Matriek? Kry jou uitslae gratis op Maroela!

maroela-matrieksMatrieks van 2016 kan hul matriekuitslae, danksy Maroela, in Januarie kry op die beste moontlike plek: tuis, op hul fone, op die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet. En dis boonop gratis.

Maroela Media het twee jaar gelede geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaanse aanlyn platform om die matriekuitslae elektronies te plaas. Die dag wat die uitslae deur die departement van onderwys bekend gemaak word, kan matrikulante bloot hul eksamennommer in die venstertjie op Maroela Media se tuisblad intik en binne oomblikke die resultate van hul matriekjaar se harde werk voor hulle sien.

Boonop kan matrieks nou reeds registreer, sodat hulle ‘n SMS- of e-poskennisgewing kan ontvang die oomblik wanneer die uitslae amptelik bekend gemaak word. Hulle kan ook hul ouers of ander mense se kontakdetails registreer indien hulle graag wil hê nog iemand moet in kennis gestel word wanneer die uitslae beskikbaar is.

“Toe ons op skool was, moes ons die oggend van die bekendmaking van die matriekuitslae skool toe ry en self ons uitslae gaan haal,” sê Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media. “As jy nie naby die skool was nie, moes jy ‘n koerant koop en jou naam soek in die lang lys name wat gepubliseer is. Tegnologie maak dinge gelukkig soveel makliker. 18-jariges het in elk geval permanent ‘n selfoon in die hand. Waarom nie jou uitslae vir jou in die palm van jou hand gee nie?”

Maroela Media gaan ook weer, soos die afgelope paar jaar, erkenning gee aan Afrikaanse skole se topmatrieks en kandidate wat ondanks moeilike omstandighede en terugslae goed presteer het.

“Dis nie noodwendig net die matrikulante wat agt of meer onderskeidings behaal wat erkenning verdien nie. Daar is ook talle matrieks wat goed presteer in baie moeilike omstandighede. Vir hulle is drie onderskeidings net so goed soos agt vir ʼn leerder met makliker omstandighede. Aan hulle bring ons graag hulde deur die artikels wat ons oor hulle en hul ondersteunende families plaas,” het Lombaard gesê.

Wil jy registreer om ‘n kennisgewing te ontvang wanneer jou uitslae beskikbaar is? Registreer nou. Dis gratis!

Maroela Media wil vanjaar ook erkenning gee aan Afrikaanse skole se toppresteerders in die matriekeksamen. Ons nooi alle matrikulante, wat na verwagting agt of meer onderskeidings gaan verwerf, om aan die projek deel te neem. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.