Maties-rektor betreur ‘aanranding’ en ‘rassistiese boodskap’

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het gesê dit is betreurenswaardig dat studente van die instelling hulle tot uitgebreide ontwrigting, beskadiging van eiendom en die aanranding van medestudente en personeel gewend het.

“Hierdie dade is onaanvaarbaar en benadeel – eerder as bevoordeel – die edele oogmerk om gehalte-hoëronderwys so toeganklik moontlik te maak.” De Villiers het gesê die ontwrigting van klasse, toetse en ander universiteitsaktiwiteite is onaanvaarbaar. “Dit maak inbreuk op die regte van studente om te studeer. Die beskadiging van eiendom en fisieke aanvalle is gewoon onwettig. Die universiteit doen tans die nodige stappe teen die betrokke studente.”

EWN berig ʼn personeellid gaan ʼn aanklag van aanranding aanhangig maak nadat sy glo deur betogende studente aangerand is. Die personeellid het aan EWN gesê sy moes ʼn dokter besoek na die voorval. Die betogende studente het glo haar foon gegryp, haar teen die grond vasgedruk, haar hare getrek en haar teen die kop geslaan.

Die WhatsApp-boodskap wat op sosiale media versprei word.

Die WhatsApp-boodskap wat op sosiale media versprei word.

Die universiteit het intussen ook bevestig hy neem kennis van boodskappe op sosiale media omtrent ʼn beweerde rassistiese opmerking deur ʼn student.

ʼn Student het glo op ʼn WhatsApp-groep gestuur: “Ingenieurs gebou: K****** have entered the building.” Volgens die universiteit is die saak reeds na sy eenheid vir gelykwaardigheid verwys om onmiddellik ondersoek te word en sal met die nodige erns wat dit vereis hanteer word.

“Rassistiese taalgebruik is onaanvaarbaar nie net kragtens die universiteit se dissiplinêre kode vir studente nie, maar ook wat betref die Grondwet van Suid-Afrika.”

De Villiers het gesê hy en die studentedekaan het Saterdag met ʼn groep ontevrede studente vergader nadat hulle die biblioteek beset het. “Daar was later ʼn onderneming deur die groep om nie verder die week akademiese aktiwiteite te ontwrig nie. Die situasie het Maandag verander en Dinsdag verder geëskaleer.”

De Villiers het intussen ook die aankondiging deur die minister van hoër onderwys dat die regering bykomende befondsing beskikbaar sal stel vir finansiële steun aan ʼn groter groep arm en werkersklas-studente, verwelkom. “Dit is ʼn stap in die regte rigting. Die US ondersteun klasgeldvrye hoëronderwys vir arm studente ten volle. Dit is eintlik die ideaal vir alle studente, maar dit is nie haalbaar in die huidige ekonomiese klimaat sonder substansiële bykomende besteding deur die regering nie.”

De Villiers het studente, hul ouers en personeel die versekering gegee dat die universiteit die situasie fyn dophou. “Ons het sekuriteitspersoneel en gebeurlikheidsmaatreëls ingestel, en sal in die belang van veiligheid optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Anti regering ·

Net as ‘n wit persoon aandadig is is dit rasisties en word daar streng opgetree en die media is aandadig want hulle implementeer dit met hulle politiese korrekte verslaggewing waar feite weerhou word omrede hulle nie die ras wil noem as die skuldiges nie wit is nie natuurlik.

Steven ·

My dogte wat student in Stellenbosch is , het n kort video clip aan ons, haar ouers, gestuur, waar ons kan hoor hoe daar daar rassistiese en vuil taal gebruik is teen die blanke studente. hoekom word daaroor ook nie geskryf nie?

m kruger ·

So dis ok om die univeristeit en sommer die hele land af te breek maar moet dit nie waag om rassisties te wees nie….. dan is jy diep in die moeilikheid..

Pendoring ·

Lagwekkend. Dis dieselfde as ‘n rookverbod by nagklubs; Jy is daar om onbeskermde $3k$ met ‘n vreemdeling te probeer kry terwyl jy jou liggaam vol alkohol en ander lewensgevaarlike chemikalieë pomp. Dis OK, jy moet asb. netnie rook nie.

Hendrik ·

Wel mense wat hulle wangedra word maklik name genoem. As hulle ordentlik is sal hulle nie hierdie sogenaamde rasistiese name hoor nie en die ordentlike mense sal dit nie gebruik nie.

William ·

Hendrik jy is so reg. Nou is die ou woordjie wat gebruik is groter moeilikheid as dit wat werklik aan die gang is. As persone nie die gebou op dreigende maniere betree het nie sal daai woord nie gebruik word nie. Studente is bang

m ·

Ag rerig begin hulle nou weer bedreig voel en nou gaan die hele wereld wee afgebreek word…… Hoe pateties.

Grap ·

Weereens belaglik as Rod Kafer en sy familie ingekom het by die gebou sou die selfde gesegde wat beteken het???

Pietman ·

Die dosent wat aangerand is? waarskynlik wit, aanranders waarskynlik swart. waarom is dit nie ‘n rassistiese voorval nie?

dewald ·

Wim het mos gese studente moet hulle griewe openbaar – en nou?
Hy het hulle aangemoedig en so ook Price van UCT. ene Price het mos gese hy is trots dat sy seun ook betoog. Mooi man – dit is die voorbeeld wat gestel is. Die rektore kan nie nou mooi broodjies bak nie – hulle is aandadig aan die gemors waarmee die studente wat wil leer nou sit.

Kleurvol ·

Ek sien dat Wim-goed die situasie “fyn dophou”. Verf twee wit meisies pers, en kyk hoe kom hy dan uit die blokke uit!

Johann ·

Terwyl jy nou die persgesig geval ophaal, weet een van julle wat toe daarvan geword het, die Universiteit het dit mos net doodgeswyg. Die laaste wat ek gelees het was dat Dr Briedenhann, ‘n siviele geding teen Slim Wim aanhangig sou maak, is daar enigiets verder bekend?

Azuni ·

Wel, die mense wat dit doen is verseker nie mense nie. Dit kan ek wel sê.

Andre ·

Snaaks as daar n verkeerde woord gese word dan word n ondersoek in gestel maar as hulle alles deur hul gat trek word dit maar as normaal beskou.Los die klomp dat hulle alles afbrand dan is daar mos niks om oor ontevrede oor te wees nie

Klippie ·

As net sekere studente gaan betaal vir onderrig, sal dit beter wees vir die betalendes om Akademia, ons nuwe privaatuniversiteit, te ondersteun. Die klasfooie gaan goedkoper wees en die onderrigtaal is Afrikaans. Universiteitsbesture maai nou wat hulle gesaai het.

Jean ·

Jaaaaaaaaaaaaa die rassistiese aanmerking sal nou BAIE meer aandag geniet as die vandalisme en vernietiging van eiendom. Dis so tipies, studente rand ander studente aan, brand die hele plek af, maar die een ou wat die rassistiese woordjie uiter gaan nou vervolg word tot in lengte van dae en geskors word en verneder word vir een oomblik van onsinnigheid. Dit is hoekom die studente julle ORE aansit . die Universiteit gaan ondergaan, want hulle fokus is altyd op die verkeerde goed, gee eerder gehoor aan vandale ! Wat die Universiteit se personeel nie weet nie, hulle is VOLGENDE, as FEESMUSTFALL klaar is begin hulle met julle wat nou so polities korrek probeer wees. DEANMUSTFALL en TUTORSMUSTFALL, dis nie meer lank nie!

ELMARIE ·

Hoekom ‘n foto vn die Whatsapp op die hoof nuus sit?? Plaas eerder fotos van die eiendom wat hulle beskadig het ! Hulle word ‘n rassitiese naam genoem omdat hulle hulleself so gedra!!

Jan maak n Plan ·

Kom ons kyk wie kry die meeste moeilikheid, die verwoesters of die rassis.

Jacobus Krynauw ·

Wim is papperd en hy en sy kollegas het geen benul van dissipline toepas en voorkomend optree nie.

Ronel ·

Het die berig “meer” waarde omdat dit oor die k-boodskap gaan of omdat dit die verwoesting probeer afwater in die proses?

dea ·

Mooi man Wim, mooi man. Jy ht mos gese die studente moet hulle griew wys – jy en Price. Julle was voorstaanders van dit. Kry vir jou!
Jy is seker soooooooooo trots op jouself.

Sannie ·

Kry vir jou Wimmie de Villiers. Dit gaan nog lekkerder vir jou raak. Jy kry nou waarvoor jy gevra het. Lekker man!!

Adele ·

Belaglik verby! Maar dis PRESIES wat die doel met alles is: negatiewe reaksie, om ten minste IETS teen die “whiteys” te kry!

Jeanne ·

Prof Wim is die volgende een wat getarget gaan word. Hoe beroep hy homself op die grondwet wat die rassistiese SMS aanbetref, maar nie wanneer ander studente se REG om te studeer ingeperk word nie? Maar ja, so val al die politieke korrektes een vir een, jy gaan vandag nog simpatie met die studente he, en die ‘rassis’ aankeer, more sit jy ook oorsee, soos Prof Jansen.

Cherokee ·

Die studente moet dit oorweeg om De Villiers pers te verf.

Anoniem ·

Hulle betoog by die verkeerde adres…Iemand moet hul asb Zuma se adres gee sodat hul daar kan betoog..nie net vir gratis onderwys nie..maar voeg sommer by die lysie by….gratis medies….beter kospryse….minder belasting betaal….eskom pryse moet laer….petrol moet laer..ag ook sommer gratis…..en o ja …. beter salarisse met minder werksure……….en so kan aangaan en aangaan. Hulle breek af en verwag van ons om weer op te bou………niks gewoond…..

Stefani de Villiers ·

Breek af, brand af, rand aan, ontwrig, ontneem ander van hul reg om te studeer maar oooo weë, moet NET nie die k-woord sê nie.

Disselboom ·

Wat presies is die verskil tussen die hordes wat beskaafde Voortrekkers wreed vermoor en hulle goed verwoes het, en mense vandag wat kamtig universiteitstudente wil wees, maar verwoesters is, en vir mense nie juis respek het nie? DIe bang sanikbroeke sal Disselboom nou teregwys en sê niemand is nou vermoor in die huidige opstande nie, maar dan sê Disselboom die onbegrip en onvermoë om beskaafd te wees is net dieselde. Die klomp gedra hulle nog steeds so dat mense uit frustrasie ou woorde uithaal om hulle te beskryf.

Faber ·

As jy wonder hoekom is kinders so gereeld in moelikheid oor rassimse, aanranding van ander rasse ens. Lees net die kommentaar van hulle ouers hier. Niemand oordeel die ou se rassistiese uitlatings nie.
Wat se hulle van die balk in jou eie oog? Julle wil altyd almal oordeel, maar niemand sal julle ernstig opneem, voor jy nie eerste jou eie mense oordeel nie.

En dan wonder hulle nog hoekom hulle se gemartel en vermoor word, as dit net n roof kon wees. As jy haat skep, gaan jy dit ontvang

Jean ·

En wat se jy van die rassistiese swart studenteleier wat ALLE WITTES met BAZOEKAS wil vermoor ongeag? Watter stappe is teen hom geneem? Wat het jy daaroor te se gehad? Martel en vermoor? Janee dit is ‘n wonderlike uitweg vir rassisme ne? So moet ons nou almal die swart ou gaan betakel wat die wittes met Bazoekas wil vermoor en gaan martel en vermoor? As jy HAAT is dit wie jy is, daar is iets fout met JOU, nie met die mense wie jy haat nie.

Dup du Plessis ·

Faber, dis glad nie altyd die geval dat iemand wat die k-woord gebruik rassisties is nie. Dis ‘n woord wat bestaan en is ironies nie eerste deur afrikaners gebruik nie. Dis dom om dit op sosiale media te gebruik. Die woord gaan egter nooit verdwyn nie……net soos daar nooit opgehou gaan word met vloek nie……

Eerlikwaar ·

Faber waar kom jy aan hierdie gemora wat jy praat, dis juis oor mense soos jy wat agter oor buig dat ons jong studente nou met hierdie sit, ons en die personeel van universiteite word beïnvloed. Jy weet nie wat aangaan nie so bly liewer stil.

chrisp ·

Faber.
Gaan dink asb bietjie vir ‘n slag.
Lees ek jou reg as ek dink jy se rassisme is die probleem hie?.Jy weet wit op swart rassisme want dis mos al wat bestaan.

Dit is een voudig kry eie instellings en jou knie reaksie sal sommer ook verdwyn. Geen rassiusme .geen vandale en somer geen probleem.

Polities Korrek ·

Ja-nee Faber, jy is nie ‘n vriend van jou eie mense nie. Ons almal is tereg beswaard dat alles wat opgebou is oor dekades sommerso afgebreek word en dat daar geen verantwoording daaroor gedoen word nie. Uit totale frustrasie se mense dan ongeoorloofde dinge, dinge wat uitgelok word deur barbaarse optrede van ander. Ons het die pinkie gegee, nou word die hele hand gegryp! Wat de drommel! Toe ons almal jonk was , moes ons maar gaan werk sonder universiteitsopleiding as ons ouers nie die geld gehad het daarvoor nie. Nou wil hierdie klomp onbeteuelde verwoesters alles tot as verbrand om wat te bereik? Om alles te kroon , is dit ons, wat deur Faber uitgekryt word, wat maar weer moet betaal om die trein op die spore te hou! Nee wat Faber, kom by man!

Anne ·

Ek dink in die geval ou Faber gaan dit maar die beste wees om stil te bly. Ons hoop nie jy word eendag wreed ontnugter nie.

Bosveld g ·

Snaaks niks word in media gesê van Venda univ of Univ v Noorde nie. Is daar nie wittes nie, daar is sekerlik ook “fees” wat moet fall, of miskien het hulle lankal nie meer fees. Ek wonder maar…. Sluit alle universiteite onbepaald. Die wat verstand het sal weer opvang. Staat word in kommunisme ingedwing, ons ook, los hulle…..

Acca ·

Hier is maar net weereens ‘n bewys van hoe die media (almal) van hulle die raskaartappel speel. Met ‘n moord en aanrandings moet jy self afleidings maak maar met geval hoef jy nie eers te raai nie. Wat het geword van die persoon wat wit.mense wil vermoor. Het die universiteite ook so drasties opgetree teenoor die persoon. Slapgatte verkoop ons mense uit

Corrie ·

Ons bly in ‘n gebuigde samelewimg waar rassistiese spraak erger is as rassistiese geweld. Ruggraadlose leiers wat eerder ander kant toe kyk as konsekwent wees.

Cherokee ·

Corrie, hier word van ‘n bekende universiteit gepraat wat ‘n wye verskeidenheid vakke aanbied maar van watter graad praat jy? Nog nooit daarvan gehoor nie.

Denise ·

Dit is so kleinlik n bohaai oor die k woord en niks van die afbreek en verwoesting wat gesaai word nie en dan word dit uitgebasuin waar is die studente se regte wat wil leer en rustig wil wees ek verstaan dit nie en wat gan nou word van die aanranding van die personeellid???

Koos (MH) ·

Die afgelope tyd, vooraf die verkiesing, en gereeld daarna is elke nuusblad vol van anargie.
Hierdie anargie sluit alles in vanaf brandstigting tot korrupsie en grootskaalse diefstal.
Dit laat my terugdink aan verkiesings van die verre verlede. Die Sappe en die Nattes. Jannie Smuts en later PW Botha, noem maar op.Ek weet van geen afbrand van skole wat met bewindsoorname plaasgevind het nie.Skole is gebou, gaan die geskiedenis na, sodanige statistiek van bewese prestasie is beskikbaar.
Vandag word na allerlei redes vir die agterlike gedrag van vandale gesoek.
Soek nie verder.Diesulke gedrag was voorspel.Waarskuwings tot vermenging het op dowe ore geval.FW de Klerk het met drif voortgegaan, ten spyt al die waarskuwings, om die pragtige land weg te gee.
Die resultaat van waansinnige optrede word nou beleef en gaan moeilik omgedraai word.
Beroep op die Boervolk: Keer terug tot God en bely Sy Almagtigheid.

hans brits ·

Nou gaan daar weer onskuldige mense op plase sterf.Ek wens mense wil ophou met hierdie gruwel.!

KarooKlong ·

As jou naam laatslaper is, wat help dit jy staan vroeg op?

Ben Prinsloo ·

Hans jy moet seker n hogere graad hê om so n voorspelling te maak. Verduidelik asseblief vir ons dom mense hoe kom jy daarby uit. Moet asb net nie wiskunde gebruik nie, ons almal verstaan dit nie. Dankie Hans.

Theresa B ·

Almal raak maar net keelvol. Daar is tog studente wat wil leer en eksamen skryf en klaar maak met die jaar. Maar hierdie betogers word mos op die hande gedra. Dit hou net aan en aan. Enige een sal meer as keelvol raak.

Christina ·

Niemand let blykbaar op dat die student deur ” ‘n vriend verraai is nie. In jou w/app groep is dit familielede en vriende wat deel is van daardie groep.

Sydney ·

Viva Namibia vivaaaa!!!!!!!…… Geen stakings daar nie en hulle regering het bevestig hoe belangrik dit is om moedetaal onderig te word. Sodoende kry jy nie oproer, brandstigting ens daar nie. Hulle regering laat dit nie toe nie tensy dit nie uit gesaai word na buite nie

Andriette Human ·

As Akademia vinnig uitbrei met hulle studies sal dit die plek wees om te studeer in Afrikaans!

Lance ·

Wat n gemors rasisme is aan beide kante van die spektrum teenwoordig en sal altyd wees …fokus eerder op die probleem van vernietiging en brandstigting nou en ASB om jou eie kind n opvoeding te gee met waardes en beginseld want dit leer jy nie op universiteit nie !

annatjie ·

My dogter is in haar derde jaar daar. Glo my ons werk baie hard om haar daar te hê. Finansieel ruk dit ons sak. Maar sy weet sy moet haar kant bring anders al die harde werk verniet. Sy ry elke dag ver en as sy tuis kom is sy ontstel want haar klas is ontwrig. So gaan dit amper elke dag. Nee Wim jy veg nie vir die regte ding nie. Jy is n verleentheid vir Stellenbosch.

annatjie ·

Wonder wat sal gebeur as ons kinders begin praat oor hoe hulle klasse heeltyd onrwrig word. Dit kos ons ouers so baie.

Theresa ·

Of as hul begin terugveg en dinge breek en rondgooi. Raai wie dan in die moeilikheid gaan kom??

mc ·

Ek verstaan nie die mentaliteit nie. Ons is honger so kom ons vernietig al die kos. Ons moet werk toe ry, so kom ons steek al die treine aan die brand, ons moet studeer, so kom ons brand sommer al die universiteit af. “Menseregte” word so oorbeklemtoon in Suid-Afrika dat dit nou presies dieselfde maatskaplike gevolge het as onderdrukking. Mens kan maar net jou kop skud.

Willie ·

Niks is meer dieselfde in Stellenbosch nie. Waar is die trots van ons jeug. Nou breek hul net af. Ek is moeg van die plek en sukkel om gewoond te raak aan die lae en swak standaarde.

wynand ·

Hoop die lamsak van ‘n Wim lees hierdie. Ek ht geen respek vir hom nie. Ek ht ook geen respek vir sy titel nie want ‘n Prof – sever dit my aangaan het rugraat en integriteit waaraan ou Wim heeltemal tekortskiet.
Hy adverteer dus sy rugraatloosheid, integriteit en leierskap.

Willie ·

Stellenbosch nie meer dieselfde nie. Ons jeug het nie meer trots nie. Breek net af. Moeg van die lae en swak standaarde.

Anna ·

Dis eksamen tyd so nou staak ons om die eksamens uitgestel te kry maak nie saak waaroor nie, die wat staak moet net eenvoudig geweier word om te skryf as hulle studies belangrik genoeg is sal ons nie staak nie. Maar wat gee ons om ons kry dit in elk geval so te se vernuut want ons is arm!!!! As jou armoede jou so pla studeer en kom daar uit. Die universiteit is gepla oor ‘n rasistiese aanmerking maar niks word gedoen oor die vernietiging van die wat betaal se voordele te beskerm nie.

Henk ·

daar sal nou weer ‘n groter boehaai oor die rassisme gemaak word, as oor die feit dat BETALENDE studente se reg van hulle ontneem word om behoorlike onderrig in ‘n veilige omgewing te ontvang (waarvoor hulle betaal). As oor die feit dat betalende studente buitensporige hoe tariewe betaal weens die feit dat die dwase verniet op kampus wil rondloop en geleenthede soek en skep om NIE geleer te word nie. As oor die feit dat die korruptes in die staat soveel geld steel, en die res gebruik om in howe te veg om uit die hof en tronk te bly, dat daar nie geld is vir behoorlike onderwysstelsels en mediese fasiliteite nie. Iets wat so terloops ten tye van apartheid volop beskikbaar was. Selfs vir die wat eis dat daar teen hulle gediskrimineer was. (Vra maar vir Mandela se familie waar het hy skoolgegaan en universiteitsgraad behaal)

Poot ·

Sjoe…..as ek so na party van die wat kommentaar lewer se spelling en grammatika kyk, dan hoort hulle terug op skool.

Lizal du Plessis ·

My kind was in die betrokke klas. Ons as ouers bars om sy studiegelde by te bring! Dis onaanvaarbaar dat hierdie tipe optrede ENIGSINS toegelaat word en klasse ontwrig word.

Denker ·

Die betalende hardwerkende studente moet maar rustig raak net harde werk gee sukses of jy betaal of verniet opleiding kry slegs as jy werk kom jy erens, en studente wat se ouers klippe kou om dai studies te betaal is die hardwerkendes en die leiers van ons toekoms.

Skatymir ·

NEE ….Net nie dit nie, brand eerder die biblioteek af.

Liza ·

Leer al die stakende en betogende studente wat julle saai sal julle maai. Dit wat julle breek vervang julle self. Julle ontwrig klasse so julle wil nie leer nie so julle hoort nie op die kampus nie. So maak ‘n voorbeeld van hulle en stuur hulle huis toe sonder ‘n akademiese kwalifikasie dat hulle daar kan afbreek en plunder. Dit is omdat ons ouer mense te bang is vir die jeug van vandag dat dinge so gaan. Leer hulle op ‘n harde manier dissipline. Goeie dosis dissipline het niemand nog ooit skade gedoen nie. Ek verstaan die studente wat wil studeer se frustrasie baie goed. Al my simpatie met hulle en sterkte aan hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.