Matie wou medestudent ‘verneder’ – RHO

‘n Skermgreep uit die video.

Die Raad vir Hoër Onderwys (RHO) glo die optrede van die student aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat op ’n ander student se besittings geürineer het, strek veel verder as ʼn fisieke aanval op persoonlike eiendom.

“Die bedoeling was duidelik om ʼn swart student te verneder, van menslikheid te ontneem en om sy wettige reg om aan hierdie openbare universiteit te studeer te bevraagteken,” meen dr. Whitfield Green, uitvoerende hoof en woordvoerder van die RHO.

Maroela Media het vroeër berig ’n US-manstudent het Sondag in die vroeë oggendure ’n slapende eerstejaarstudent se koshuiskamer in Huis Marais binnegegaan en op dié se lessenaar, handboeke en skootrekenaar geürineer.

’n Selfoonvideo van die voorval is op sosialemediaplatforms gedeel en het hewige kritiek ontlok. Die US het intussen die student voorlopig geskors.

Die RHO doen nou ’n ernstige beroep op die US om die strengste moontlike stappe teen die oortreder te doen en die slagoffer en almal wat deur die voorval geraak word die nodige ondersteuning te bied.

“Die menseregte van hierdie student is ernstig geskend en die uitwerking hiervan kan moontlik ʼn negatiewe impak op sy welstand op die langer termyn, sowel as ʼn impak op sy akademiese prestasie veral met die eksamens om die draai hê,” sê Green.

Green sê voorts die RHO veroordeel nie net die voorval ten sterkste nie, maar ook die onderliggende kultuur van rassisme in ’n demokratiese Suid-Afrika.

“Rassisme en alle ander vorme van onderdrukking en geweld moet heeltemal uitgeroei word in ons hoëronderwysstelsel en in ons samelewing.”

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Volgens Green behoort die US van die geleentheid gebruik te maak om te besin oor hoe transformasie by die instelling bevorder word.

“In watter mate is die transformasieprojek ten volle aan die gang en word daar vordering by die universiteit gemaak? Of is dit ʼn teken van ʼn instelling en ʼn institusionele kultuur wat grootliks ongetransformeerd bly?

“Soos alle universiteite in ons land is die US ʼn nasionale bate, en om daardie rede, onder meer, moet dit [die universiteit] verseker dat sy reputasie en legitimiteit nie besoedel word deur dade van rassisme deur sommige binne sy gemeenskap nie.”

Herman Mashaba, leier van Action SA, het op sy beurt gesê die party hoop dat die US hierdie voorval sal gebruik om sy integrasiepogings op te skerp om te verseker dat soortgelyke voorvalle nie weer plaasvind nie.

“Ons doen ʼn beroep op studente aan universiteite landwyd om vir mekaar op te staan ​​en te help om omgewings oor kampusse heen te skep wat dit moeilik maak vir diegene wat wil hê dat ons deur hul afgryslike gedrag na toestande van voor 1994 terugkeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

PoepieDik ·

Gooi daai klippe Hester. Moenie alles glo wat ons treurige hoofstroom media wil he jy moet glo nie. Kyk die video en se my waar is die sogenaamde “rasse ding” nou eindelik. Dis n dronk student wat droogmaak maar so storie pas nie die media nie en dus moet die holruggeryde ras kaart weereens gespeel word

Racheltjie Debeer ·

Ek stem saam. Dis duidelik die student is dronk en weet tien teen een nie eers wat hy aanvang nie. Maar die klomp loop almal met ‘n helse chip op die skouer so natuurlik sal dit nou weer ‘n ras ding word! Niks gaan ooit regkom in die land voor almal nie ophou om alewig die ras kaart te speel nie.

Perdeby ·

Ag shame dit is student of hy nie mooi gelees nie. In die ou bedeling het hulle dit kattekwaad genoem, gelukkig wil die “swart” student se ouers dit soos volwassenes uitsorteer.

VaalDonkie ·

Kattekwaad is een ding. Hierdie is vieslike gedrag waarvoor daar geen plek in die samelewing behoort te wees nie.

Heinrich ·

Ai, die dinge deur ‘n SA bril: wit op swart diskriminasie. Dinge deur ‘n gewone bril sou wees een student urineer op ‘n ander se besittings agv verskille. Nou is dit tog weer net ras wat raakgesien word. Ek het nog nêrens gelees wat sy motivering was nie, of was die slagoffer in hierdie verhaal ‘n engeltjie?

Windhond ·

Sover het ons gelukkig nie meer openbare skiet episodes soos in Amerika se epidemie nie – Die Wit wolf was die eerste en sover die laaste, kom ons hou maar ons asems op

Hennie Biebouw ·

Massa skietvoorvalle trek ongelooflik baie aandag, wyl die dood van 20 000 Suid -Afrikaners jaarliks bykans geen aandag trek nie.

Linda ·

Presies en die nagevolge van sy dade kan miljoene der miljoene se skade vir Stellenbosch meebring sou die EFF nou weer opruk in hul massas om alles brand te stig en te verwoes.

Windhond ·

Pappie het baie geld, hy weet seker nie eens wat sy studente fooie beloop nie, sal maar nou by die familie leeg le

Toy ·

Wat het deur sy kop gegaan, hy weet mos daar gaan iets kom van sy optrede, mens moenie so laag daal om so op te tree nie. Sy toekoms le voor hom en in ‘n paar minute voeter hy dit op.

Swerwer ·

Stem 100% saam met jou. Aan die ander kant was jy ook jonk en jy weet dat ‘n klomp studente wat onder die invloed van drank is mekaar uitdaag en baie eienaardige dinge kan aanvang. Waarom het die slagoffer dan ‘n video op sy telefoon gemaak van die voorval en nie opgestaan en die student weggestoot of geklap nie. ‘n Saak het 3 kante, die middel een is die waarheid.

VaalDonkie ·

Dis die regte besluit gewees om die video op te neem. Sal handig wees as jy ‘n saak wil maak of vir die wereld wil wys watse onbeskofte goed jy ‘n koshuis mee moet deel.

JohanEtz ·

Dankie jou edelvog, van jou kry studente nooit genog……

Windhond ·

“Sekere studente” nooit genog……………………daar moet mos maar altyd n “clown of the town” wees wat ding te ver voer

krodedil ·

Dis seker ‘n siek grap gewees. Alles word wit op swart rassisme afgemaak. Draai dit om en dan is die volgende seker ook waar. Elton Jantjies het seker ook die wit lugwaardin verneder en van haar menslikheid ontneem. Seksisme op sy beste.

Misky ·

Hierdie is ‘n uitsonderlike voorval en dis nie asof dit daagliks gebeur nie. Hulle wil nou veralgemeen en voorgee dat dit aanmekaar gebeur. Straf die individu en nie alle blanke studente nie.

VaalDonkie ·

Afrikaner seuns is nogal baie so. Of ten minste die spul saam met wie ek op skool was daar in Welkom omgewing. Koshuislewe is amper soos dit in die tronke gaan in die flieks. Daar is altyd ‘n groepie wat soos ‘n trop bobbejane rondloop en die res intimideer en verneder. En as jy iets doen, dan word jy aangerand en die skoolhoof waarsku jou dat jy geskors gaan word as jy dit weer doen.

Gerhard ·

Hy kry nou seker die aandag wat hy wou gehad het. As jy so iets doen terwyl n video geneem word wil jy adverteer wat jy doen. Skors die vark en kry klaar, ongeag wat sy bedoeling was.

Carin ·

Ja natuurlik het alles hier te doen met velkleur en niks anders nie. So siek hiervoor.

Wat op dees Aarde ·

Let bietjie op. Alles oor die hele wêreld heen gaan oor velkleur. In Amerika, velkleur, in Engeland, velkleur. Die lys gaan aan en aan. Ons as mense moet beter begin doen en nie alles op kleur wil basseer nie. Veroordeel die daad, los die kleur uit.

Carin ·

Net so, @WatopdeesAarde. Dis moral decay – die hele wereld. Hierdie is bloot swak opvoeding en ‘n gebrek aan waardes en respek. Dit is skandelik. Maar al wat die wereld sien is velkleur.

domheks ·

Sekerlik voggies wat so iets laat doen! Deur vriende uitgedaag.

Delene ·

Name en Shame die Knaap! Dis nou sy en sy ouers se beurt om verneder te word!

Francois ·

Sy naam is Theuns du Toit volgens ‘n opvolg artikel deur News24. Elke lewensbesluit het gevolge, hetsy positief en/of negatief en hy sal nou moet saamleef met die gevolge van dié besluit van hom. Weet nie hoekom daar ‘n gevoel is dat sy ouers verneder moet word vir sy besluit nie maar aangesien sy naam nou bekend is, sal dit sekerlik nou ook ‘n gevolg van sy besluit wees.

Wondermaarnet ·

‘n Ouer kan nie verantwoordelik gehou word vir ‘n volwasse kind se optrede nie. Hoekom moet hulle nou verneder word Delene?

Zollie ·

‘n Mens kan party kinders hoe goed opvoed, maar as hy uit die huis is of by sy pelle is, is hy ‘n ander kind. Ek neem aan jy ken die ouers.

PoepieDik ·

Ek het die video herhaaldelik gekyk en geluister. Dit wat die dronk knaap nou toegedig word is loutere snert en word tipies soos alles deur verveelde joernaliste uit proporsie opgeblaas. Hierdie was n dronk student wat weliswaar walglik opgetree het maar ek is oortuig hy weet nie eers mooi waar hy is nie. Sy gemompel kan niemand ontsyfer nie en die hele rasse ding is bloot n narratief deur joernaliste.

Di ·

Kan ‘n mens jou eie toekoms so vernietig? Seker hy is nou BAIE spyt oor dit wat hy gedoen het.

Deon ·

Hy het om verskoning gevra, die “SLAGOFFER” het gese hy sal hom vergewe (nie seker of dit afgehandel is nie). Indien hierdie insident in bv 1985 sou gebeur, hoe sou dit hanteer word?
Mense wat nie fouteer nie is nie mense nie.

Twallie ·

Duidelike dronk student wat nonsens aanjaag. Nou is dit ‘n rasse ding wat holrug gery gaan word en ons gaan nou weer nooit die einde hoor nie.

annie ·

Kyk, die klaer is duidelik nog lewendig genoeg om baie te praat. Gebeure het aaaaltyd ‘n aanloop en ‘n rede… reg of verkeerd. Daar is baie meer woorde in woordeboeke as rassisme maar wanneer ons bou aan ons nuwe nuwe toring van Brabel gaan die vonke wel spat soos die brouwerk probeer vorderse. Iemand wat links en regs vergewe het beslis ook ‘n paar grillige rotte iewers in ‘n laai… Hulle spring mettertyd uit. Wag en kyk.

Lida ·

Skors die klein mis gebak en sorg dat geen universiteit hom mag inneem of selfs tot van aanlyn studies geblok word. Kyk ek glo in regverdigheid want ek sal ook nie daarvan hou as dit omgedraai was.

PieterJ ·

Ai, en hier begin die politieke oorlog weer, skielik gaan die molshoop weer groter as Everest wees.

Wondermaarnet ·

Ja en verbasend het malema nog nie sy stuiwer in die armbeurgs gegooi nie.

Roek ·

Hoe maklik kan ‘n mens die hele volk in die skande steek , maar moet ek se ,word uitgedaag deur sommige klaers , neem dit af en dan draai hul teen jou , die feit van die saak is MOET DIT NIE DOEN NIE, watse opvoeding het jy gehad indien jy selfs as ‘n “grap” dit doen , swak swak !!

Swerwer ·

Ag strooi, dit is studente wat weer onder die invloed van drank was en mekaar ‘n poets gebak het.
Dit is maar reg as blankes vermoor word, dan word alles net toegesmeer. Straf die student maar hou op om alles as rassisties te sien.

Raadsman ·

Dis onaanvaarbaar, maar hoekom word daar nou weer gepraat van ‘n wit student en ‘n swart student.
Nou word ras weer ingetrek en dit het niks noodwendig met ras te doen nie!!!

Catharina ·

Ag nee sies man. Wat het hy gedink. Klasloos …. as julle die “pun” verskoon.

JACF ·

Ons probeer weer.
Skande vir hom wat so skandalig
opgetree het.
Universiteitsowerhede moet maar gesaghebbend optree.
Die rugby held se dade netso skandalig
SKORS BEIDE. STUDENT ASOOK RUGBY HELD
Ons het nie sulke mense nodig nie. Rassis of gewone mens..

Jean ·

Wie Jantjies? So as jy dieselfde as hy opgetree het op die vliegtuig dan moet jy jou werk kan verloor wat niks met die vliegtuig te doen het nie? So hy word 2 keer gestraf, in die hof en by sy werk (rugby). Klink onregverdig

VaalDonkie ·

Ongelukkig is hierdie ‘n wit kind wat nog altyd so sou optree.

JohanR ·

Toe ek in die Rhodesia mag was raak ‘n troep een aand dik gesuip en wandel sy en ‘n paar ander troepe se tent in, en raak aan die slaap. Soe uur of twee later pla die blaas. Hy staan net daar by sy bed op en begin alles en almal rond hom nat maak. Hy is dik geneek!

Gert ·

Hy het duidelik nie geleer dink nie. Dit sê ook natuurlik baie van sy opvoeding. Daar is goed wat ‘n regdenkende mens nie doen nie en die is een van hulle.

Clifford ·

Ongelooflik hoe die eerste uitkyk is dat dit rassisme is. Ons land ry hierdie ras-ding lam. Ondersoek eers die saak en koppel dit dan aan rasisme. Of noem minstens wat die rede is dat rassimse vemoed word.

Bygese aan wie dit okal gedoen word, hierdie is onaanvaarbaar en “stupid”.

Wondermaarnet ·

Swak. Hoop hy word gestraf en toon berou wanneer hy besef wat hy aangevang het. Dit gaan nie oor ras nie, maar wat hy gedoen het. Dit is vieslik.

Lakemalawi ·

Die persoon wat die video geneem het behoort ook geskors te word. Hy/sy moes mos van beter geweet het. Ai, dat mens jou toekoms nou so kan vernietig?

piet ·

Kyk, dit gaan rof in van daai koshuise; Hier is ‘n artikel van die Matie in 1986:
“In March of 1986, chaos ensued when a first-year of Huis Marais was spray-painted by Wilgenhof residents after he shouted “Bekfluitjie!” outside the Wilgenhof residence. As revenge a number of Huis Visser residents kidnapped and spray-painted a Wilgenhof student.

In a second incident Huis Visser students kidnapped a group of Minerva HK’s during a house meeting. The men took the women of Minerva to be showered at Huis Visser. According to Minerva’s Prim at the time, Barene Hugo, the incident was a planned operation by Huis Visser’s HK. With the help of Dagbreek, the women retaliated by bombing the men’s residence with water balloons.

Consequently, 30 more Minerva women were taken to Huis Visser to be showered. Hugo saw this as an “eye for an eye” type of situation. She proceeded to throw paint on the bikes and cars that stood at Huis Visser.”

Deon ·

Ek verstaan daar was seker net wit mense in daardie plekke, ek wonder net hoe hulle so situasie sou hanteer het in die sg apartheidsjare, ek is seker daar moes ook n dronk mannetjie of twee gewees het wat iets soortgelyks gedoen het. In die skool sou ons mekaar moes boks as ons n geskil gehad het, ook nie n goeie praktyk nie.

Kenny ·

Ek stem nie saam met wat die student gedoen het nie
Maar waarom altyd rassisme inbring waar kom dit in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.