Maties-student wat glo verkrag, kry borgtog

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Finalejaar BSc-student aan die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag in die plaaslike distrikshof verskyn op aanklag van verkragting.

ʼn Vorige aanklag van verkragting teen die student is intussen voorlopig teruggetrek en kan later weer ingedien word, het die hof gehoor. Die student, wat nie geïdentifiseer word voordat hy pleit nie, is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Lede van die kampussekuriteit het glo die aand van die beweerde verkragting daarvan te hore gekom dat die beskuldigde ʼn vrouestudent in sy bed by die koshuis het. Die lede het die twee studente in die bed gevind. Die vermeende slagoffer was glo erg onder die invloed van alkohol en onbewus van wat gebeur.

Neil Slabber, die student se regsverteenwoordiger, het ʼn mediese verslag by die hof ingedien. Volgens die verslag het geen penetrasie plaasgevind nie en was die vermeende slagoffer glo gereeld seksueel aktief.

Die staatsaanklaer Richardo Davis het egter gesê die vermeende slagoffer het nie ingestem tot seks met die beskuldigde nie.

Die beskuldigde moet weer op 11 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moerig ·

Ek raak moerig, jammer Maroela en jammer as ek verkeerde afleidings maak, maar al my hare rys en ek kook. Het hierdie man nie huerdie meisie dronk gemaak of gedope vir sy streke nie? Verder nog n verkragtings klag, ek begin glo ek is reg. Verder Neil Slabber moet sy toestemming gee tot elke keer se seks, dit maak nie saak of sy n miljoen keer vooraf seks gehad het nie, die jong man moes haar reg as vrou respekteur, julle maak nie reg met vroue!

Jane ·

Volgende jaar is daai verkragter ‘n Rekenmeester by een van die top ouditfirmas in die land .. nice going .. R1000 borgtog? Mooi man.

Eugene ·

Jane, ek het die gedeelte in die berig waar hy skuldig bevind is gemis…. Volgens die berig word hy nog net aangekla en is hy nog nie skuldig bevind nie en dus word hy volgens ons regstelsel geag onskuldig te wees tot hy skuldig bevind is deur die hof en nie deur lesers van media berigte nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.