Maties hof toe gesleep oor kwotas vir mediese studente

dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Die vakbond Solidariteit het Woensdag met regsaksie teen Universiteit Stellenbosch (US) begin na aanleiding daarvan dat voornemende mediese studente glo op grond van hul ras gekeur word om aan die instelling te studeer.

Die vakbond het in ʼn verklaring gesê dat 67% van studiegeleenthede vir mediese studente gereserveer word vir bruin, swart en Indiër-aansoekers, terwyl slegs 33% van dié geleenthede oopgestel is vir enige aansoeker, ongeag ras. Solidariteit het beklemtoon dat hoewel die 33% oopgestel is, het ʼn wit persoon persentasiegewys ʼn baie kleiner kans om toelating te kry as gevolg van die groot aantal mededingers wat vir die minimum vereistes kwalifiseer en dan aansoek doen.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê hierdie keuringsproses is gegrond op ’n rigiede toepassing van ’n kwotastelsel. “’n Persoon se toelating word suiwer beoordeel op ’n rigiede numeriese doelwit wat gestel word,” het hy gesê. “’n Wit persoon, ongeag hoe goed die persoon presteer en hoe benadeel die spesifieke individu was of is, sal altyd net ʼn 33%-kans hê om medies by Stellenbosch te studeer.”

Die arbeidshof het onlangs in ’n uitspraak teen die SAPD ten gunste van Solidariteit beslis dat regstellende aksie wat klakkelose en absolute teikens nastreef, sonder om enige ander faktore in ag te neem, onwettig en ongeldig is.

Volgens Van der Bijl ondersteun Maties se bestuur dus ooglopend ’n stelsel van kwotas wat nou as ongrondwetlik bewys is. “Die stelsel moet hersien word om dit met wetgewing te belyn,” het Van der Bijl gesê.

Maroela Media het US vir kommentaar genader en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Vliegie ·

behoede my dat ek eendag by ‘n dr land wat die minimum vereistes gehad het om te kwalifiseer….

yolanda ·

My dogter van 13 was laas jaar onder behandeling van n internis. En hoe meer ons gevra het hoekom is haar pols ens. Nie reg nie. Het hy sy skouers net opgetrek hy wou haar twee keer ontslaan. En ons het gevra vir tweede opinie. Sy is behandel vir longontstekking. Maar ander dr het binnr 15 min. Gesien sy het pulmonale embolism. Dr. Gese dit kon fataal gewees het. Die ander Dr wat sy skouers opgetrek het is maar net daar. Hy kon nie n verklaring gee hoekom sy nie asem kry en haar pols hoog bly. Strek vas by longontstekking. Maar kon nie eers plate reg lees.

Renette ·

Dit is ongelukkig nie net vir mediese studente so nie. Ook dieselfde beleid geld vir Spraak en gehoor en dan word net 30 “overall” gekeur wat dit bykans onmoontlik maak om in te kom.

Johan ·

Die realiteit is dat wanneer n kwotastelsel gevolg word, daar altyd beter kandidate is wat moet terugstaan . Ek is sterk ten gunste van ‘n “best man policy”

Lizelle ·

Dit gaan so by my werk ook. Ek het vir 2 poste aansoek gedoen, maar omdat dit BEE is kyk hulle nie eens na blanke aansoeke nie. Hulle het nou al ñ tweede rondte onderhoude gevoer omdat hulle nie geskikte swart kandidate kry nie. Ek wat die werk kan doen, word nie eens oorweeg nie. Nou moet ons positief bly oor ons land.

Ruby ·

Hopenlik sal Akademia in die toekoms ook hierdie graad kan aanbied?

Die proffessors by US kan dan by Akademia inval, wie gaan die massas dan oplei?

Conrad ·

Ruby, ek dink aan presies dieselfde ding. Akademia moet net van sterk tot sterk groei en dan gaan ons een van die dae nie meer die tipe ding te ‘face’ nie. Ek is darem nou al regtig moeg en siek en sat vir die tipe ding. Dan kan al die ander Universiteite maar hulle eie ding doen soos hulle lekker kry.

johan ·

En dan wil die 67% ook natuurlik gratis studeur. Laat dit gebeur sodat US sonder geld sit en hulle wat sulke besluite neem sonder werk sit.

hans ·

Was daar nie gedurende Januarie n berig dat n Indier-dame n hooggeregshofbevel moes kry om die KZN universiteit te verplig om haar aansoek om medies te studeer te oorweeg.?

kobus ·

Afriforum moet internasionaal beweeg met hierdie hele kwotastorie. Ook wat sport aanbetref. Kwotas in rugby bv, is lynreg teen die grondwet van die internasionale rugbyraad.

Gerhard ·

Die US se leierskorps het ontaard in ‘n verleentheid vir die mensdom.

Deon Bruyns ·

Dis reg, Gerhard!
Die probleem is nie slegs by Maties nie. Dis presies dieselfde by ander universiteite. Ek het eerstehandse ondervinding van Tukkies se Onderstepoort.
Die topstrukture is (nes die regering) ruggraatloos en sonder beginsels.

HEVW ·

Hierdie US was die trots van SA en kyk wat het gebeur nadat sy deure oopgegooi was. Wat veral teleurstellend is, is dat dit ons eie Afrikaners is wat hierdie bastion so ondergrawe en op die ou einde vernietig. Speel direk in die hande van kommunisme. Wonder wat is die waarde van 30 silwerstukke vandag?

John ·

Was die rektor nie voorheen ‘n mediese spesialis nie? Indien wel, was hy gelukkig om nog in die apartheidsjare te kon studeer toe sulke kwotas nie gegeld het nie.

HEVW ·

Solidariteit dankie. Die kommentare bevestig dat daar baie stryd is . Sleep hul een na die ander hof toe.

Oom Boer ·

Die standaarde is besig om te daal. Laat Akademia asb uitbrei en die nodige studies handhaaf.

Conrad ·

Ja Oom Boer, kom ons beweeg terug na die die dae toe krimpelien nog in was. Toe het niemand ge-worry daaroor nie.

Francois ·

Hierdie tendens om toelating tot sekere studierigtings op kwotas te baseer, bevestig dat universiteite hul toelatingsbeleide manipuleer ten einde sosiale ingeneurswese toe te pas. Of dit nou is om hul aantal Afrikaanssprekende studente te verminder sodat Engels as verstektaal ingevoer kan word, of om die rassesamestelling van hul studenteprofiel ten gunste van nie-blanke studente te verhoog, dit bly ‘n diskriminerende praktyk wat kunsmatige resultate oplewer.

DPJ ·

Dit is niks anders as komunistiese/sosialisme nie.
Dan wys hulle na die apparheids jare waar elk bevolking groep sy eie universiteit gehad het.
Regte sasiste.

Andre ·

Apartheid is terug. Al verskil is daar is nie sanksies teen SA nie.

saarkie ·

As gevolg van Solidariteit se beginselvastheid om op te staan vir dit waarin ons glo wil ek graag my debietorder radikaal verhoog! Kontak my asb

John ·

Selfs lede wat by Boston proebeer swat kan skaars spel. Hierdie is net n ramp.

Piet Snot ·

Mensig John, voor jy kla oor ander wat nie kan spel nie, moet jy darem self leer spel.

Pappa Beer ·

“Affirmative action” was, en sal nogsteeds die grootste vorm van rassisme bly! Snaaks hoe dit in amerika die ” minderhede” moes ondersteun, maar in suid-afrika is dit n “kruk” vir die sogenaamde “previously disadvantaged”. Wel as jy nogsteeds na meer as twintig jaar voel jy moet steeds voorgetrek word, sal jy in jou lewe nooit regkom nie. Ek as blanke is “currently disadvantaged” , gee my ses maande om myself te bewys en jy sal nooit spyt wees oor jou besluit nie! Maar nou ja, “gravy trains” ry mos stasies mis wat nie n anc slagspreuke skreeu nie!

Basie Helm ·

?? asseblief, gee die geleentheid vir die beste persoon! Dis profesionele poste wat hulle gaan vul! Sal jy op operasie tafel gaan lê as jy weet die groep om jou is daar omdat hulle kleur ‘reg is’ en NIE omdat hulle volgens standaard goed is nie! Ek het al 10 jaar gelede met spesialis gepraat en hy was op die keuringsraad vir …….spesialiste. Die rektor het gesê hulle moet die student/nagraadse dr laat slaag anders kom die universiteit se subsidie in gedrang! Die spesifieke spesialis het sy bedanking tot die raad net daar aan die rektor gegee! Sy woorde was: “Hy gaan met MENSE se lewens speel, hy vee nie strate nie!”
Wat gaan ek en jy hieromtrent doen? Nie wat gaan die regering doen nie, ek en jy?

Swanesang ·

UFS gebruik reeds die stelsel. Die gevolg is ons haglike departement van gesondheid waar mense tot 1 jaar lank moet wag vir dringende chirurgie aan hul heupe of bene. Ja… Die stelsel werk vir: swak diens en nog swakker dr’s

Liewe Heksie ·

Dan sal ek maar liewers geld moet spaar en oorsee of iets moet doen want of n tafel le en die wat om jou staan is ongeletterd maar kleur is reg aikona ek is nie kleurblind nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.