Maties-fakulteite tree glo teen taalbeleid op

Stellenbosch-University

Universiteit Stellenbosch Foto: Cair.za.net

AfriForum Jeug het Donderdag gesê verskeie fakulteite van die Universiteit van Stellenbosch (US) het direktiewe begin uitstuur om byna alle klasse te verengels.

Die organisasie meen dat hierdie direktiewe ongegrond is en teen die taalbeleid van die US indruis.

“Hierdie is weereens ʼn klassieke geval waar die staat ʼn beleid opstel, maar iets heeltemal anders op grondvlak wil implementeer,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder, gesê. “Hierdie besluite word eensydig geneem en die fakulteite wil dit nou begin implementeer teen studente wat reeds vir hul vakke geregistreer het. Die feit dat fakulteite die studente by hierdie besluit wil uitsluit en studente benadeel, toon dat dit deel vorm van ʼn politieke strategie om Afrikaans by die US te verwyder. Ons sal studente mobiliseer sodat hulle kant van die storie ook vertel kan word.”

Die bestuur van die US het in 2015 ʼn besluit geneem om die voertaal van die universiteit te verander. Hierdie besluit is egter deur die universiteitsraad nietig verklaar weens die feit dat dit onder meer nie met die statuut van die US gestrook het nie.

“Ons het tydens die konvokasievergadering duidelik gesien dat daar steeds groot steun vir Afrikaans op Stellenbosch is en [rektor en visekanselier] prof. [Wim] de Villiers het self gesê dat Afrikaans op Stellenbosch sal bly,” het Marle Odendaal, AfriForum Jeug se kampuskoördineerder vir Maties, bygevoeg. “Waarom sal die fakulteitsbestuur nou teen die gesag van die rektor asook die konvokasiebestuur optree en anders besluit?”

AfriForum Jeug is tans besig om hul regsverteenwoordigers te konsulteer rakende die regsgeldigheid van die bogenoemde besluit.

Lees alle vorige berigte oor die Universiteit Stellenbosch op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

DPJ ·

Tipies van komuniste en sosialiste sê een ding. En bedoel ander. Wanneer daar teenkanting is word net een treë terug gegee en later weer voorentoe beweeg. Hulle verloor hulle doelstelling/doelwit nie.

Otter ·

Ja, duidelik speel US ‘n speletjie met my en baie ander Afrikaanse ouers wat elke jaar getrou die klasgelde vir hulle Afrikaanse kinders betaal sonder om die plek af te brand of betoog.

Berhalet Beukes ·

En so gaan hulle voort met die sistematiese sielkundige afbreek van die blankes…

jaco ·

As Afrikaans moet verwyder word omdat dit die taal van die voormalige onderdrukker is, waarom word dit dan met Engels vervang? Dwarsoor die British Empire was Engels tog die taal van die onderdrukker. As daar geen onderdrukking was nie, waarom dan al die liberation struggles in onder andere Kenia, Zambië en Indië en waarom bestaan hierdie Empire dan nie meer vandag nie?

Therese van Schalkwyk ·

Met die lees van Lovelyn Nwadeyi se toespraak, wat sy hierdie week in Stellenbosch by dieselfde geleentheid gemaak het waar Breyten Breytenbach ook gepraat het, besef ‘n mens finaal dat daar geen keer is aan die algehele verengelsing/verafrikanisering van gewese Afrikaanse universiteite nie.

Hierdie welsprekende, hoogs gegradueerde jong dame is bitter. Bitter oor die apartheidsverlede en die gebrek aan genoegsame boetedoening deur Afrikaners. Anders as die Duitsers is ons nie regtig spyt genoeg oor alles nie. Sy sê o.a. dat plaaswerkers en skoonmakers se kinders as verskoning gebruik word om die beleide en gebruike by die universiteit voort te sit, maar dat hulle op Stellenbosch ‘n Afrikaanse taal en kultuur aantref wat vir hulle vreemd is en waaraan hulle geen deel het nie.

(Nie ‘n woord oor die wit Engelssprekende studente wat Maties toe gevlug het in die vroeë 90’s nie.)

Mag Solidariteit se Akademia dus van krag tot krag gaan, en mag almal wat daar klas draf tuis genoeg voel om nie die naaste standbeeld te bestorm nie.

Gerhard Burger ·

Maroela, tensy ek dit gemis het, het ek nêrens op julle blad enige behoorlike weergawe gesien oor die onlangse Konvokasievergadering op Stellenbosch nie. Hierby ingesluit die toespraak of minstens die siening van Jan Heunis in sy hoedanigheid as voorsitter nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.