Matriekeksamen begin vroeër weens verkiesing

(Argieffoto: pixabay)

Die matriekeksamen sal nou op 27 Oktober begin en nie meer op 1 November soos aanvanklik beplan nie.

Dit is om voorsiening te maak vir die plaaslike verkiesing wat op 1 November plaasvind.

Die vraestelle vir Engels (huistaal, eerste addisionele taal en tweede addisionele taal) P1, besigheidstudies P1, en nie-amptelike tale P1, wat oorspronklik vir 1 en 2 November geskeduleer was, sal nou op onderskeidelik 27 en 28 Oktober geskryf word.

Die raad van onderwysministers het ʼn spesiale vergadering gehou waartydens die besluit geneem is. Die vergadering het gevolg op samesprekings met belanghebbendes in die sektor vir basiese onderwys.

Volgens die departement van basiese onderwys is die besluit geneem om stemgeregtigde leerders die geleentheid te gee om ook hul kruisies te trek.

“Die beste belang van die leerders was ʼn belangrike oorweging, asook om te verseker dat die minimum veranderinge aan die huidige rooster aangebring word om sodoende verwarring te voorkom.”

Daar is 207 vraestelle wat oor ʼn tydperk van 25 dae geskryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Moereloosverby ·

‘Beste belang van die leerders’ my dinges…my kind skryf al drie daardie vraestelle…Engels, Besigheidstudies en Frans. Nou het sy net minder tyd om te leer. Hierdie groep is alreeds so ontwrig…mag die Here ons genadig wees. Want ons regering is joeslis en eieregtig.

MK123 ·

Proffie, sien dit as n bedekte seen. Die grootmenswereld is nie regverdig nie en hoe beter ons ons kinders voorberei dat dinge nie altyd volgens plan verloop nie, en hulle leer “cope” daarmee, hoe beter toegerus is hulle vir die toekoms. Ons as ouers wil ons kinders sover moontlik beskerm, maar die waarheid is dat hierdie pandemie eintlik ‘n groot groep “resilient” en sterk kinders kweek wat leer hoe om struikelblokke te oorkom.

Ronel ·

En ook nie gedink dat baie skole stemlokale is nie. Inndie sale waar die matrieks skryf.

SjN ·

Onregverdig teenoor die leerders om n regverdige verkiesing te hou wat die uitslag in elk onregverdig gaan wees agv stemmery knoeiery.

marius ·

Nou het hulle minder tyd om te leer . Het hierdie spul twee brein selle tussen hulle almal saam ?

Johan ·

As die kinders teen daardie tyd nog nie hulle werk ken nie, is dit te laat, 3 of 4 dae gaan geen verskil maak nie.

Baardman ·

Die regering kon hulle mos registreer vir spesiale stemme, soos reeds gebruik word vir mense wat nie op stemdag self kan gaan stem nie.

Agge nee ·

Twee weke terug, toe hulle begin bespiegel het oor 1 November het ek gesê dat die matrieks begin skryf op daardie dag. Ek is bly dat al die hogere onderwysmanne en tantes het ook nou wakker geskrik. Verder moet hulle nie net die matrieks voorhou nie, want baie skole word as stemlokale gebruik, teen ‘n lekker huurgeldjie. Hoekom kan ons nie soos ander lande oor ‘n naweek stem nie? Want ons is te lui. Nou gaan die helfde van die mense nie stem nie, maar lekker langnaweek hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.