Maties-taalbeleid: ‘Afrikaans bevorder en Engelse studente nie uitgesluit’

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Argieffoto.

Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het die naweek by ʼn spesiale vergadering algemene vertrekpunte met betrekking tot die nuwe taalbeleid bespreek.

Volgens George Steyn, voorsitter van die raad, is daar deur middel van konsensus of ʼn meerderheid van stemme ʼn aantal beginsels geformuleer wat aan die taalhersieningswerkgroep voorgelê sal word. “Die raad se versoek aan die werkgroep is dat hierdie beginsels oorweeg word vir insluiting voordat die nuwe konseptaalbeleid op 3 Junie voor die senaat sal dien.”

Steyn het gesê een van die beginsels wat met ʼn oorweldigende meerderheid aanvaar is, is dat die Engelse aanbod uitgebrei behoort te word sodat geen toegelate student van die akademiese aanbod uitgesluit word nie, maar dat daar terselfdertyd verseker moet word dat die Afrikaanse aanbod nie verminder word nie en dat Afrikaans as onderrigtaal verder uitgebou word.

Daarmee saam het die raad hom ook uitgespreek ten gunste van ʼn verbintenis tot die ontwikkeling en bevordering van isiXhosa as akademiese taal. “Die hersiening van die US se taalbeleid is ʼn proses wat nog aan die gang is, en die konsepbeleid is steeds net ʼn werksdokument. Dit is ʼn komplekse saak met ʼn menigte standpunte en insette. Daarom is dit jammer dat enkele raadslede, strydig met die raad se gedragskode, doelbewus die raad, die bestuur en die proses via die Afrikaanse media onder verdenking plaas,” het Steyn gesê.

“As raadslede is dit ons verantwoordelikheid om die belange van die US se studente, dosente en professionele akademiese en administratiewe steundienspersoneel te bevorder, en nie dié van ander belangegroepe of buite-organisasies nie. Dit is nie produktief om op sekere elemente uit konteks te fokus nie. Die raad het sy beginsels ten opsigte van die taalbeleid duidelik aan die taalhersieningswerkgroep oorgedra via die viserektor: leer en onderrig. Ons sal die geleentheid hê om die volle nuwe konsepbeleid deeglik te bestudeer voordat ons dit op 22 Junie bespreek en ʼn besluit neem.”

Die universiteitsraad het by sy vergadering van 9 Mei ʼn mosie aanvaar “dat ʼn spesiale raadsvergadering gehou word vir besprekings en insette van die raad oor die taalbeleid en dat die uitkoms van die spesiale vergadering aan die taalbeleidhersieningswerkgroep vir oorweging voorgehou word voordat dit aan die senaat voorgelê word”.

Die senaat en die institusionele forum van die US sal die nuwe konsepbeleid bespreek voordat dit op 22 Junie by ʼn vasgestelde vergadering van die raad ter tafel gelê sal word. “Die universiteitsraad bepaal die instelling se taalbeleid met instemming van die senaat. Indien ʼn nuwe taalbeleid aanvaar word, is die doelwit om dit vanaf 2017 toe te pas,” het Steyn gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Maties-taalbeleid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Loeis ·

“…via die Afrikkaanse media…” het betrekkking.

Net gister (Sondag 22 Mei) het Rapport se plakkate gelees: “Engels nou bo by Stellenbosch”.

Bg is misleidend. En hulle doen die tipe ding GEREELD. Ek nooi Rapport se skrywer om homself hier te verdedig.

vermeende ·

Hoeveel van die Engelse studente se huistaal is Engels……baie min.
Moedertaal onderrug is jou reg maar onderrug in n aader taal is net n voorreg.

StopTheMadness ·

Dit klink vir my dieselfde as SARU se transformasie beleid! Spelers word op meriete gekies maar ook volgens kleur! Belaglike klomp twak, ons weet wat die uitkoms hiervan sal wees.

Leeukop ·

Xhosas kon tog fort hare unuversiteit n bastion van Xhosa onderrig gemaak het, Kyk tog hoe het mugabe en Zuma daardie plek so verheer. Maar nee, ons moet alweer gee en gee, tot vir hulle onderrig in hulle taal gee by ons universiteit. Pateties.

hans ·

Die Oos-Kaap is oorwegend Xhosa-sprekend en daar is n hele aantal universiteite daar. Hoekom kan daardie inrigtings nie die ontwilkkeling van Xhosa as n universiteit taal onderneem nie. Die Universiteit van Ft Hare bestaan alreeds 100 jaar wat het die personeel in al die tyd gedoen om die Xhosa taal tot op volwaardige akademiese vlak te ontwikkel? Waarom wil die Universteit Stellenbosch n ander provinsie se verantwoordelikheid oorneem?

Sarie ·

Hulle leiers was te besig om in Engels saam met die kommuniste te struggle so daar was nie tyd om hulle eie taal te ontwikkel nie.

Arie ·

Dit is vir ky die snaakste hulle veg nie vir hulle moedertaal nie net teen Afrikaans, wys jou die die anc is agter dit

Veritas ·

Dit klink na ‘n skielike ommeswaai. Ek vermoed ontevrede, dreigende geluide vanaf donateurs en Afriforum-jeug se regsaksie het hier ‘n groot rol gespeel.

Danie ·

Slange verander nie van habitat nie, hulle vervel net. Moenie naïef wees nie, die aanval teen Afrikaans gaan onder die dekmantel voor. Ek het geen vertroue in die US raad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.