Die vakbond het in ʼn verklaring gesê dat 67% van studiegeleenthede vir mediese studente gereserveer word vir bruin, swart en Indiër-aansoekers, terwyl slegs 33% van dié geleenthede oopgestel is vir enige aansoeker, ongeag ras. Solidariteit het beklemtoon dat hoewel die 33% oopgestel is, het ʼn wit persoon persentasiegewys ʼn baie kleiner kans om toelating te kry as gevolg van die groot aantal mededingers wat vir die minimum vereistes kwalifiseer en dan aansoek doen.
Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê hierdie keuringsproses is gegrond op ’n rigiede toepassing van ’n kwotastelsel. “’n Persoon se toelating word suiwer beoordeel op ’n rigiede numeriese doelwit wat gestel word,” het hy gesê. “’n Wit persoon, ongeag hoe goed die persoon presteer en hoe benadeel die spesifieke individu was of is, sal altyd net ʼn 33%-kans hê om medies by Stellenbosch te studeer.”
Die arbeidshof het onlangs in ’n uitspraak teen die SAPD ten gunste van Solidariteit beslis dat regstellende aksie wat klakkelose en absolute teikens nastreef, sonder om enige ander faktore in ag te neem, onwettig en ongeldig is.
Volgens Van der Bijl ondersteun Maties se bestuur dus ooglopend ’n stelsel van kwotas wat nou as ongrondwetlik bewys is. “Die stelsel moet hersien word om dit met wetgewing te belyn,” het Van der Bijl gesê.
Maroela Media het US vir kommentaar genader en wag tans op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
behoede my dat ek eendag by ‘n dr land wat die minimum vereistes gehad het om te kwalifiseer….
Dit gaan so by my werk ook. Ek het vir 2 poste aansoek gedoen, maar omdat dit BEE is kyk hulle nie eens na blanke aansoeke nie. Hulle het nou al ñ tweede rondte onderhoude gevoer omdat hulle nie geskikte swart kandidate kry nie. Ek wat die werk kan doen, word nie eens oorweeg nie. Nou moet ons positief bly oor ons land.
Eet die spul jakkalse Solidariteit!!
Hopenlik sal Akademia in die toekoms ook hierdie graad kan aanbied?
Die proffessors by US kan dan by Akademia inval, wie gaan die massas dan oplei?
En dan wil die 67% ook natuurlik gratis studeur. Laat dit gebeur sodat US sonder geld sit en hulle wat sulke besluite neem sonder werk sit.