Matriekleerder dalk geskors ná aanranding van onnie

(Argieffoto: Unsplash)

Die beheerliggaam ʼn skool in Noordwes waar ’n matriekleerder onlangs ’n onderwyser aangerand het, het aanbeveel dat dié leerder geskors word.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het Vrydag in ’n verklaring gesê dié aanbeveling is Donderdag tydens die betrokke leerder se dissiplinêre verhoor by die Motswedi Secondary School naby Zeerust gemaak.

Maroela Media het vroeër berig leerders aan dié skool is verlede week Donderdag byeengeroep om hulle daarvan in kennis te stel dat die skool tydelik sou sluit nadat ʼn onderwyser positief getoets het vir Covid-19.

Sommige van die leerders was ongelukkig oor die skool se sluiting, waarna die onderwyser glo beledig en met die kop gestamp is.

Volgens Malindi het die beheerliggaam tydens die verhoor die leerder wat die onderwyser met die kop gestamp het, skuldig bevind daaraan dat hy die veiligheid van sy medeleerders en onderwysers in gedrang gebring het.

Die leerder is ook daaraan skuldig bevind dat hy die skoolprogram ontwrig en die regte van ander geskend het. Albei van dié aanklagte is ernstige oortredings ingevolge die Skolewet.

Volgens Malindi moet die provinsiale departement nou besluit of die leerder geskors moet word of nie. Indien die departementshoof besluit dat die leerder geskors word, het dié vyf dae om appèl aan te teken.

Die saak sal dan na die LUR van onderwys verwys word wat ’n besluit sal neem, het Malindi verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wondermaarnet ·

Maark ‘n voorbeeld hiervan en skors die leerder. Dit sal hopelik ‘n les wees vir ander wat daaraan dink om ‘n onderwyser aan te rand.

JohanR ·

Maar ek is 23 en nog op skool. As julle my skors wat gaan ek met my lewe doen? Skool banke is al wat ek ken, en ek het gehoop as ek nog soe 4 keer druip om hier te wees tot soe 27. Na dit sou ek probeer het vir jeug leier van die ANC.

Niklaas ·

In my skooldae was daar nie eers gehuiwer nie. Binne 2 ure word jy geskors. Beslis, nie “dalks” nie.

Sarel ·

Daar gaan net weer toegewing gemaak word sodat hy eksamen kan skryf. Hy sal binne week terug wees by die skool. Womder hoe oud is hy.

Sarel ·

Hy sal binne ‘n week terug wees by die skool die arme bloedjie moet eksamen skryf. Induen dit ‘n Onnie was , was hy klasr geskors en dy loopbaan daarmee heen. Die misdadiger het meer regte as wetsgehoorsame burgers

Sarel ·

Dalk geskors?? Lees die tragiese berig van die 18jarige wat selfmoird pleeg omdat hy geskors was, nie oir aanranding op Onderwyser nie maar mede leerder.
Hierdie een is binne week terug in die skool want die arme bloedjie moet eksamen skryf.

Hans ·

Het hy n ander velkleur gehad sou hy permanent geskors wees as hy net in die klas gepoep het

christo ·

Leerders kom weg met geweld teenoor onderwysers. Ek het die video gesien van dié geval Asof nie heeldag op jou hoede te wees dat jy aangerand gaan word nie ( ek is al aangerand by 3 geleenthede sónder gevolge vir kinders) moet ons nog die lot 1.5 m uitmekaar hou en sorg dat hulle, hul hande was. Ondankbare ouers, administratiewe lompe departement en onnodige strooi in die kurrikulum maak dit so onaangenaam soos kan kom.
Sê of raak ‘n onderwyser aan ‘n kind, word huis geskors voor die skooldag verby is. My huiswerker se suster het twee jaar gelede uit die onderwys afgetree en is telkemale gevra om uit te help. Sy sê sy bak liewe vetkoek om te verkoop as om voor ‘n klas te staan .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.