboom ·

Studente doen soms onverantwoordelike dinge en ek keur nie sy aksie goed maar RERIG US???!!!!!! Ek stem Christelle..die saak kon anders hanteer word veral as hy opreg om verskoning gevra het!!!Ander motiewe????? Sal nie verder uitbrei.
Theuns gaan studeer by Akademia

Yolandie ·

Om outomaties net aan te neem dat die voorval rassisties gemotiveer moet wees is wat juis die probleem is. As dit ‘n nie-blanke was wat dieselfde gedoen het sou daar geen haan agterna gekraai het nie. Maar nou is dit dié jong man. Geen ander logiese motief word eers geentertain nie. Sê ek hiermee dat wat hy gedoen het reg was NEE glad nie (dit was sommer plein weg stupid). Om sy toekoms met die voorval te verwoes is skoon ontsinnig, maar miskien is dit juis die doel.

yahneh ·

Juis daarom dat hy twee keer moes dink (as hy in ‘n toestand was om te kon dink), ek twyfel of enige regdenkende mens onbewus is van dit wat in ons land om ons aangaan. Enige verskoning om die rassekaart te speel. Alhoewel ek dink alle rassekaarte behoort die rooi kaart te kry. Met permanente gevolge. Dit is so holrug gery, dit maak naar!

Kobus ·

Goed. Meeste lesers veroordeel en gooi klippe. Geen probleem. Vraag is – Waarom word daar nooit sulke drastiese stappe teen brandstigters, vandale, plundelaars ens ens wat UV’s se reels oortree nie? Stap weg jongman, daar sal hopelik ‘n ander instelling wees wat jou sal toelaat. Die arme benadeelde en sy pa het gekry waarvoor hulle gevta het. Punt.

Vexed ·

Interessant dat hulle sê dat daar geen rassisme geduld sal word nie en dan tree hulle blatant rassisties op. Ek het gevind dat as mense so diep oneerlik is moet jy liewer die hasepad kies.

yahneh ·

Dis die ironie van die saak. In lyn met die blatante korrupsie. Realiteit is dit is wat dit is. Net om die woorde te uiter laat ‘n bitter nasmaak. As ek na die jong man se foto kyk, kry my hart seer…

Albertus ·

Dit was verkeerd van die laaiti, oorsee is maar jou enigste way, en moet nie weer so n dom ding aanvang nie, jammer die rasse kaart is weer gespeel die klomp lafaards

Papsak ·

So wen kleur weereens want alles moet moet in hulle guns draai en gewen word

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat die laatjie gedoen het was verkeerd. Maar permanent skors? Hy gaan bars om weer elders toegelaat te word. Kyk, indien die swart student die skuldige was sou hulle hom waarsku, sy agtergrond as voorheen benadeelde in ag neem, hom stuur vir diversiteits opleiding, nee sommer die hele varsity sou dit moes bywoon. In Europa en Amerika sal minderhede beter behandel word.

VaalDonkie ·

Ja ek het gereken skors hom tot volgende jaar. Permanent is rof.

Madelein ·

As ek hy was, sou ek appelleer. Hy kan eerder gestraf word met “community service” of iets. Mens betaal duur vir foute wat gemaak word, maar ek dink nie die universiteit se besluit is korrek om hom permanent te skors nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy sal hom seker tot die hof wend. Maar dis duur. Vertrou daar is prokureurs wat sal help.

Swerwer ·

Mag die Universiteit net onthou om die “gedrags kodes” ten alle tye op al die studente toe te pas.
Jammer seun dat jy geskors is, die SDK was nooit jonk nie, hul het nooit ‘n voet oortree of enigsins ‘n voet verkeerd gesit of gekuier nie. ‘n Wonderlike verrykende voorspoedige lewe word jou toegewens.

Waarnemer ·

Theuns daar is uitkoms….gaan studeer by Akadamia…..

Jannie van Niekerk ·

Daar sou absoluut geen nuuswaarde in die voorval gewees het indien ‘n swart student die oortreder was en ‘n wit student die slagoffer nie. Of dit nou moord, belediging of enige ander oortreding teenoor wittes is, die swartes he tdie ” volste reg” om wit mense te benadeel. Slegs wit mense is mos “rassisties.” Kyk maar net die MRK as voorbeeld. Mnre Gaum en Nissen weier om enige swarte te vervolg wat menseregte oortredings begaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

My familielid het klas gegee by ‘n oorwegend swart universiteit in Limpopo. Hy sê dieselfde voorvalle vind daar plaas,maar word nie aan die groot klok gehang nie. Hy het ‘n walgelike geval ondersoek waar ‘n vrou opsetlik op ‘n slapende een opgegooi het. Die skuldige is nie eers geskors nie.

Pietertjie ·

Laat dit vir hom (en ander studente) ‘n les wees: julle is daar om te studeer, meestal op ander se onkoste! Julle is nie daar om te suip nie!

Danie ·

Wat vd verkragtingsaak wat ongeveer in dieselfde tydgleuf plaasgevind het? Seker toegesmeer….

Renee ·

Ja nerens word dit eens genoem nie,die verkragter het seker n aplous gekry dit hoekom ons niks hoor van sy saak nie. Ras speel defenitief in hierdie geval. Die slagoffer het baie meer skade gely as die saak

Anonymouse ·

Sy eerste grootmens les: Daar is nagevolge vir ons aksies.

yahneh ·

“Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi”.

Kobus ·

Stem. Blykbaar is meeste lesers wat kommentaar lewer engeltjies. Ek meen, hulle het nog nooit iets verkeerd gedoen of gesê nie. Hy het ‘n fout gemaak. Het hy verkrag, aangerand, gebrand ,geplunder? Die arme bloeitjie en sy pa is sekerlik ook so wit soos sneeu. Ek vertrou die jongman het ‘n les geleer en dat hy wel by een of ander instelling toelating sal kry.

Renier ·

Ligte straf,ek sou hom hospitaal toe gestuur het as dit my goed was.

Voilet ·

As dit nou nie wit was nie dan sou die ou seker nog borgskap gekry het. Maar ja alles is teen ons wit mense en die res kom weg

ES ·

Jammer maar dit is ongelukkig ‘n gepaste straf. As iemand op my besitting urineer – grap of nie – vertel dit vir my baie van jou karakter. Dis NIE ‘n grap nie, dit is onaanvaarbaar.

Jy is 19 jaar oud, ‘n grootmens in die oe van die gereg, en jy weet van beter. Ons benodig goedgemanierde, ordentlike mense om hierdie land reg te ruk. Ek was ook stout en het simpel dinge aangevang to ek jonk was maar ek het nog nooit iemand se menswaardigheid so aangetas nie.

WEES BETER.

Republikein in die Wes Kaap ·

Voorheen sou die ander studente ‘n tonnel vorm waardeur hy moes kruip. Dan looi hulle hom met nat handdoeke. Oor 3 jaar lag almal daaroor.

Wiehan ·

Ai tog, ons was ook jonk en het dom dinge gedoen en eerlikwaar, hierdie is nie baie ernstig nie. Marr ja, ras is die probleem. Theus, gaan studeer by Akademia Universiteit. Daar sal jy nie probleme he nie

Sedwig ·

“hiedie is nie baie ernstige nie” sies man watter ordentlike mens doen dit?

Marianna ·

Wat het geword van die verkragtingsaak in dieselfde tyd op dieselfde kampus? Wie was die verkragter en wat het van hom geword?

SjN ·

Theuns, enige een maak so nou en dan n foutjie gedurende sy lewe, tel jou kop op, groet die universiteit en gaan aan met jou lewe, hul is nie die alfa en omega nie. Daar is verskeie ander opsies en keuses. Sterkte vorentore.

Dries ·

Belaglik. Ek was in n koshuis toe ek geswot het. Die pelle wat saam my gery het het gesukkel om my elke oggend wakker te kry. Eendag toe ek nog so lê en slaap staan hulle om my bed en urineer my wakker. Tot vandag lag ons nog daaroor

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons het lesse op die harde manier geleer. Vandag se jong mans is pateties.

Johann ·

As ek reg verstaan was daar ook ‘n verkragtings saak in dieselfde tyd Wat het van dit geword? Of is dit nie teen sanksies en reëls en WETGEWING nie?

Niklaas ·

Dis moeilik om jammer te wees vir hierdie onvolwasse seun . Wie sal daarvan hou as iemand dit doen met en op jou laptop en boeke ? Dit het niks met rassisme te make nie. Kan dit glad nie goed praat nie. die afduime kan nou maar volg , maar ek het weinig simpatie met sy lot.

Groen-oog ·

Die jong man is nou Geskors. Maar die arrrme slagoffer se pa vat die jong man nou privaat aan want sy arme onskuldige bloedjie ondervind vreeslike emosionele trauma.

SAL ENIGE IEMAND SOMMER UIT DIE BLOUTE OP N ANDER SE GOED URINEER?

HOEKOM WORD NET DIE 1 KANT HEELTYD GESTEL EN NIE IETS WAT DIE JONG MAN SE NIE.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sal ‘n ding wees indien die hof die saak verwerp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.