Maties wil Covid-inenting verplig

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Die Universiteit Stellenbosch (US) beplan om ʼn reël in te stel wat studente en personeel verplig om bewys van inenting te lewer as ʼn voorwaarde vir registrasie en om as student geregistreer te bly, asook om die indiensneming van personeellede te bestuur.

Volgens prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, sal die reël ook vereis dat bepaalde ander persone bewys van inenting moet lewer om op kampus en by US-lokale toegelaat te word.

Daar was die afgelope paar dae toenemende oproepe dat inenting teen Covid-19 verpligtend gemaak moet word om die pandemie te help stuit. Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand ook gesê daar is ʼn verantwoordelikheid om te verseker almal in Suid-Afrika kan veilig werk, reis en sosialiseer.

Daar is dus met gesprekke begin oor die moontlikheid om inenting ʼn voorwaarde vir toegang tot sekere plekke of geleenthede te maak.

Die US het Maandag gesê met die spesifieke omstandighede en die bedryfsvereistes van die universiteit in gedagte, het sy risikobepaling bevind dat daar ʼn hoë gevaar vir oordrag en vir ernstige Covid-19 by die universiteit is.

Volgens De Villiers is dit onder meer weens die feit dat die US as ʼn residensiële universiteit vereis dat personeel, studente en diensverskaffers fisiek op kampus moet wees vir akademiese, navorsing-, sosiale, administratiewe en ondersteuningsdienste.

“Gegewe die risiko’s wat in die risikobepaling geïdentifiseer is en ná regsadvies ingewin is, het die US-bestuur tot die gevolgtrekking gekom dat ʼn Covid-19-inentingsreël vir personeel, studente en ander bepaalde persone ingestel moet word. Die US het ʼn regsverpligting teenoor sy personeel om ʼn veilige werkomgewing te bied, en teenoor sy studente om ʼn veilige leeromgewing daar te stel.”

ʼn Konsepreël oor inenting word tans oorweeg, waarna ʼn interne en openbare konsultasieproses sal volg. By voltooiing van die interne en openbare konsultasieproses sal die konsepreël – wat hersien is soos nodig – vir oorweging en goedkeuring aan die toepaslike institusionele liggame van die US en die raad voorgelê word.

De Villiers sê gegewe die tyd wat benodig word vir die openbare oorlegpleging en om almal die geleentheid te gee om ten volle ingeënt te word, sal die reël, indien die raad dit goedkeur, waarskynlik aan die begin van die tweede kwartaal van volgende jaar in werking tree.

“Terugkerende en nuwe studente moet kennis neem van hierdie voorneme, aangesien die voorgenome reël, indien goedgekeur deur die US-raad, hul registrasiestatus vanaf die tweede kwartaal van 2022 sal beïnvloed.”

Die universiteit het ook weer ʼn hernieude en dringende beroep op sy personeel en studente gedoen om so gou moontlik ingeënt te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

KB ·

“Maties” se tor het lankal van die prop afgeval…2020 en daarna spreek vanself.
Maak toe die plek.

Jacob ·

Verduidelik asseblief; as die entstof nie verhoed dat jy Covid 19 opdoen en ander kan aansteek nie, hoe gaan gedwonge inenting ‘n veiliger werksomgewing skep? Dit maak net nie sin nie.

Is dit nie dalk om te verseker dat daar genoeg toekomstige klante is om die nuwe entstof fabriek in Gqeberha te betaal nie?

Hoe kan ‘n entstof waarvan die vervaardigers gevrywaar is van enige eise, op mense afgedwing word?

Afriforum het wyd verkondig dat hulle gedwonge inenting sal teenstaan. Waar is julle nou?

VaalDonkie ·

Kom ek leer vir jou ‘n truuk: moenie vir Pfizer aanspreeklik hou vir newe-effekte nie, hou jou werkgewer/universiteit/ens aanspreeklik as hulle jou dwing.

Heinrich ·

EK wil ook weet waar is Afriforum. Klink my Potch het dieselfde probleem en Afriforum wil nie help daar nie.

Agge nee ·

Luister nou stadig
Jy……. kan nog siek word.
maar
Jy gaan net matig siek wees
Jy gaan nie in intensief lê en hyg na asem
Jy het die heel beste kans om te oorleef as jy ge-ent is.
Inentings is verniet, jy betaal nie daarvoor nie. As jy te grand is om by die hospitaal te gaan, en jy gaan privaat, betaal jou medies, maar dit word nie van jou voordele verhaal nie. So dit is verniet, mahala, gratis, for free.
Ek dink nie iemand word ryk deur iets wat verniet weggegee word nie.
Verstaan jy nou

VaalDonkie ·

Ou Aggie, Pfizer gee nie daai entstowwe verniet vir ons nie. Ons betaal met onse belastings daarvoor.

Francois Le Cochon ·

Andre, moenie vergeet van Worcester, Mosselbaai, Pofadder, Bloemfontein, Ficksburg, Upington, Durban, Steynsrus, Sutherland, Barkley-Oos, Orkney, Musina, Kuruman, Calvinia, Joubertinia…………….!

Gilla ·

Weet nie wat het daar by al daai plekke gebeur nie, maar Stellenbosch is altyd eerste om
te krap waar dit nie jeuk nie.

Toy ·

Maties julle kan niemand verplig om die inenting te vat nie, ek hoop julle word Hof toe gevat, dit is elke mense se eie keuse.

Francois Le Cochon ·

Toy, probeer om jou kind in Graad 1 te sit sonder die verpligte inentings. Niemand kla hieroor nie.

piet ·

Hof gaan se die belange van die gemeenskap in sy geheel neem voorkeur bo eie persoonlike belang van die individu.. Ek kan jou nou al ‘n brief gee daarvoor. Maar dit sal goed wees as die Hof so gou moontlik uitspraak hieroor lewer alhoewel ons reeds weet wat die uitspraak gaan wees.

Papsak ·

Hou op mense dwing om enting te vat julle breek ons mense regte kom flippen by jy kan nie ander dwing vir goed wat hulle nie wil he nie

Alida ·

Niemand dwing iemand om die inenting te vat nie. Dit bly jou keuse, net soos dit jou keuse is om te rook of nie. Maar jy mag nie meer in jou kantoorgebou of in ‘n nie-rokersarea van ‘n restaurant rook nie. Net so sal jy nie by Maties mag swot as jy nie inenting gehad het nie. Jy kan by die huis sit en deur Unisa swot.

piet ·

Ook nie by Tuks, Noord-Wes, UCT, UJ, ensovoorts nie. Dalk by Akademia?

piet ·

Netso. Jy le jou neer by die instansie se reels hetsy of jy daar leer of werk. Kry vir jou iets anders as jy nie wil saamwerk nie jy gaan nie geakkommodeer word nie.

Francois Le Cochon ·

Ons Grondwet maak nie voorsiening vir verpligte inenting nie, maar wel vir ontneming van regte. Ontneming van regte kan dan wel gebruik word om inenting af te dwing.

Pietertjie ·

Interessant dat mens bewys van inenting moet lewer, en nie bewys van immuniteit nie.

Andre ·

Wat is ‘n “vaccine”? Nie die storie van jy sal net nie doodgaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.