Matjila was ‘onder druk’ by OBK

Dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency/ANA)

Dr. Daniel Matjila het Dinsdag aan die OBK-ondersoek gesê sy weiering om onder druk geplaas te word om sekere transaksies goed te keur vir persone met politieke bande, het hom ongewild gemaak en dit is die grootste rede waarom hy uit sy amp verwyder is.

In sy verklaring aan die kommissie, onder leiding van afgetrede regter Lex Mpati, het Matjila gesê daar was druk op hom en sy kollegas van diegene wat finansiering wou bekom. Volgens hom het dié persone nie verstaan dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gereguleer word en nie ʼn bodemlose put is nie.

Matjila het bygevoeg sommige persone, met politieke bande, het hom as uitvoerende hoof van die OBK gesystap en hul invloed uitgeoefen op senior beamptes van OBK om finansiering vir hul projekte te bekom. Hy het nie die name van die betrokke persone na wie hy verwys het, bekend gemaak nie.

Die staatsbeheerde OBK bestuur ongeveer R2 biljoen (“trillion) bates, hoofsaaklik die staatspensioenfonds (GEPF).

“Daar was uitdagings met transaksies deur persone met politieke bande en meeste daarvan is dadelik verwerp, veral as dit nie by die portefeulje gepas het nie. Vir een of ander rede, in sommige gevalle, het hulle ʼn manier gevind om by laervlakbestuurslede uit te kom om hul transaksies op dié vlak te laat oorweeg,” het Matjila bygevoeg.

“Ons het gevolglik ʼn komitee aangestel wat alle transaksies sou oorweeg en ons in staat sou stel om ʼn oorsig te hê oor alle transaksies wat aan die OBK voorgelê is, sodat ons dié met ʼn hoë politieke risiko kon identifiseer en dit kon onderwerp aan die beleid wat die raad aanvaar het.”

Matjila het bygevoeg hy het die adjunkminister van finansies en OBK-voorsitter gebruik om alle politieke sake te hanteer en die OBK-prosesse toe te pas, indien enige politici by transaksies betrokke was.

Hy het vroeër gesê hy is daarvan beskuldig dat hy buitelandse beleggings na die land verhoed het, nadat hy geweier het om die Chileense CFR Pharmaceuticals se aanbod, om Adcock Ingram in 2014 te bekom, te ondersteun.

Matjila het gesê die CFR-Adcock-aanbod was een van die kwessies wat bestuursuitdagings by die OBK veroorsaak het, aangesien dit tot spanning gelei het tussen hom en die [voormalige] minister van finansies [Pravin Gordhan], aangesien hy van mening was dat die regering sy hand oorspeel.

Matjila het gesê bewerings dat hy ʼn lening van R2,5 miljoen van die gelikwideerde VBS Mutual Bank bekom het, is van alle waarheid ontbloot. Hy het gesê ʼn leefstyloudit deur PwC kon ook nie enige bewyse kry om bewerings te staaf dat hy dié lening ontvang het nie.

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM), het Maandag gesê ʼn fluitjieblaser het ʼn verslag deur Nexus Forensic Services aan hom verskaf, wat na bewering toon dat Matjila nooit ʼn lening van VBS Mutual Bank, ter waarde van R2 456 761,66, verklaar het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die man het lekker aangejaag in sy rojale tyd by die OBK, maar nou bak hy mooi broodjies voor die Kommissie. Berigte oor sy goedkeuring van die groot skepper van OBK fondse, ene Surve (meer as R3 Biljoen se pasella geldjies vir afgewaterde oorprysde “aandele”). Sy vet salaris van meer as R9 miljoen in 2016 en ‘n ou Maserati-tjie vir sy bederf op sy 53 verjaarsdag is welbekend. Met die OBK wat meer as R2 TRILJOEN se pensioengeld moet “bestuur”, is die skrif besig om sterk op die muur deur te kom vir die Pensioenbank” wat nog verder geplunder gaan word. Waar kaders in beheer is, is die soustrein warm op die spoor!!!

Bach ·

Hoekom word die Parlementere pensioenfonds nie eerste geplunder nie? Onaantasbaar natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.