Maties-student glo verkrag

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die Universiteit Stellenbosch (US) het gesê een van sy studente is glo buite ʼn vrouekoshuis verkrag.

Die universiteit het Woensdagaand in ʼn verklaring gesê die beweerde verkragting het glo in Februarie in die vroeë oggendure buite die Harmonie-vrouekoshuis plaasgevind. “Die student is deur ʼn distriksgeneesheer ondersoek en behandel en die universiteit se krisissentrum verleen bystand aan haar,” het die universiteit gesê.

Volgens die US word die saak deur die polisie se seksuelemisdrywe-eenheid ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie. Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, het sy skok uitgespreek oor die voorval. “Seksuele mishandeling in enige vorm is ʼn veragtelike daad en ons versoek die polisie om te verseker dat die voorval deeglik ondersoek word sodat geregtigheid kan geskied.”

De Villiers het benadruk dat die universiteit daarna streef om ʼn veilige omgewing vir studente en personeel daar te stel. “Die universiteit het oor die afgelope paar jaar verskeie bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel, maar die veiligheidsomgewing is voortdurend aan die verander, wat ’n waaksame ingesteldheid en die vermoë om aan te pas vereis.”

Volgens die universiteit is daar ʼn aanduiding dat die beweerde verkragter nie ʼn student is nie. “Indien die ondersoek egter die teenoorgestelde bewys, sal die universiteit nie huiwer om streng stappe teen die beweerde oortreder te doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Stan ·

Wim de Villiers, jy het geen beheer meer nie. Geen ouer met verstand sal sy kind na US stuur nie.

pieter ·

Moenie wim blameer nie,sit die blaam op zuma en sy anc,HOEKOM KLEIN LETTERTJIES EK RESPEKTEER HULLE NIE,.

Dee ·

Jy is klaarblyklk onbewus daarvan dat de villiers ‘n ernstige aanhanger van zuma en kie blyk te wees.

Pieter ·

Iets wat ek deesdae op let in berigte oor Universiteit as daar iets gebeur is dit altyd iemand anders wat nie n student is nie so wat soek daai persoon op die kampus waar is toegang beheer.

Andre ·

Pieter ek hoor wat jy sê. Maar…was jy al op Stellenbosch? Ken jy die uitleg van die kampus? Dit is oor ‘n groot deel van die dorp verspreid. Dis nie soos ‘n skoolterrein waar jy by een hek in-en uitgaan nie. Toegangsbeheer is onmoontlik.

saarkie ·

Wim de Villiers – hallo it’s me!!
Jy is die groot Rektor wat gister toegelaat
Het dat betogers wat nie studente is nie, studente in die Neelsie vaskeer. Jy laat toe dat ons afrikaner kinders onveilig voel op die Us kampus. Jy laat toe dat dameskoshuise op jou kampus weier om met inwoners afrikaans te praat en dat hulle inwoners,soos in Sonop dameskoshuis gedwing word om “toegespreek” te word oor blackfacing en white privilege!!
Terwyl jy weet dat die Sonop huiskomitee studente viktimiseer wat nie hierdie vergaderings wil bywoon nie.
Jy en jou hele Us bestuur is korrup en behoort verantwoordelik gehou te word vir al die gemors op die US kampus. Ook hierdie tragiese voorval behoort voor jou en US bestuur se deure gele te word oor Jul slapruggie beleid! !

Rina ·

My dogter en Inge Lotz was dieselfde jare op Stellenbosch en tot vandag soek ek nog Inge se moordenaar – rede my dogter het haar BComm LLB graad verwerf en is vandag die mamma van 4 pragtige kinders – Prof Lotz en sy vrou kry nie vrede en afsluiting nie en ek verstaan dit so goed, want hulle het niks……!! Deesdae kry ek myself dat ek dankie se my kind is nie meer op Stellenbosch of “for that matter” enige kampus – kyk net wat gaan aan en wat word van kinders se toekoms – buite is briljante leerders wat geleentheid gegun moet word om hul na-skoolse studies in vrede te kan voortsit – ouers ek kry julle en jul kinders almal baie jammer!

Lise ·

Rina, jy besef seker dat jou dogter met haar BComm LLB-graad ook jou vier pragtige kleinkinders na ‘n universiteit moet stuur? Wat het Inge Lotz se saak nou enigsins met jou kommentaar te doen? Dit is deur God se genade dat jy jou kind kon stuur na ‘n universiteit en geseën is met kleinkinders. En nog jou dogter lewend by jou het “for that matter”.

Wynand ·

Wim de Villiers moet nie nou kom se hy is geskok nie – hy moes dit verwag het. Hy is heeltemal verantwoordelik daarvoor . Dit moet voor sy deur gegooi word. Hy is lankal nie meer in beheer nie en het die US in die afgrond ingedryf.
Wanneer gaan die US ‘n mosie van wantoue teenoor hierdie man indien – komaan kollegas van hierdie maaksel – doen asb iets -. julle kan dit doen en julle het ‘n reg om dit te doen. Staan op vir wat julle in glo. Sal julle daarvan hou indien dit met julle kinders gebeur? Hierdie man moet baie vinnig daar weg – voordat hy nog groter skade aanrig. Solidarieit en Afri – kan julle iets doen? Hierdie man is uit sy diepte uit hy kan eenvoudig nie die US bestuur nie – hy is galdnie bevoeg nie – ons kan it tog almal sien.

TTh ·

Ek hoop die student se ouers soek vir Wim’99 op en sorteer hom uit. Hy is verantwoordelik vir die swak sekuriteit en toelating van al die miggels/verwoesters/verkragters/opstokers op die kampus. Dit is die storie van die land, wat ‘n totale gemors.

Dries Naud'e ·

Ek stem saam met jou ons jong mense moet opstaan dis ons univ.

Karel ·

Ja, slim Wim en sy “fees must fall “, “afrikaans must fall”, “outsorcing must fall’ en al sy mede kruipers moet pa staan vir die verkragting. Dit is hulle wat toegelaat het dat nie-studente saam met studente toegang het tot die unversiteits gronde en al die “fall” bewegings.

Hannelie ·

Dis mense soos Wim de Villiers wat veroorsaak dat ouers hul kinders nie na US stuur nie. Mense stuur hul kinders eerder Potch toe of na enige ander universiteit. OF glad nie, want ouers is bang om hul kinders na ‘n “plek” te stuur waar hul nie veilig is nie of waar hul vals beskuldig word van PERS wat SWART geword het. Dis pateties.
Jy moet jou huiswerk doen. En wat het gister gebeur by die Neelsie. Jy weet mos daarvan? Wat het jy daaraan gedoen? Niks?

Hannelie ·

My kommentaar is weggelaat. Het ek Wim de villiers te veel die skuld gegee? Jammer maar ek sien hoe ‘n een goeie universiteit een van die dae/jare sonder studente gaan sit.

Karolis ·

As my hond jou binne of buite my erf byt dan is ek verantwoordelik.
WdV gaan vra by die regsfakulteit.

Sputnik ·

Hoewel ek ook my mening het oor Wim de Villiers, is dit baie duidelik dat die kommentators hier GEEN idee het van die kampus van US nie. Anders as by Tuks is daar nie toegangsbeheer nie (behalwe dalk tot die geboue) omdat die kampus deel is van die dorp – halloooo, word wakker!

Bokram ·

Ek het gisteraand vir my vrou gese,my kinders moet sommer na skool direk oorsee gaan en op plase gaan werk,dit is wat ek sou doen,ek gaan hulle nie in hierdie land verder laat swot nie,die universiteite sal nie my geld sien,hierdie sinnelose stakings en aanrandings van studente het my bitter gemaak.

Sarie ·

By die lees van hierdie berig vanoggend het my gedagtes terug gegaan na Desember 1976 toe ek moes agterbly om praktiese werk vir die praktiese deel van my eksamen af te lê. Ek en my vriendin het een aand gaan fliek en toe ons terugstap na die koshuis het ons agtergekom iemand agtervolg ons. Ons het vinniger gestap, maar hulle het ons ingehaal en ons probeer intimideer. Hulle wou weet waarheen ons oppad is. Ek sê toe sommer ons gaan Wilgehof toe. Toe hulle na ons gryp het ons begin hardloop en geskree en by Wilgehof se hek in gehardloop. Toe ons om kyk om te kyk waar hulle is het ons net hakskene in die teenoorgestelde rigting gesien, want ‘n polisiewa het in die straat afgery. Ek dink nie polisie was bewus van die insident nie, maar daar was respek vir die polisie en bloot hulle teenwoordigheid het hulle afgeskrik. Dis die verskil tussen toe en nou op Stellenbosch. Toe was daar orde, maar vandag het rowers, verkragters en aggressors a.g.v. die vele menseregte wette wat voorkeur bo wette wat verantwoordelikheid afdwing, kry.

Leon ·

Ek stem een honderd persent saam jou Sarie , toe het ons nog die polisie gerespekteer en daar was wet en orde. Hierdie kriminele elemente word deur die menseregte handves beskerm en hulle maak gebruik van die beskerming

Ig ·

Ek is tans n student by die US. Daar is dienste in plek gestel vir mense wat laat aand by die koshuise of woonstelle wil uitkom. Hoekom maak die meisies nie hiervan gebruik nie? Jy bel dood eenvoudig “campus security ” en dan kom haal hulle jou en vat jou huistoe of stap saam met jou tot waar jy wil wees. Doen eers huiswerk voor julle net komentaar lewer.

Stefan ·

Ek deel die skok van alle ouers met dogters op kampus – mens weet nie meer waar jou kinders veilig is nie.
Maar waaroor ek eintlik kommentaar wil lewer is die lamsakkige herhaling van dieselfde ou rympie deur alle vise-kanseliers die laaste tyd. Hulle het iewers op tekenaar ‘n templaat wat hulle net elke keer bietjie aanpas. “Alles onder beheer … dit was nie studente nie … doen alles in ons vermoë … verleen bystand … ens ens blablabla …”.

PJ ·

Wim sè as die teenoorgestelde bewys word sal daar streng opgetree word die skuldige sal seker dan gratis kan studeer

Asjas ·

Wat van #USmustfall? Alle wit en Afrikaanse kinders vat ‘n jaar af, ontrek jul geld. Gaan oorsee vir ‘n jaar en sien of julle ooit wil terugkom. Wanneer die Universiteite se geld opgedroog het en alles vergaan het gaan hulle julle smeek om terug te kom.

Gemsbok ·

Ons moet ‘n Afrikaanse universiteit op Orania bou vir ons dogters en kleindogters en beskaafde seuns.

Marous ·

Vat julle kinders uit die plekke en dagvaar hulle vir skadevergoeding en genoegdoening! Nie klas aksies nie maar individuele eise by die duisende! Diegene wat nie wil sien dat hierdie ‘n totale aanslag teen die Afrikaner is met die steun van die regering nie , moet maar hulle kinders dan uitgelewer los!

'n ma ·

Stel KLAG VAN GRIEWE in sorg dat REKTOR van Us kennis neem van sy verantwoordelikhede oa PERSOONLIK VERANTWOORDELIK GEHOU SAL WORD VIR AANSLAG OP LEWENS OP Us STUDENTE.

Karma ·

Liewe land, maar die mense kom Prof. De Villiers lelik met die teerkwas by! Ek ken die man of die opset by US glad nie, maar het die volgende paar dinge waargeneem:

Een: die student is in die vroeë oggendure aangeval en verkrag – wat soek sy daardie tyd van die ogggend, kom ons neem aan dit was so 02:00 in die oggend, buite die koshuis? Sy kon sekerlik nie nog navorsingswerk of studie êrens elders op die kampus gedoen het nie?

Twee: wie sê dit was nie ‘n boyfriend of kennis van haar wat die veragtelike daad gedoen het nie? Dalk het hulle van ‘n studente-jol afgekom, was hulle onder die invloed en het ‘n amoreuse kafoefel in ‘n verkragting ontaard?

Drie: hoe kan mense Prof. De Villiers verkwalik vir die insident? As Prof. De Villiers en die Universiteit dan verantwoordelik gehou word vir die verkragting van die dame, dan moet Jacob Zuma en die ANC in geheel verantwoordelik gehou word vir elke misdaad in die land – dit is immers hulle wat die landsgrense oopgegooi het vir elke stuk kriminele skuim om die land te infiltreer.

Vier: hoekom sê mense #USMustFall? Wat as ons sou sê #TUKSMust Fall of #WITSMustFall? Is dit nou weer provinsie-gebonde sentimente omdat US in die Wes-Kaap is, wat die enigste funksionerende provinsie in die land is?

wynand ·

Sputnik jy moet bykom. Sekuriteit is veronderstel om op die groen lyne diens te doen watby die koshuise gemerk is.En wat van gister se gemors by die Neelsie wat is jou antwoord daaroor.

Irene ·

As hul nie moor nie verkrag hulle of breek in hulle is so sleg groot gemaak kyk vie is al hul boeties

pop ·

Vyf. Hou op kommentaar lewer.
Aan al die ander ouers. My stiefdogter het haar meestersgraad laasjaar afgehandel. Ons gaan April maand gradeplegtigheid toe. En sy het nooit haar voete op n kampus gesit nie. Deur Unisa gedoen. Lekker by die huis. Laat julle kinders by die huis studeer as dit moontlik is.

saarkie ·

Ons verkiess om vas te staan waar ons is. US ouers en studente SAL weerstand bied teen jou en bestuur wat politieke propaganda in ons kele probeer afdruk!!

Wynand ·

Karma jy weet duidelik nie wat daar aangaan nie. Studente spandeer tyd in die Bib daardie tyd van die nag. Bel en dan hoor jy vir jouself. Moenie iets se waaroor jy nie duidelikheid het of net aanneem dit is soos wat jy dink nie. Ek ken baie studente en word ingelig. Was jy daar?
Wim de Villiers se geskiedenis spreek vanself . Gaan kyk wat het al alles skeefgeloop vandat hy daar begin het dan praat ons weer.

Karma ·

Wynand, as jy nou mooi, stadig en versigtig my opmerking lees … paragraaf 1, sin 2: ek sê daar duidelik dat ek nie Prof. De Villiers en die opset by US ken nie …. Verstaan jy nou? My redenasie sê dat die student op ‘n verkeerde tyd en plek was. Ig, tans self ‘n student aan US (en het daarom meer kennis van die daaglikse doen-en-late op die kampus, meer as jy wat net deur studente ‘ingelig’ word), noem dat daar dienste beskikbaar gestel is vir studente wat laatnag tussen fasiliteite beweeg. Hoekom het sy nie daarvan gebruik gemaak nie?

En hoekom sonder mense Prof. De Villiers uit as sondebok vir alles wat verkeerd geloop het? Ek is seker daar gebeur dalk goed wat nie almal se goedkeur nie en daar is mense wat eenvoudig net nie van Prof. De Villiers hou nie. Hy moet egter iets ‘reg’ doen – daar is darem seker iets soos ‘n beheerliggaam en die Departement van Onderwys aan wie hy verantwoord?

In stede van kritiseer, hoekom neem diegene wat Prof. De Villiers wil ophang, nie eerder opbouend deel en doen voorstelle oor hoe die universiteit beter bestuur kan word nie? En hoekom blameer jy nie Zuma en die ANC eerder vir al die misdaad in die land nie?

minki ·

enige leerder het die reg om enige tyd, dag of nag veilig te voel. Wie gee enige persoon die reg ongeag watse kleur, om n ander persoon onveilig te laat voel of meer nog, se lewe in gevaar te stel.

Wynand ·

100% Reg Minki!!!
En op die ooblik betaal die studente baie duur – hulle verloor klas deur as gyselaars aangehou te word en om verkrag te word
Dit maak nie sin nie en die Rektor moet Pa staan daarvoor. Niemand anders nie want hy is hoof van die US. En hy kannie – want hy is nie bevoeg nie. Dit is my hele punt. Kry iemand wat bevoeg is en die job kan doen. Hierdie man kan duidelik nie.

wynand ·

Karma duidelik gee jy nie om oor veiligheid op kampus en koshuise nie en duidelik is jy n groot aanhanger van oy wim. Good luck vir jou.Gee jy nou die student wat verkrag is die skuld?Verstaan ek reg? Haal die klappe van jou oe af en skrik wakker.Ons ander het al lankal wakker geskrik.Wat van wim was n sukses? Vertel ons meer en oja ten koste van wie?

Ja ·

Wynand jy praat baie wys as die mense maar net wil besef wat werklik aangaaan ,veral die liberaliste kry die meisie en ouers baie jammer bid vir julle

wynand ·

Dankie Ja vir jou insig.Ek waardeer dit.Die meisie bly in my gedagtes en so ook die ouers.Dit is so onaanvaarbaar wat by US gebeur en dit alles oor swak rugraatlose lamsakkige bestuur.

wynand ·

Ek wonder waarom rugraatlose wim die pad gevat het by die woordfees toe die betogers hom en rugraatlose price uitgejou het?Was hy dalk bang? Daar is mos security? Hy en price hetmos gese studente moet betoog.Kry vir jou wim en price.Was price se seun ook daar want price was mos trots op sy seun dat die vroeer in die jaar of verlede jaar betoog het? Wat n pateet. maroela die vraag was al voorheen gevra en ek vra ook: wat betekenGLO verkrag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.