Maties-taalbeleid: Dít is wat besluit is

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die tussentydse interdik wat AfriForum Jeug op 11 Maart teen die Universiteit Stellenbosch (US) bekom het, is Donderdag bekragtig nadat ʼn oorhoofse skikking tussen die partye bereik is.

Danie Rossouw, een van AfriForum Jeug se regsverteenwoordigers, het aan Maroela Media gesê AfriForum Jeug het sy hofaansoek om die US se hersieningsproses van sy taalbeleid te laat opskort, teruggetrek.

“Dit was nie meer nodig om daarmee voort te gaan nie aangesien hulle aan ons eise wat oorspronklik die rede vir regsaksies was, voldoen het. Die aanvanklike aansoek om die tussentydse interdik was om die universiteit sover te kry om die huidige taalbeleid toe te pas. Ons het ook versoek dat die mosie wat op 20 Februarie aanvaar is waarvolgens die huidige taalbeleid in die interim met ‘buigsaamheid’ toegepas word, ongeldig verklaar en tersyde gestel moet word. Die derde element was om die raad sover te kry om betrokke te raak by die hersieningsproses van die taalbeleid.”

Volgens Rossouw het die US-raad op sy laaste vergadering op 9 Mei besluit om wel vroeër in die hersieningsproses in te gryp en is die mosie oor “buigsaamheid” herroep. “Juis daarom het ons die aansoek teruggetrek aangesien hulle voldoen het aan die eise wat ons gestel het toe ons oorspronklik hof toe gegaan het. So, ingevolge die ooreengekome hofbevel is die tussentydse interdik bekragtig.”

Volgens die interdik wat nou finaal is, moet die US hou by sy huidige taalbeleid terwyl daar aan ʼn nuwe taalbeleid gewerk word. Indien die nuwe taalbeleid opgestel en in werking gestel word en AfriForum Jeug nie gelukkig daarmee is nie, sal die organisasie 20 dae hê om aansoek te doen dat die bevel van krag bly.

Die US-raad sal intussen Saterdag ʼn buitengewone vergadering hou om sy eie beginsels oor die US-taalbeleid te formuleer. “Die US kan nou ongestoord voortgaan met die hersiening van sy taalbeleid en die taalkomitee van die raad kan ook sy werksaamhede voortsit,” het die US in ʼn verklaring gesê.

Bernard Pieters, AfriForum Jeug se Maties-kampuskoördineerder, het intussen gesê hulle is tevrede met die uitspraak. “Ons sal nietemin steeds waaksaam wees en seker maak dat die US die korrekte, regsgeldige prosedure volg. Ons sal met ons veldtog aanhou om te verseker dat Afrikaans nie as onderrigtaal aan die US afgeskaf word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Hou die duim maar op die keel. Integriteit is maar bitter skaars in hierdie geledere

Loeis ·

Uitstekkende werk, maar duidelik is die stryd nog nie verby nie.

Intussen is daar ‘n geween en ‘n gekners op tande in Open Stellenbosch se donker kantoor :)

janneman ·

Jammer Herman Toerien, het jou vroeer aangevat juis oor hierdie onderwerp, dit blyk nou aangespreek te wees. Hoop werklik dat die onderhandelings nou in goedertrou sal geskied vir die pad vorentoe.

Theuns ·

Dankie AfiForum Jeug en Breyten Breytenbach. Julle veg vir 0ns Taal en ek hoop julle sal die geveg in velheid voortsit!

Henning ·

Daar moet terselfde tyd vergoed ontslae geraak word van die belhamel en sy meelopers wat bewys het dat hy/hulle nie te vertrou is met die beste belange van die afrikaanssprekende studente nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.