Maties-student se lewe gevier

Hannah Cornelius se herdenkingsbrief. Foto: Verskaf

“Ons is hier om ʼn besonderse mens se lewe te vier en het twee keuses: Om dit wat gebeur het op ʼn negatiewe manier te hanteer of om ʼn lewe te gedenk en iets positiefs daaruit te maak.”

Dit was die woorde van ds. Jan van Heerden in die NG Kerk Vishoek waar Hannah Cornelius (21), die tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch wat vroeg Saterdagoggend in ʼn kapingsvoorval vermoor is, se gedenkdiens gehou is. Die kerk was stampvol en van die roubeklaers moes verrigtinge vanuit ʼn oorvloeisaal volg.

“Anna [Hannah se ma] het gesê hulle as familie sal bó die tragedie uitstyg en iets positief hiervan maak. Ons weet dit gaan moeilik wees, maar ek bid dat God julle krag en genade sal gee,” het Van Heerden gesê.

Van Heerden het gesê Cornelius het “al die liefde en geduld in die wêreld” vir haar jonger boetie, Andries (18), wat outisties is, gehad.

“Sy het my eenkeer gevra of haar gestremde boetie hemel toe sal gaan. Dit is die mens wat sy was, sy was altyd besorgd oor iemand anders en wat met hulle gaan gebeur. Sy het net twee dinge op haar sogenaamde “bucket list” gehad: dat haar broer oukei sal wees vir die res van sy lewe en dat sy vir die res van haar lewe ander mense kan help.”

Cornelius is die kleindogter van wyle prof. Pieter de Villiers, komponis van onder meer “Sewe Boerneefliedjies”, ʼn sangsiklus wat hy vir Mimi Coertse geskryf het. Cornelius self was ʼn kranige pianis en besig om haar hoogste kwalifikasie in klavier te verwerf – op een van haar oupa se klaviere wat in haar ouerhuis staan.

ʼn Orrelis het die wiegeliedjie, “Hannah se wiegelied”, tydens die diens gespeel. Haar oupa het dié liedjie vir haar gekomponeer op haar geboortedag op 12 Februarie 1996.

Lali van Zuydam (27), Cornelius se niggie en die familiewoordvoerder, het namens die hele familie hulde aan Cornelius gebring. “Iets wat die familie die afgelope week geleer het, is dat moeilike tye die beste vriende onthul. Ons is oorweldig met vriendelikheid, liefde en meegevoel en dit getuig van die mens wat my niggie was.”

Van Zuydam het gesê Cornelius se nalatenskap sal vriendelikheid, liefde, lig, warmte, nederigheid, sagmoedigheid, intelligensie en kreatiwiteit wees.

Sy het Elie Wiesel, skrywer wat die Joodse volksmoord tydens die Tweede Wêreldoorlog oorleef het, aangehaal: “I have learned two lessons in my life: first, there are no sufficient literary, psychological, or historical answers to human tragedy, only moral ones. Second, just as despair can come to one another only from other human beings, hope, too, can be given to one only by other human beings.” Sy het gesê die familie klou vas aan dié hoop.

Jacqueline Catterson, een van Hannah se beste vriendinne, het gesê sy sal haar vriendin altyd met ʼn glimlag op haar gesig onthou.

“Sy het gesprankel en ons weet sy in veilig in die hemel in Jesus se arms waar sy nie pyn, woede of angs hoef te ervaar nie, sy is in vrede en ervaar vreugde. Sy is nie weg nie, sy het net haar adres verander. Haar lewe was ʼn fees, sy is nie net ʼn tragiese storie nie,” het sy in haar huldeblyk gesê.

Die familie beplan om binnekort ʼn hulpfonds te stig om Hannah se nagedagtenis te vier.

  • Cornelius en haar vriend, Cheslin Marsh, ’n medestudent wat teologie studeer, is Saterdag in die vroeë oggendure in Birdstraat, Stellenbosch, gekaap, beroof en ontvoer. Marsh is in ʼn stadium uit die motor geruk, met bakstene teen die kop gegooi en in Kraaifontein vir dood agtergelaat. Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 naby ʼn bekende wynplaas op die Knorhoekpad buite Stellenbosch aangetref.
  • Vier verdagtes is reeds ná die voorval in hegtenis geneem en het vandeesweek in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting. Hulle is Vernon Witbooi (32), Geraldo Parsons (26) en Nashwill Julies (28) en Eben van Niekerk (26). Van Niekerk se saak is tot 20 Junie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Witbooi, Parsons, en Julies se sake is tot 28 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Lees die vorige berigte oor Hannah Cornelius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Brenda ·

My moeder hart gaan uit na hierdie familie. My dogter studeer self by Universiteit Stellenbosch. Ons as ouers is bekommerd oor ons kinders, ons kan net vir hulle bid. Hierdie was ‘n hartelose moord en ek voel die beskuldiges moet nie borgtog kry nie, net om weer ons kinders te viktimiseer en te moor, Nee asseblief moenie dat hierdie moordenaars borg kry nie. Hulle moet nie weer die buitekant van ‘n tronk sien nie. Ek wens so ons kan die doodstraf terug bring, hulle het geen resepk vir ons pragtige kinders nie, hoekom moet ons vir hulle enige respek hê en hoekom moet hul enigsins ‘n kans op lewe hê nadat hulle ‘n lewe geneem het.

dirk L ·

Dame ek stem saam. baie sterkte aan die familie – dit is tragies. Wat ek dikwels wonder is hoeveel studente weet van die gevare. Waarom maak mense hul kinders nie meer attent nie. Stellenbosch het baie ernstige dwelm en bende aktiwiteite. Tik, Mandrax crack en vele ander is oral beskikbaar en word gebruik voor misdade. Ken jou vriende en waar hulle vandaan kom. doen navorsing oor hulle. S ommiges het duidelike bende kentekens en tattoerings Daardie mense s voel niks vir n menselewe nie Bly in jou tuiste saans. Jy gaan Nie uit saans nie. Ek sien en ry deur die dorp elke week en ek skrik as ek sien hoe dit weekliks versleg

al ·

Geen borgtog nie!!! Ons Suid-Afrikaners is siek en sat vir hierdie soort geweldsmisdade teenoor onskuldiges.
Hannah se ouers sal nou nooit die voorreg hê om kleinkinders te hê indien dit hul beskore sou wees.
Lewens word vernietig en dit vir ñ paar silwerlinge!
Ek het geen simpatie met die moordenaars nie, wat hul rede sou wees, dit was nie nodig om so ver te gaan nie! Hul het geweet hul doen verkeerd!

not in wonderland ·

Jammer, ek is beslis nie ‘n ewige optimis nie. Ek kan geen positiefs in die heengaan van jong mense sien nie en op die manier waarop hulle sterwe nie. Ongelukkig het ondervinding my geleer.

Tanya ·

So ‘n pragtige kind. Mag jy in vrede rus en mag die Here jou familie troos.

Ada ·

Morele verval soos hulle tereg se. Moraliteit kan nie geleer word nie – jy kry dit met opvoeding – en daar is geen opvoeding in S A nie. Vandag se jongmense sonder moraal se kinders gaan ook so groot word en dink dit is hoe dit moet wees. Daar gaan geen einde aan kom nie behalwe as iets groots kan gebeur. Ek wag op die groot gebeurtenis. Weet nie wat dit gaan wees nie maar ek hoop daarvoor en hoop dat dit ‘n verandering vir ons verrotte land sal bring.
Ek wens ek kon die dogter troos en se alles is ok, maar ek kan nie.

Einstein ·

Cheslin sal moet praat,dit is sy maaitjies wat dit gedoen het.Ek glo glad nie sy storie nie en dink ook nie Hannah sou met so karakter soos hy vriende wees nie.

Nita ·

Was hierdie n geval van: Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op?

Johann ·

Ek sien Maties gaan drastiese aandag aan sekuriteit op die kampus gee, maar dan, in ons gewone dorpe en stede, waag ons dit, veral nie deur die nag, of in die vroeë oggendure (byvoorbeeld, tussen 3 en 6 vm) om in ‘n kar in die straat te sit nie. Wat sal dit ander as op Stellenbosch wees?

Karen ·

Ek is dosent by ander universiteit en YS om te dink wat die kinders dink om daardie tyd van die nag op straat te wees. Hulle hoort tuis (in die veiligheid van hulle koshuis!). Maak nie saak of hulle studeer, gechat of watookal gedoen het nie. Geen regdenkende SAner is daai tyd van die nag op straat nie, Universiteit Stellenbosch is verantwoordelik vir sekuriteit op kampus, nie die hele dorp van Stellenbosch nie. Mag sy in VREDE rus na so grusame ondervinding.

Johann ·

Karen, jy is so reg. Die jong mense wil uit, hulle wil die lewe geniet, maar hulle sal, na ons nou al 23 jaar in die nuwe SA is, moet aanpas by die omstandighede. Misdaad en geweld is elke dag op die voorblaaie. Die mense word gedurig attent gemaak op allerhande slenters, ook op die internet. Natuurlik verstaan mens as mense gaan fliek of bv ‘n fees bywoon, sport, ‘n optrede. Wat egter onvergeetlik is, is hoe kan mens dit in die nag in ‘n kar waag om met jou metgesel vir ure te sit en ‘gesels’. Veral as dit ‘n meisie en haar metgesel is. Daar kan nog klomp vrae gevra word oor hoe verantwoordelik dit was, deur beide, ens, ens. Maar op die einde is ons almal self verantwoordelik vir die keuses wat ons maak, elkeen van ons.

Helene Heyns ·

Dis so onregverdig want hoekom mag iemand nie buite wees in die nag nie as gevolg van ander moorddadige, walglike, vieslike skepsels wat nie wet en orde wil gehoorsaam nie. Maak hulle van die gras af en hul sal baie gou agterkom wat mag en wat mag nie wees nie.

Johann ·

Helene, ons is in hierdie land, aan niks beters toe as leeus/geblikte leeus, of renosters nie. Die regering en die stropers is nog ‘n bewys daarvan.

rose ·

Nita ek dink dit is ‘n baie onverantwoondlike ding om te se. Hoeweet jy wat se tipe mens hy is. Almal wat nie wit is nie is sleg nie. Dit was ‘n vriend hulle het hom vir dood agter gelaat. Ek voel baie jammer vir hom. Hy het ‘n vriedin verloor en hy kon niks doen om haar te beskerm nie. Vier of vyf teen twee watse kans het jy.

Boetman ·

Sjoe wat kan mens sê, maar dit is hart verskerend. Sterkte aan familie

dirk ·

Iets in die reaksie van die familie vertel hoe besonders hulle moet wees. Hulle het die hele nagmerrie met soveel waardigheid en kalmte hanteer. Amper bonatuurlike kalmte. Ek eer hulle daarvoor. Ek dink nie ek sou dit kon regkry nie.

Liebenberg ·

Ek wonder wat sou gebeur get indien die slagoffer swart was? Waarom nie media dekking oor hierdie pragtige kind oorsee nie? Of nog kommentaar van die univ Stellbosch nie? Kyk hoe het hulle aangegaan met die onlangse plakkate.Niemand het oor die plakate so n wrede dood gesterf nie. Toe was die US grootbek en dit was internasionale nuus.En nou? Die US is nou doodstil.Wat se dit vir ons?

Realis ·

Hierdie tipe voorvalle vind plaas omdat mense nie dink nie. As jy 3 uur in die oggend in die straat in jou kar sit, saam met jou kleurling vriend, heel naby of in ‘n oorwegend kleurling woonbuurt……….waar ons almal mos nou WEET bendebedrywighede aan die orde van die dag is……dan verhoog jy mos jou kans drasties om ‘n voorval soos hierdie ‘n slagoffer te word? Wat soek VIER kleurling mans 3uur in die oggend op straat? Hulle soek ‘n slagoffer….want hulle is tien teen een lede van ‘n bende…en deel van toelatingsvereistes tot ‘n bende is om jou wreedheid te gaan demonstreer…want dit gee die bende sy “status” om ‘n gebied te beheer. Nou dwaal vier kleurling mans 3 uur in die oggend deur die strate van Stellenbosch en hier kry hulle ‘n kleurling man en sy 22 jarige blanke vriendin…..Wat gaan die uitkoms hier wees? Komaan mense…..gebruik tog julle ingebore intelligensie. Hierdie situasie KAN nie ‘n positiewe uitkoms hê nie….As jy 3 uur in die oggend in jou slaapkamer in jou bed is, in plaas van 3 uur in die oggend in ‘n bende gebied in jou geparkeerde kar saam jou kleurling vriend……verminder jy die risiko om verkrag en vermoor te word met 99%. Daar is ‘n spreekwoord wat lui: Jy is altyd vry om te kies, maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuses nie. Ek is jammer vir Hannah….verkeerde keuse gemaak.

J.C ·

Dalk was sy onder valse voorwendsels in ‘n lokval gelei? Jy ken die ou wêreld. Hierdie kind wou almal net help. Haar hart was so onskuldig.

Dirkie ·

Ek stem saam met die meerderheid wat net soos ek dink. Sy kon nie in hierdie land 3 uur in die oggend in n stilstaande motor sit en kuier nie. Wat doen jy daardie tyd in jou motor? Dus tragies wat gebeur het en ja ons het die reg om enige tyd dag of nag te doen wat ons wil. Maar albei van hulle was al oud genoeg om van die gevare daar buite te weet. Ek dink haar ouers het baie vrae om te vra.

Director Krennic ·

By the Power of the Dark Side of the Force: vervloek is die siele wat skuld het hieraan – tot in alle Ewigheid.

Karma will extract her payment in due course.

elna ·

Ek sien niks positiefs in hierdie wrede moord op n pragtige jong meisie nie. Ek stem heelhartig saam met Realis hierbo. Dis juis hoekom hierdie geweld nooit sal eindig nie – ons aanvaar maar net en probeer polities korrek wees deur te sê ons is nie bitter nie, nie kwaad nie en vergewe die moordenaars!

Tanya ·

Ek was geskok toe ek nou op Google maps sien hoe naby Bird straat aan die kampus is

Sou altyd graag my dogter Stellenbosch toe wou stuur- gedink dis so lekker studentedorp maar nie meer nie!

Dis so goed jy swot by Tukkies en gaan sit in n kar 3 uur in die oggend in Sunnyside…
ek kan nie verstaan hoe so n slim kind so n dom besluit kon neem nie…of dalk kan ek, as ek so na my tienerdogter kyk…
Wens net die kids wil DINK…hoekom nie eerder in n woonstel gaan kuier nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.