Maties-dosent afgedank oor ‘rassistiese SMS’

Argieffoto

Argieffoto

Die Universiteit Stellenbosch (US) het een van sy dosente afgedank nadat hy glo erken het dat hy ʼn rassistiese SMS aan ʼn student gestuur het.

“Die kontrak tussen die Universiteit Stellenbosch en dr. Anton Stander is beëindig nadat dr. Stander erken het dat hy die uitlatings gemaak het,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

“Die Universiteit Stellenbosch bevestig sy totale afkeer teenoor kommentaar van hierdie aard en bevestig sy standpunt om beslissend op te tree in sodanige gevalle, ongeag die oorsprong daarvan.”

Stander het die universiteit versoek om ’n vergadering met Sikhulekile Duma te bemiddel sodat hy die student om verskoning kan vra. Die universiteit het Stander se versoek verwelkom en ingestem om die vergadering te bemiddel.

Duma, ʼn sosiologie student aan die universiteit, het ʼn klag ingedien nadat hy ʼn SMS ontvang het wat gelees het “Jou swart moer van die wit boer”. Daar is vasgestel dat die SMS van Stander se foon af gestuur is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CHRISTA ·

Dis net jammer dat daar nie so drasties teen die mense opgetree is wat rondgegaan het en hulle ondersteuners aangehits het met “Kill the Boer, Kill the Farmer” en “One Settler, One Bullet” nie. Vandag nog word daardie opdragte uitgevoer!!! Maar dit maak seker nie saak nie, want die slagoffers is mos wit!!!

alex ·

Pragtig US julle tree korrek op. Werk 100% in die hande vd regering. Moenie die hand byt vd mense wat julle voor 1994 ondersteun het.

chris ·

Pop.
Wat probeer jy se?Ek wil nie afleidings hier maak nie.
Soos bv alle boere en net boere gebruik die woord.

pop ·

Chris nee, dit het niks met die woord te doen nie. Dosente is veronderstel om ons kinders op te lei, nie sulke dom dinge te doen nie. Boere sal hulself nie sommer so inkrimineer nie. Om n sms te stuur is uiters kinderagtig ook.

chris ·

Was baie dom dis mos logies hulle gaan uitvind waar die sms vandaan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.