Maties-studente uit SR-verkiesing geskors

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag gesê sy kandidate in die studenteraadverkiesing van die Universiteit Stellenbosch (US) word met opset geteiken nadat al agt kandidate ʼn dag voor die verkiesing geskors is.

Cornelius Jansen van Rensburg, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê aanklagte is Maandag teen al die studente wat AfriForum in die verkiesing ondersteun, ingedien. Die aanklagte hou verband met ʼn verkiesingsveldtog wat die organisasie op die kampus gehou het. Die kandidate word ook daarvan beskuldig dat hulle nie aan die verpligte hoeveelheid koukus-vergaderings deelgeneem het nie.

“Die aantygings teen die studente is heeltemal onwaar,” het Jansen van Rensburg gesê. “Dit is heeltemal binne die reëls om ʼn bemarkingsveldtog op die kampus te hou in aanloop tot die verkiesing. Die DA het ook onlangs ʼn klomp T-hemde op die kampus uitgedeel ter ondersteuning van hul kandidaat en geen haan het daarna gekraai nie. Hierdie is ʼn doelbewuste poging om ons kandidate te teiken en die studentedemokrasie te ondermyn.”

Volgens Jansen van Rensburg is die agt kandidate omstreeks 15:00 Maandagmiddag ingelig om binne ʼn uur voor die studentehof te verskyn om te antwoord op die aanklagte. Hy het gesê dit was natuurlik nie vir die studente prakties moontlik nie, veral aangesien hulle in dié tyd nie meer op die kampus was nie. Die hof het egter voortgegaan om die aanklagte teen die studente aan te hoor in hul afwesigheid en uitspraak is voorbehou. Teen middernag het die hof beslis die studente is uit die verkiesing geskors.

Jansen van Rensburg het gesê AfriForum het ʼn aansoek om verlof tot appèl teen die hofbeslissing ingedien en het teen Dinsdagmiddag nog gewag op te hoor of die aansoek geslaagd was. “Indien ons verlof tot appèl geweier word, sal ons ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad bring. Dit is onaanvaarbaar dat ʼn boendoe-hof gehou word waar hierdie studente nie eens teenwoordig is nie en dan moet die studente sommer in die media verneem dat hulle nie meer vir die studenteraad kan staan nie,” het hy gesê.

“Indien ons kandidate nie aan die verkiesing deelneem nie, sal daar minder kandidate wees as wat daar vakatures in die SR is. Dit sal beteken ʼn verkiesing kan nie gehou word nie omdat al die kandidate outomaties SR-lede word. Volgens ons inligting is daar een DA-kandidaat in die verkiesing en die res van die kandidate is verbonde aan Open Stellenbosch. Die aanklagte is ook glo aanhangig gemaak deur studente verbonde aan Open Stellenbosch. Hierdie Open Stellenbosch-studente ontneem dus nie net ons kandidate van hul reg om vir die SR te staan nie, maar ook die ander studente van hul reg om vir hul SR te stem.”

Die verkiesing sou Dinsdag om 12:00 plaasgevind het, maar dit is intussen uitgestel.

Maroela Media het die US om kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

mel ·

Toemaar die US gaan weereens op sy neus kyk net soos die SAUK. Wag maar. hulle gaan al weer hulle naam hond maak.

Annemie ·

Skaamteloos, geweteloos en itegriteitloos!!!!!!!!!!!! Eie aan hierdie boendoebende!!!

ben ·

Wat ‘n klomp idiote! Besef hulle dat hulle diote is of moet die hof dit vir hulle se? Hoe se jy vir ‘n idooit hy is ‘n idioot?

Pro-Afrikaans ·

Hierdie instelling is verlore vir Afrikaans. Ek weet van niemand binne die Raad, Senaat, Institusionele Forum en/of donateurs, wat pro-Afrikaans is nie. Moenie dat hulle julle bluf nie! Gaan voluit vir Akademia, ons nuwe Afrikaanse privaatuniversiteit.

Janneman ·

Pro-Afrikaans, ek stem volkome met jou. Die probleem is n universiteit word nie binne jare gestig en uitgebrei tot n volwaardige instituut nie. Dit vat tyd, baie befondsing en harde werk.
Afriforum moet aanhou veg en Afrikaans aan die lewe hou vir so lank as moontlik terwyl alumni en donateurs fondse na Akademia kanaliseer.
Ek hoop die VK en sy rektums het goed voorsien vir hul pension want sodra Afrikaans geval het gaan hulle die teiken word, onthou my woorde.
Dit is baie hartseer maar n werklikheid dat ons geliefde US op dieselfde ramp afstuur as al die ander Afrika getransformeerde institusies, Ek gee die proses 5 jaar.

Jak ·

Dis misken tyd dat almal besef dat universiteite internasionaal nie meer is wat hulle was nie – en dat wat by Stellenbosch gebeur ook by meeste Universiteite in Europa en Noord-Amerika gebeur… Niks nuut onder die son nie. Die geskiedenus van alle universiteite in die ontwikkelde wereld is besig om ‘n stadige dood te sneuwel. Afrikaners het a klein vensterkie (soos hulle se) om hulle eie ding te doen. Eintlink moet ons bly wees oor hierdie ontwikkeling – en on seie roete kuus!

Twakkie ·

Was duidelik bang AfriForum-lede word verkies en dan het hulle (Open Stbosch) nie vrye toegang tot enige moontlike fondse nie. Alles gaan altyd oor toegang tot geld. Interessant dat hulle dus dink AfriForum-lede het ‘n kans – as ‘n mens Media24 glo, wil g’n student op Stellenbosch meer in Afrikaans studeer nie, wat nog te sê iets met AfriForum te doen hê.

Lance ·

Vertrap jou taal vertrap jou kultuur …kom weg daar dis n gemors !

Grap ·

Sny hulle finansiële hoof slagaar af sodat hulle hulself dood bloei

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.