Matriekeksamen verloop sonder voorval

skole matrieks matriek matriekeksamen onderwys

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die departement van basiese onderwys sê die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen het Maandag tot ʼn einde gekom sonder enige groot voorvalle.

“Buiten ʼn paar voorvalle van sommige kandidate wat met afskryfnotas of selfone betrap is, is daar nie enige gevalle van ernstige onreëlmatighede aangemeld wat die geloofwaardigheid, integriteit of beeld van die eksamen kan aantas nie,” sê Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement.

Die vyf weke lange eksamen, wat op 27 Oktober begin het, is in 6 326 openbare eksamensentrums, 526 onafhanklike sentrums en 326 toegewyde sentrums afgelê. Altesaam 897 786 kandidate (waarvan 735 677 voltydse kandidate) het vir die eksamen geregistreer.

“Die departement het verskeie maatreëls in plek gestel wat die eksamen op verskeie punte beskerm het. Die departement bedank alle leerders, onderwysers en skoolbestuurspanne vir die weerstandigheid wat hulle getoon het te midde van ʼn pandemie.”

Merkwerk begin na verwagting op 8 Desember en sal tot 22 Desember 2021 voortduur. Meer as 41 500 persone is aangestel om die antwoordstelle by 193 sentrums landswyd te merk. “Die departement het die getal merksentrums verhoog om beter nakoming aan Covid-19-protokol te verseker,” het Mhlangu bygevoeg.

Die provinsiale departemente werk saam met Eskom en plaaslike munisipaliteite om seker te maak dat kragtoevoer na dié sentrums nie onderbreek word nie.

“Namens die minister van basiese onderwys wil ons die klas van 2021 gelukwens dat hulle die NSS-eksamen afgelê het ondanks verskeie uitdagings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

007 ·

“Geen voorval” dan geringe voorvalle dan krip notes? Hoe kan dit geloofwaardig wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.