Matriekafskeid eindig tragies vir Nelspruit-meisie

Michaela Harmse. Foto: Verskaf

Michaela Harmse. Foto: Verskaf

Michaela Harmse, ʼn 17-jarige leerling aan Hoërskool Bergvlam in Nelspruit, se matriekafskeiddroom het tragies geëindig toe sy tydens ʼn botsing uit ʼn voertuig geslinger is en ʼn gedeelte van haar gesig vergruis is.

Volgens Jaco Richter (26), ʼn familievriend, is Harmse, haar metgesel en ʼn paar vriende ná Saterdagaand se matriekafskeid na ʼn opskop om verder te kuier.

“ʼn 21-jarige man het glo by hulle aangesluit en sy, ʼn vriend en ʼn vriendin is Sondagoggend saam met hom daar weg. Haar metgesel is glo saam met iemand anders daar weg,” het Richter Maandag aan Maroela Media gesê.

Die 21-jarige bestuurder het na bewering omstreeks 05:30 by ʼn draai in die Steiltes-woonbuurt beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn boom gebots. Harmse is na bewering deur die voorruit geslinger.

“Mense wat daar naby woon het die slag gehoor en hulp ontbied. Toe die polisie en ambulans by die toneel opdaag, was die bestuurder en haar vriende nie meer daar nie.”

Harmse is in ʼn ernstige toestand na ʼn private hospitaal geneem waar sy gestabiliseer is. Sy is later na die Rob Ferreira-hospitaal geneem aangesien haar ouers nie ʼn mediese fonds het nie. Sy het Maandag begin om gesigsrekonstruksie te ondergaan.

“Haar verhemelte en neus is onder meer vergruis en sy het van haar tande verloor. Haar dokter het gesê sy is darem stabiel, maar dit kan tot soveel as agt maande duur voordat sy herstel.”

Richter se ma het ʼn blad op Facebook gestig om geld in te samel vir Harmse se mediese onkostes.

Hy het gesê die skool ondersteun die gesin en het onderneem dat Harmse se skoolwerk na haar toe gestuur word. Spesiale reëlings sal ook gemaak word sodat sy haar eindeksamen kan skryf.

Kapt. Dawie Pretorius, Nelspruit-polisie se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê alle omstandighede rondom die ongeluk word behoorlik ondersoek. “In dié stadium kan ons net bevestig dat ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Sodra die ondersoek afgehandel is en die nodige verklarings geneem is, sal die saak na die Nasionale Vervolgingsgesag gestuur word wat dan sal bepaal of iemand vervolg moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Michiel ·

Let wel – sy is uit motor geslinger. SITPLEKGORDEL gedra???

Martin ·

Regverdig dit die ongeluk, en die dwarsboming van die gereg, en die feit dat ‘n man van een en twinting met kinders uithang, en dat hy weghardloop van sy verantwoordelikhede.

nig ·

Martin regverdig dit jou oordeel/aannames sonder dat jy die feite ken? Was jy daar dat jy presies geweet het die hoe wat en waar? Ek kies nie kant en voel jammer vir die dogter maar ja, ek was nie daar nie en weet net slegs ‘n ongeluk het gebeur en die meisie het nie ‘n sitplekgordel gedra nie. Vir die res moet ons liewer wag

Francois Steyn ·

Aii julle almal dink hy was dronk nhe …maar hy was nie daar is klaar toetse gedoen en daar wees nie eers een molukule van alcohol in sy stroom nie so daai ding van wat hy gekuier is twak storie …tweedens dis haar probleem dat sy ni haar gordel wil aansit en as sy dt gedoen ht sal niks van hierdi mediese fondse gebeur nie so dis haar eie probleem …derdens nie een van julle wat so oordeel weet wat rrg wat gebeur ht nie so kan julle almal net julle monde hou want ek hoor net leuns soos wat julle praat en aangaan …KRY DIE IN JULLE KOPPE …JULLE HT GEEN REG OM SO AANTEGAAN NIE WANT JULLE WEET NIKS WAT GEBEUR HET NIE. Julle prt een van my naaste friende so sleg ek wens julle was in hulle foete sodat julle monde net kan stil wees …

Monique ·

Snaaks dat jy vir jou “VRIEND” opkom en die meisie beskuldig … Enige iemand gaan vir hulle vriende opstaan anyway.. En wat is “wens julle was in hulle foete”????? hmmm lol

Mielies ·

Kinders moet leer: wanneer jy nie vervoer het nie, skakel jou ma/pa/voog om jou te kom haal al is dit 03h00 in die oggend. Daarmee se ek geensins die bestuurder van die motor was besope nie:- dit was nie sy verantwoordelikheid om die meisie veilig tuis te besorg nie, hy het dalk gedink hy doen haar ‘n guns om haar te gaan aflaai. In alle waarskynlikheid regtig net ‘n ongeluk, wat met enigeen kan gebeur.

Dave ·

En toe vlug hulle en laat haar ernstig beseer alleen daar? Dit laar vele vrae.

Jakoos ·

Die dra van sitplekgordels bly jou eie verantwoordelikheid. Wie se PLIG dit nou ookal is om te kyk dat almal dit aanhet, is bysaak, as jy jou lewe liefhet sal jy dit DOEN.

Hendrina ·

Ai my skat my hart gaan uit na julle, ek kan nie glo hy het jou daar gelos nie…. Ek bid vir julle en dat Liewe Jesus jou styf sal vashou. Mag jy so mooi kind bly en maak nie saak hoe jy van buite lyk nie jy bly pragtig in ons oe.

EMK ·

Ek hoop regtig as daar nog matriekafskeide gehou moet word dat ouers en onnies BAIE ernstig met die kinders praat oor die sg “after parties.” Dis ‘n onding en ek weet jonges wil gaan en alles, maar kry dan liefs jou ouers of ‘n broer/suster wat tuis sit en wag om jou (en jou metgesel en sommer ander vriende ook) te kom optel sodat hulle veilig tuis kan kom. Hierdie tipe ding gebeur TE veel. Ek het nie omgegee om my kind 04h00 te gaan optel nie, liefs vieserig laat wakker bly oor die ongerief, maar weet my kind is in een stuk toe ek hul gaan optel.

Hannelie ·

Haar lewe is verwoes!!! Hierdie flippen “after parties”. Sommige kinders word so dronk en klim agter ‘n stuur. Let we’l julle bly nogsteeds kinders! Ek is seker uit die oude dood my seun het ‘n paar jaar terug matriek geskryf hy was nie na ‘n after partie. Hy my reguit gese hulle drink dat dit woes gaan daar! Ouers word wakker!!!!!!

Louis ·

Nie een van my kinders was toegelaat om na die “after party” toe te gaan nie. Ek was nie baie gewild nie, maar het net my voet neergesit !!

Heksie ·

After parties is bollie van die duiwel. Hoeveel lewens moet nou nog verwoes word met after parties voordat die ouers en kinders se ogies oopgaan.

Chantelle ·

Ek is n 20 jarige student… En glo dat verantwoordelikheid nie net van die drywer ag moes gekom het nie… Met my ‘after party’ met die matriekaafskeid het ons dit by n huis gehou en almal het daar geslaap, ons was verantwoordelik gewees al het ons gekuier en aangegaan soos alle normale tieners gedoen het en nog gaan doen vir dekades voor-en-toe… Soos ek se, elk een is verantwoordelik vir hulself… Dis n tragedi en ek sal dit nie op enige iemand se vriend of familie of vyand toewens ni en al haar ‘vriende’ wat haar daar gelos het sonder om vir haar te soek laat my bloed borrel, maar sy het die keuse gemaak om in die kar te klim… My punt bly staan, ons was n groot groep wat verantwoordelik kon wees en bu n huis kuier en almal het daar geslaap het, so, verantwoordelikheid is die grootste probleem met vandag se tieners…

Sollie ·

Chantelle – 100% reg! Laat mense kuier en dan oorslaap en veilig bly of laat, soos iemand hier bo sê, die ma/pa of wie ookal almal kom haal op ‘n sekere tyd.

Piet Pompies ·

Al my simpatie aan die ouers en sterkte vir die dogter se herstel. ‘n Klompie jare terug het ‘n paar skoolmaats van Nelspruit verongeluk nadat hulle terug gekeer het van ‘n after party en net buite Nelspruit het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en die motor het verkeie kere omgeslaan. So ver dit my aangaan kan drank in sy totaliteit verban word want dit veroorsaak net probleme. Waar drank gebruik word, word kinders gewoonlik mishandel, geld word op drank gebruik ipv die kind se opvoeding. ens ens. Gee Bells sy vryheid….

Bergvlam Ouer ·

Ek dink mens moet eers al die feite ken voor mens oordeel. Dit was ‘n ongeluk. Ek hou niks van after party nie. Ek is 1 van daai draak Ouers wie se dogtertjie 2 jaar van nou nie so party sal bywoon nie. Maar mense ons kan nooit sê nooit nie. Onthou altyd dat ennige iets kan gebeur maar moet nooit oordeel nie want ons het almal groen koring op die lande soos my Ouers my geleer het. Wees net bly sy lewe en kan herstel. Almal van ons het al foute in ons lewe gemaak.

Irene Faul ·

Dit is jammer sy het so seer gekry. ‘n Sitplekgordel is baie belangrik al sit jy voor of agter in n motor. My 7 jarige seun moes al gereeld met liftclubs skool toe gaan en hy weet goed hy MOET sy gordel aansit.
Ek hoop die arme meisiekind kan haar matriek klaar maak. Sterkte aan haar ouers deur hierdie moeilike tyd.

Gert ·

Baie tragiese toedrag van sake ,hoop die Jong dame hersel volkome ,en dat geregtigheid sal seevier

Dahlene ·

Hy was NIE dronk nie, hy het harsingskuding opgedoen, het huis toe gery een blok verder om hulp te kry by sy ma. Hy het haar gevra of sy OK IS EN HET HULP GAAN SOEK! Voor verwyte kry die fuite!

Truidie ·

Hoe het hy huis toe gery as die kar nog langs die pad gestaan het?

Reon ·

Ons mag nie oordeel nie, maar as ons elkeen Joh 10:10, ons leuse maak, sal ons meer versigtig wees, in ons handel en wandel. Die satan het gekom, om te slag, verwoes en steel. Wanneer gaan ons na die Lewende God terugkeer? Ek is ook al deur die meule, van die lewe.

123 ·

‘N bystaander het haar in hulle huis geneem tot hulp beskikbaar was? Wat sou hy moes doen? Haar daar uitsleep? Julle is baie vinnig om te oordeel op die seun, hoekom probeer julle nie net eers die waarheid uitfind nie? Hulle het hom nie eers probeer help nie, niemand het hom eers ‘n kaans gegee om enige iets te verduidelik nie? Maar ek sou ook nie, want julle is soos sharks ruik ‘n geleentheid uit om iemand sleg te se of iets om oor te skinder dan ruk julle heentemal hand uit. Julle dink die girlQ is so onskuldig??? En dan vra nie eers een van julle of die ou nie dalk later die aand dood is of iets nie? Julle dink almal maar net aan haar die “onskuldige” soos wat julle aangaan.. Dalk het hy sy kop gestamp en het geen idee wat om hom aan gegaan het op die stadium nie en maar net huistoe gegaan.. Wat van hou op judge.. Dit het letterlik niks met enige een van ons te doen nie, skaam julle vir die vreeslike komentaar, wat as jy die seun of sy ouers is en die komentaar moes lees? Val my maar aan, maar ek dink regtig dit is onnodig om so wreed te wees teenoor hom, sy het mos die besluit gemaak? Hoekom moet hy verantwoordelik wees vir haar besluite? Ek het vriende en familie waarmee ek hier deur is, dis eers later wanneer jy besef dis nie nodig om die drywer te blameer nie. Hoop maar net mense leer uit hierdie storie uit!*

Sandra Jansen van Vuuren ·

Die verwyte moet nie geslinger word teen die komentaar wat gemaak word nie dis onregverdig. Ek hoor jou punt en stem met jou saam. Die probleem le by mense wat sonder die korrekte informasie n storie post as die waarheid. Natuurlik gaan almal negatief reageer. Mense moet dink voor hulle praat …. en !!!! … as jy n storie post maak seker dat dit Jou nuus is om te deel. Ek hoop dat albei die kinders ok is .

Martin ·

Nee, hy moes haar nie uitsleep nie. ‘N selfoon wat ek oortuig van is by een van die insittendes was, gebruik het. Ek dink dit was ‘n beter opsie as om weg te hardloop.

Piet Pompies ·

Die bestuurder van die voertuig het homself skuldig gemaak aan verskeie oortredings, eerstens, hy het die ongeluk veroorsaak, of hy dronk, nugter, met ‘n lisensie, sonder ‘n lisensie bestuur het, maak nie saak, geen person verloor sommer net beheer oor ‘n voertuig. Volgende, hy het die ongelukstoneel verlaat, dit is soos skuld erkenning, die bestuurder van ‘n voertuig mag nie die ongelukstoneel verlaat. Die familie van die beseerde kind het nou ‘n fonds gestig omdat hulle nie medies het, ons gaan dit ondersteun, daar moet ‘n eis teen die bestuurder van die voertuig ingestel word sodat hy haar mediese kostes betaal. Ry veilig!

Sophia ·

My bloed kook behoorlik oor een van die aanmerkings dat die 21 jarige bestuurder “weggery” het om “hulp” “een blok verder” by sy ma te gaan soek. Waarom weet die bestuurder van die motor nie wat die korrekte en wetlike, verlangde optrede is by ‘ n ongeluk toneel nie? My simpatie aan almal betrokke en beterskap aan Michaela.

Bekommerd ·

Volgens bewerings is dit haar fout dat sy verongeluk is omdat dit haar keuse was om nie ‘n sitplekgordel te dra nie……….Was dit ook haar keuse dat die motor teen’ n boom bots en dat Al die insittendes die toneel verlaat sonder dat iemand wat die arme kind ken, by haar bly en ondersteun nie?

Natie Hattingh ·

Kom ons gooi nie klippe nie. Laat ons eerder vir die kinders bid. En ek hoop van harte dat ons jong kinders die gevaar van die “after Party” besef.

Piet Pompies ·

Hi Natie, gebed is kragtig en magtig, God het hierdie medium tot ons beskikking gestel vir situasies soos hierdie. Dit staan ook so geskryf dat ons vergewe word, maar die straf van die oortreding moet dra. In kort, God vergewe ons, maar die straf vir die oortreding (wet) moet gedra word. Lekker dag

Shannon ·

Sou my nogal pla as daar `n 21 jarige uithang saam met 17 en 18 jariges.
Kan nie iets kry in die wêreld daar buite nie nou kom soek hy maar tussen die skool kinders.

Martin ·

Gelukkig is hy nou mondig en kan hy Pa – staan vir sy eie foute. Maar hy sal verseker eers weer na sy Ma toe hardloop. Siestog -welkom in die grootmens wereld.

Gerda ·

‘n Vinnige wiskundige berekening sal bewys dat ‘n 21jarige man net 4 jaar ouer as ‘n 17jarige meisie is! Volgens my is daar niks daarmee verkeerd aangesien vele mense op die ou end trou met mans jare ouer as hulself! Dus is jou aanmerking teenoor die ou ongegrond en onregverdig! Moenie ander oordeel as jy nie in hulle skoene staan nie!

Martin ·

Gerda, ons kon die sommetjie self uitgewerk het. Dit gaan nie oor die ouderdoms verslil nie. Dit gaan daaroor dat ‘n man wat mondig is met skoolkinders omgaan. Dit gaan oor ‘n begisel waarmee ons nie saamstem nie . Daardie kind is besig met matriek terwyl die ander man al besig is om ‘n ander sy van die lewe te leer ken.

Chantelle ·

Ek en my kerel het begin uitgaan toe en 18 was en hy 22… Daar is net mooi niks fout met dit nie… Ons is nog gelukkig saam na byna 2 en n half jaar, en eks nie swanger nie en dis nie dat hy nie iets kon kry daar buite nie, hyt net agter gekom dat ek meer waardes het as die girls met wie jy gewoontlik uitgaan… Hou op so vinnig wees om te judge jy was ook daar…

chris ·

gaan lees jou eie klaatliedere Martin san sal jy sien waar kom Chantelle se kommentaar vandaan. In elk geval het die outjie se ouderdom en die meisies se ouderdom ook niks met die oorsaak van die ongeluk uit te waai nie

Elfie ·

Ja-nee kyk, as ek so lees sien ek hier is alweer heelwat oordeel van mense wat glad nie daar was en glad nie weet wat gebeur het nie. Al FEITE wat mens tot dusver het is 1. daar was ‘n ongeluk en 2. die meisie het nie ‘n sitplekgordel gedra nie. Die res sal die gereg uitsorteer. Wat mense weereens kan leer is DRA jou sitplekgordel te alle tye. Hou by spoedbeperkings en as jy nou regtig na een van hierdie sg “after parties” gaan, maak seker jou OUERS of broer/suster of ‘n verantwoordelike persoon wat nie betrokke is by die partytjie, kom jou optel na die tyd of soos iemand anders genoem het, laat almal oorslaap. Watter ouderdomme wie waar ookal was, mense het keuses hier gemaak – om saam met ‘n ander persoon te ry wat nie jou metgesel was vir die aand, om enigsins saam met iemand behalwe betroubare vooraf gereëlde vevoer te ry en om nie ‘n sitplekgordel te dra nie. Dis die (ongelukkige) feite. Sterkte en beterskap aan die jong dame en die wat so graag met klippe gooi, vergewis jul van ALLE feite voor julle aannames maak.

Leeutjie ·

Dominie moet sommir vir die drywer van daai kar ook gaan preek.

Sollie ·

Nog ‘n BAIE belangrike les wat ALMAL hieruit kan leer, is sorg dat jy ‘n mediese fonds het, al is dit net ‘n hospitaalplan! Ongelukke kan met enigeen gebeur en al moet jy êrens anders aan uitgawes sny, mens MOET eenvoudig een of ander mediese fonds hê!

Girts-Garts ·

Dis kinders, en kinders doen soms onbesonne dinge want hulle’s jonk en vlieg deur die lewe sonder gedagte van “wat kan verkeerd loop?” Almal betrokke se lewe het verander die oomblik toe die ongeluk gebeur het.
After parties is onnodig en ñ euwel, maar die kinders sal dit nie só verstaan nie, hul leef die oomblik.
Kom ons voel maar net jammer vir almal en leer daaruit as jou eie kinders nog jonk is!

Theresa ·

So jammer vir haar. Kan ook nie dink die ander los haar net daar nie. Dis sê baie. Hoop sy herstel volkome en slaag haar matriek. Ek persoonlik dink hierdie matriekafskeide ruk heeltemal hand uit. Die kinders lyk my is ook onder die indruk dis die laaste dag van hulle hele lewe en moet heeltemal kop verloor met alles. Hoe sê hulle: “Gaan groot”. Julle is in matriek, maar my mens julle het SO baie nog om te leer.

Martin ·

Nig, die wet is baie duidelik rondom motor ongelukke. Daai ou mag nie die toneel verlaat, en na sy Ma toe hardloop nie. Dit word genoem – Dwarsboming van die gereg. Wat probeer hy wegsteek? Duidelik is hier ‘n slang in die gras. Hy het lekker partytjie gehou saam met die kinders, waar hy volgens my nie hoord nie, Toe die speeltyd nou verby is, en hy daai ernstig beseerde kind moesbystaan, toe hardloop hy weg van sy verantwoordelikhede. Hulle moet hom sommer opskroef vir daai Mediese rekeninge ook. Ek sê weer die sitplek gordel regverdig nie hierdie ou se optrede nie. En ek is baie seker hy gaan groot probleme hê agv. wat hy gedoen het. Vir sy part hoop ek hy het ‘n bestuurs lisensie. Sterkte.

nig ·

Martin en weereens lees jy nie my kommentaar reg nie. Ek het genoem ek kies nie kant en was NIE daar so kan nie sê wie het weggehardloop wie het wat gedoen of watookal nie. Mense tree snaaks op in gevalle van skok/ongelukke so ek gaan nou nie die ou veroordeel of wat ookal nie. Ek bly NET by die feite, dis al wat ons weet op die stadium.

Vic ·

Martin, die wet is ook duidelik rondom ndie dra van n sitplekgordel. En n 21 jarige mag wetlik n volwassene wees, maar is definitief nie emosioneel of in terme van beplanning en besluitname n volwassene nie. Almal wat in die ongeluk betrokke was mag beseer wees, of geskok wees, of doodeenvoudig net nie geweet het wat om te doen nie. Almal weet nie hoe om op te tree onder sulke omstandighede nie. Dit is nie motorongelukslagoffers se plig om ander motor ongelukslagoffers by te staan nie. Dit klink of die meisie erg beseer was – hoeveel jongmense ken jy wat nie paniekerig sal wees onder sulke omstandighede nie?
Dis waarom ouers verantwoordelik moet wees en hulle kinders oplaai na sulke partytjies, want die kanse is 100% dat daar gedrink gaan word.

Pop ·

Geen verskooning vir friende wat ‘n erg beseerde friendun alleen los ni.

Vic ·

En wie maak jou die regter? Was jy al in so n situasie? Weet jy wat die omstandighede was? Is daar voorgeskrewe reels vir hoe om op te tree onder sulke omstandighede?
Vriend
Vriendin
Verskoning
Nie

Annoniem ·

Waar was die meisie se metgesel van die matriek afskeid?? Was dit nie sy verantwoordelikheid om die meisie weer veilig na haar huis te neem na die matriekafskeid?? Nee bleikbaar nie, hy het haar net daar gelos by die afterparty en casino toe gegaan, sy moes self regkom met ‘n geleentheid huistoe. Hoekom het sy toe al nie dadelik haar ouers geskakel om haar te kom haal nie? As ouer sou ek ook al bekommerd begin raak het as my meisiekind nog nie teen 5 uur die oggend in die huis is nie……. En Martin, “welcome to the real world” – die meisies van vandag hang uit met ouens baie ouer.

Tinus ·

Mense onthou net n ongeluk is n ongeluk haar familie kan net dankbaar wees hulle moet hospitaal besoeke doen en nie n begrafnis reel nie.Ere aan God

Sollie ·

Daar’s hy Vic! Regtig mense is dit SO moeilik om eenvoudige woorde reg te spel? Ons hoop nou maar almal leer hieruit: dra sitplekgordels; ry saam met betroubare mense; bly weg van “after parties”; kry mediese fonds/hospitaalplan; spel reg!

faith ·

sterkte aan die meisie hoop sy herstel ten volle. n lang pad wat gestap moet word. die ondersoek moet bepaal wie is skuldig maar dit was verkeerd dat almal haar alleen gelos het al is jy dronk ondersteun jy jou vriende wat seer gekry het en klaar en bel onmiddelik iemand wat kan kom help dit speel ‘n rol.

DGS ·

Snaaks om te sien hoe baie lieg in hierdie storie beland het. Mense wat oordeel en nie eers die “ware” storie ken nie. Die drywer het nie weg gery nie hy het daar gebly tot die noodhulp opgedaag het en met vertroue die meisie agter gelos dat die noodhulp na haar sal kyk en verder versorg, hy het toe vertrek om die nuus aan sy ouers oor te drae . Hy het haar nooit gedwing om in die karte klim nie sy wou saam hom ry en as sy net haar veiligheidsgordel gedrae het soos die drywer sou die uitkoms baie anders gewees het.

Francois Steyn ·

My tjom hierdie pateet wat j van praat is een van my naaste vriende …ek wil net se jy moet ju mond hou want j weet duidelik niewat j van praat nie tjom so hou net ju mond want j weet niks nie…al di twak wat almal se van dat hy haar daar net gelos het en haar laat uit bloei is groot bull so hou net die monde want julle ht ni n idee wat aangaan nie

Chanie ·

My tjom? Kyk regtig dink jou vriend was dalk glad nie gedrink nie maar as ek na jou manier van praat kyk was hy beslis windgat en het dalk try afshow voor die meisies. Want ek het lanklaas sulke “commin” taal gebruik gesien. Die meisie het seergekry, ongeag of sy haar gordel aangehad het of nie. Moet nou nie haar soos die skuldige laat voorkom nie. Sy het n groot oordeels fout wel gemaak, dis dink ek die enigste fout wat sy gemaak het. Want ek as die bestuurder van die kar enige iets soos sy vriende is wat hier kommentaar lewer, laat hy ook nie veel te wense nie. Maak mens eintlik bekommerd om te dink dis ons land se toekoms, meenend die jong mense van vandag met hulle gebroke taal gebruik.

Elizabeth ·

Ek wens nou regtig Maroela wil asseblief die feite goed nagaan ivm met hierdie ongeluk – naamlik veral wat het gebeur direk na die ongeluk, het die ou gebly, het hy gaan hulp soek of wat? Mens lees verskillende stories en mense maak ook sommer hul eie aannames so ons sal bly wees as feite soos alkohol in sy bloed al dan nie, en wat presies gebeur het waardeer. Net sodat mense nou vir een en altyd kan bedaar en mens kan weet wat aangaan. Op die stadium is di eenigste feite steeds daar was ‘n ongeluk, die meisie het nie haar sitplekgordel gedra en is erg beseer en dis DIT. Dankie Maroela, ek hoop jul kan alles uitklaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.