Maties behou Afrikaans, vir nou

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Argieffoto.

AfriForum Jeug en die Universiteit van Stellenbosch (US) het Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad ooreengekom dat Afrikaans gelyke status met Engels as onderrigmedium sal geniet soos goedgekeur tydens die universiteit se raadsvergadering in 2015.

Volgens Bernard Pieterse, AfriForum Jeug se kampuskoördineerder vir Maties, is die burgerregte-organisasie tevrede dat die US bes gegee en skriftelik onderneem het dat stappe gedoen sal word om te verseker dat alle fakulteite die universiteit se taalbeleid en -plan sowel as die taalspesifikasies soos in die 2016-Jaarboek geplaas, sal toepas.

Die Ingenieurs- en Regsfakulteit van die US het onderskeidelik op 23 en 25 Januarie vanjaar besluit dat Engels die primêre taal van onderrig moet wees. AfriForum Jeug het die universiteit op 29 Januarie versoek om die onomwonde versekering te gee dat die nodige stappe gedoen sou word om die inwerkingstelling daarvan te verhoed.

Die US het egter geweier om aan die versoek gehoor te gee en AfriForum Jeug het gevolglik op 5 Februarie ʼn hofaansoek gerig om die universiteit te verplig om die toepassing van die twee genoemde fakulteite se besluite op te hef, die Jaarboek se taalspesifikasies te eerbiedig en die taalbeleid en -plan tot uitvoering te bring.

Die US het ná Vrydag se hofverrigtinge skriftelik onderneem om bogenoemde eise na te kom.

“Die hofuitspraak is nie slegs ʼn belangrike oorwinning vir die Afrikaanse studente van Stellenbosch nie, maar ook vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap,” het hy gesê.

“AfriForum Jeug spreek die hoop uit dat dit nie weer in die toekoms nodig sal wees om die US by wyse van hofaansoeke te verplig om sy interne reëls na te kom nie. Die jeugorganisasie sal egter nie huiwer om namens studente op te staan indien hul regte in gedrang is nie.”

Hein Gonzales, AfriForum Jeug se woordvoerder, het bygevoeg dat personeel, studente en alumni wat pro-Afrikaans is die institusionele besluitnemingstrukture van die US moet benut om Afrikaans se plek op die kampus op lang termyn te verseker. “Dit kan slegs gedoen word indien personeel, studente en alumni aktief deelneem aan die proses wat gevolg word om hierdie strukture saam te stel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

HEVW ·

Goed gedoen AfriForum, maar ek hou in die besonder van die laaste gedeelte van die berig. Dit is nareg die verantwoordelikheid van die studente , personeel, alumni en die bree gemeenskap om om te sien dat ons Afrikaanse taal geldend sal bly. Begin sommer by die ouerhuis en leer u kinders die waarde van ons Afrikaanse taal en om respek daarvoor te he.

Hein ·

Janee in ‘n regsstaat soos Suid-Afrika moet jy burgerregtegroep gebruik om jou regte af te dwing in die hof. Dis nou regte wat in die land se grondwet die minderhede beskerm. Maar agv die meerderheidsoorheersing kan hierdie regte nie toegepad word nie. Die ANC se freedom charter word gebruik om alle vlakke van samelewing te oorheers. Politieke partye beteken niks nie. Verkiesing vir minderheidsgroepe betekdn ook niks.

johan ·

Voorwaarts AfriForum. Afrikaans is ons taal en niemand sal dit van ons wegvat nie.

TTh ·

Vir wat dit werd is, Afriforum moet nie daar stop nie, vind uit wie hierdie klein groepie gesiglose snotkouers is wat al die moeiliheid veroorsaak en maak hulle bekend, want dit blyk dat die lotte nie hul gesigte op openbare media wil wys nie, ook of enige van hulle ingeskrewe studente is op Stellenbosch Univ en wat hul akademiese rekords is … Dit sal interessant wees om te sien wat se verbintenis Wim met hulle en die ANC het… ???!!!

Michael ·

Dankie Afriforum ek hoop elke Afrikaans sprekende student sluit by julle aan ,op die DA kan ons nie vertrou om op te staan vir die huidige benadeelde minderheid nie so ons sal aanhou om julle finansieel te ondersteun

anna ·

Mooi Afriforum!!!!!
Geluk!!!!!!
baie baie trots op julle!!!!!!!
baie baie dankie!!!!!!

saarkie ·

Uitstekend!! Dankie Afriforum!!
Daar is nog Afrikaners met murg in hulle pype!!

Franz ·

Dit is goed en reg dat daar geveg word vir behoud van Afrikaans. Ongelukkig verkrag die Afrikaner sy eie taal deur te dink dit is die in ding om engels te gebruik om hulle beter te kan uitdruk.As Dee in plaas van die woord like in die kommentaar gesê het, hou daarvan, was dit ook beskrywend in mooi Afrikaans.Luister maar net hoe van ons akteurs en sangers wat Afrikaanssprekend is hulle uitspreek. Dit getuig van n miskenning van dit wat hulle kan help uitbou.Karen Zoid het n program Repebluek can Zoid Afrika op Kyk Net.Sy probeer nie eers om die program eers Afrikaans te hou nie.Sy kan gerus maar by Afrikaans hou al is haar gas Engels.Sy het ook nie nodig om iemand na haar program te nooi wat nie Afrikaans verstaan nie.Daar is genoeg Engelse kanale waar sy dan haar program kan gaan anbied as dit nou so is dat Engels deel van die program moet wees.Deur Afrikaans suiwer te praat bewys ons dat ons ernstig is en dat Afrikaans n plek in die land het

Dee ·

Franz, in forumgesprekke is ‘Like’ nie meer bloot Engels nie maar inderwaarheid net so internasionaal soos die woord ‘apartheid’.

Emile ·

Te oordeel aan die verwarde, teenstrydige en irrasionele bestuursbesluite en duidelike anti-Afrikaanse agenda deur die Universiteit Stellenbosch, kan mens nie anders as om te vra wie die besluitnemers is nie ?

As oud-Matie ondersteun ek Solidariteit se wantroue-mosie veldtog teen die US bestuur. SMS PETISIE aan 34802

Dan ·

Julle moet nie vir ou Wimpie kwaad wees nie, hy probeer maar net oorlewe, hulle gaan hom kort voor lank uitsort, net n kwessie van tyd, dis al.

Dan ·

Julle moet nie vir ou Wimpie kwaad wees nie, hy probeer maar net oorlewe.

Paul ·

Dis eintlik skrikwekkend dat die universiteit kan dink die spesifikasies soos vervat in die Jaarboeke (op grond waarvan besluite oor studies geneem word) kan sommer net verander word.
Dit sou myns insiens op kontrakbreuk neerkom, selfs al vergeet mens van enige ander faktore.

hans ·

Voorsitter US Raad u kan die probleem vinnig oplos deur onmiddelik van die Rektor,die 2 vise-rektore en die 2 fakuliteits dekane en die Voorsitter van SR te onthef van hul pligte asook hulle van kampus te verwyder.

Vicus ·

Uitstekend Afriforum. Ek wonder hoeveel van ons vriende wat gereeld op Maroela kommentaar lewer is lede van Afriforum. Kom ons begin by ons vriende wat nog nie lede is nie en werf hulle!

FM ·

Mooi Afriforum!!!! My pleidooi: Sluit asb aan by Afriforum. Kyk wat vermag hulle!!!!!!EN hulle gaan die persgesigmeisies ook by staan en WEN. Ek stem saam met een kommentaar: Karen Zoid wil so graag haar sangloopbaan bevorder op haar kamtige afrikaanse program. MAAR dan nooi sy Engelstaliges. Dis verkeerd. Verander dan jou program se naam na The republic of Soid Africa. Jy probeer hard om so graag nice met almal te wees. Een of ander tyd gaan jy probleme kry. Kry vir jou n engelse program en nooi afrikaanssprekendes. Dan sal jy seker net ENGELS met hulle praat, want dis so IN om engels te praat. Die persepsie is mos grootliks: as jy engels praat is jy nie n rassis nie?!

anna ·

vandat wim daar begin het was daar nog net probleme . hy is mos so hand op die blaas met die regering lyk dit my. vat hou goed en trek uit die land. nie dat enige-iemand hom sal aanvaar nie want hy het dit alleen reggekry om sy eie naam weg te goo!!!!!dit is nou weereens bewys! dankie afriforum !!!

FM ·

Hoe meer lede AFRIFORUM het, hoe beter!!!!! Die “GEPEUPEL”op Stellenbosch dikteer vir Wim De Villiers. Kom ONS maak Afriforum se hande sterk, want die gepeupel gaan nou seker weer n heksejag uitvoer. Ek is n trotse lid van AFRIFORUM!!!!!! SLUIT ASB AAN. !!!!!Miskien gaan jy hulle nodig kry en hulle sal jou nie in die steek laat nie.Hulle laat nie op hul mense trap nie.!!!!!!!!Viva AFRIFORUM!!!!!KLEIN MAAR GETRAIN!!!!!

anna ·

ek stem saam fm. sy sal mooi inpas by die studente raad van us. val lyk my ook in daardie kategorie -anti – afrikaans om gesig te wen . dalk ly sy ook aan n minderwaardigheids gevoel.

Izzy ·

Studente GEBRUIK Afrikaans daagliks, asseblief. As julle nie daarop gaan vra / aandring by vergaderings , lesings, administratiewe korrespondensie, manuskripte wat voltooi word ens ens is al Afriforum se werk verniet….en SAL Afrikaans geleidelik uitfasseer.

Afrikaans sal NIE kan voortleef as ons elkeen dit nie daagliks gebruik in ons huise, in ons skole/universiteite , by ons werke, tussen ons vriende, in ons keuse van musiek en televisie-programme, die tipe literatuur wat ons lees ens ens. Ons ELKEEN het ‘n verantwoordelikheid as ons wil he dat Afrikaans moet oorleef en voortleef vir generasies wat kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.