Maties-student beroof, verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Student aan die Universiteit van Stellenbosch in die Wes-Kaap is glo Saterdagoggend in haar studentewoning verkrag en beroof.

Kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die 22-jarige student is omstreeks 06:00 in die studentehuis in Joubertstraat aangeval. “ʼn Onbekende man het toegang tot die huis bekom en die vrou se skootrekenaar en selfoon geëis,” het Kinana gesê. “Die man het daarna glo die student verkrag en van die toneel gevlug.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en verkragting.

Martin Viljoen, die universiteit se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê die huis waar die voorval plaasgevind het behoort aan die universiteit en dit is gewoonlik senior studente wat daar woon. “Ons het aan die sewe inwoners wat daar bly ander verblyfreëlings getref vir die res van die jaar,” het Viljoen gesê.

Hy het gesê die universiteit se krisisdienssentrum gee berading aan die student, haar gesin en huismaats.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Glo? As daar ander verblyf gereel is…wel. Maar met die gemors in S.A. is dit altyd GLO. Mag hierdie arme kind deur die ding kom. En God help ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.