Maties-student geskors oor beweerde rassisme

Universiteit Stellenbosch

Universiteit Stellenbosch

ʼn Student van die Universiteit Stellenbosch (US) is uit ʼn koshuis geskors nadat hy glo rassistiese skeltaal teenoor ʼn medestudent gebruik het.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig dat die voorval glo Vrydag in die vroeë oggendure in die voorportaal van die Helshoogte-manskoshuis plaasgevind het. Die universiteit het ʼn ondersoek na die voorval geloods en die student is hangende die uitslag van die ondersoek uit die koshuis geskors.

“Die Universiteit Stellenbosch handhaaf ʼn beleid van zero-verdraagsaamheid wat betref menseregteskendings, viktimisering van enige aard, rassisme, klassisme, seksisme en alle ander vorme van diskriminasie,” het Viljoen gesê. “Die universiteit is besig om die klagte te ondersoek en sal nie skroom om dissiplinêr op te tree indien daar genoegsame bewyse gevind word dat die skeltaal wel gebruik is nie.”

Hierdie voorval kom enkele dae nadat ʼn omstrede dokumentêre video, Luister, bekendgestel is waarin swart studente vertel hoe daar teen hulle gediskrimineer word by die US. Die ANC en DA het sedertdien geëis dat ʼn ondersoek na die bewerings in die video gedoen word.

ʼn Dosent van die universiteit is vroeër vanjaar afgedank nadat hy glo ʼn rassistiese SMS aan ʼn student gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jaques ·

Die hele rassisme ding raak nou net te ‘n maklike manier om van iemand “ontsla” te raak.

Kan die klomp “studente” nie ‘n slag op hulle studies fokus en die politiek los vir wanneer hulle klaar graad gevang het nie!

J.Z ·

Ander universiteite is klaar gebreek,nou is dit Stellenbosch wat af gebreek moet word, hoop daar is n paar mense wat luister en sien die aggenda agter Luister.nie die taal nie maar wel om wit mense by te kom.

Dave ·

Het enigeen van julle al êrens ‘n berig gesien wat vertel van ‘n swarte wat aangekla is van rassisme? Indien een aangekla is van rassisme sal dit ‘n blanke wees.

Niel ·

Baie waar wat jy sê, swartes kan mos nie rassisties wees nie

Winston ·

Wanneer kom die betogings nou teen hierdie skorsing. As n swart student geskors word, betoog hulle hom terug. Begin optree soos in Rome en maak soos die Romeine. Hierdeur hits ek niemand aan nie maar wag reg is, is reg. Almal het regte.

EKSDOM beurshouer gewees ·

Dis presies Johann, maar gelukkig is ons almal maar net mense. Nie een beter of slegter as die ander, of so hoop ons…..

Martin ·

Dit is regtig skokkend om te moet lees dat ‘n student summier geskors is nog voordat daar
‘n behoorlike ondersoek gedoen is. Wat sou gebeur het as dit die wit student was wat geviktimiseer was?
Waarom word daar altyd net berig oor rassisme teenoor gekleurde studente? Dis tyd dat alle studente op die kampus vertel hoe hulle uitgelok word en sodra hulle daarop reageer, word hulle geskors of word daar teenoor hulle opgetree.
My seun studeer daar en gaan vanaf volgende jaar nie meer in die koshuis bly nie omdat die “ander” studente nie respek het vir studente wat ernstig is oor hulle studies en wil studeer nie. Van sy vriende en vriendinne het dieselfde klagtes en onder hulle is ook gekleurde studente wat nie onder sulke omstandighede kan studeer nie.
Die berigte is so eensydig en ondersteun eintlik die oproermakers. Dit skets maar ‘n donker prentjie van Suid-Afrika se toekomstige professionele mark met studente wat kosbare studietyd gebruik en vermors deur eerder te staak en kwaad te saai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.