Matriekleerder doodgesteek by skool

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie het weereens die voorkoms van boeliegedrag by skole veroordeel ná een leerder ʼn ander by ʼn skool doodgesteek het.

Lt.kol. Moathse Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê albei leerders is 19 jaar oud en verbonde aan die Solomon Mhlangu Hoërskool in Modimolle.

“Die leerders [albei matriek] het glo stry gekry toe hulle op die skoolterrein besig was om te dobbel. Hulle is na die hoof se kantoor geneem en terwyl hulle op pad terug klas toe gestap het, het die een leerder die ander een met ʼn skerp voorwerp gesteek,” het Ngoepe gesê.

Die leerder is onmiddellik dood.

Volgens Ngoepe is die verdagte in hegtenis geneem en sal binnekort in die Modimolle-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Spikkel ·

Dobbel op die skoolgronde???? Daar vind deesdae iets van alles op die skoolgronde plaas …behalwe onderrig

Niccy ·

More se skole??? Jannie ek dink ons kinders gaan definitief moet begin dink aan tuis onderrig vir hul kindertjies. Dinge gaan net rowwer raak by skole. Arme Onderwysers moet hul gesig vir hul eie veiligheid anderkant toe draai anders kry hul dit van die GROOT kinders!

Theresa ·

Sonder twyfel. Kinders is ook te oud nog op skool. Wie was die terreinbestuurder tydens pouse? Gewoonlik is leerlingraad en ‘n onnie aangestel om dit te doen. WIE het nie hul werk gedoen en toegesien dat daar 1. nie gedobbel word nie -sies! en 2. Moord gepleeg word nie – tragiese voorval a g v wanorde. Spieëlbeeld van wat die owerhede in elk geval laat gly.

snoefie ·

dit is reeds tuisonderrig en die beteraf ouers wie hulle kinders na “beter” privaat skole en voorheen blanke skole geneem het, wat verantwoordelik is vir die verval van skole. onderwysers in mensemyners. as die “gegoede” ouers in die maag geskop word, loop onderewsers met bloedneuse. hoeveel tuis onderrig te kinders kry matriekvrystelling? dit is ook deel van die rede hoekom universiteite vol is van buurlande se studente. daardie skelm oorbruggingsjaar wat hulle dan sommer in SA hou.

Swart Piet ·

Aag moet asseblief tog net nie die rotang terug bring skool toe nie. Ons wil mos nie he dinge moet verbeter nie.

Marlene ·

Dit gebeur waneer gangsters skole oorneem, dieselfde groot manne wat nog in skoolbanke sit, verkoop dwelmmiddels in die skole, en terroriseer die onderwysers, want sodra hulle iets aan die situasie wil doen , dan skree hullle net die woord rassis, en dadelik is minister van onderwys by, en die onderwysers word geskors, sonder enige bewyse, ongelukkig moet ander kinders daaronder ly, voel jammer vir die ouers wat hul kind verloor het, sterkte

Jacoleen ·

Duidelik is daar kennis tekort wat tuisonderig betref. Tuisskolers gaan beslis universiteit toe. Talle kry vrystelling…..die kuriulum keuses is van top gehalte. Tuiskolers doen gewoonlik Cambridge vir hulle eindeksamen waarvoor daar net 4 vakke nodig is om vrystelling te kry. Tuisskool is top beste keuse vandag!!! DAAROM HET ONS DIT GEKIES!!!!

jennefer ·

Snoefi, na 16 jaar openbare skoolonderig , het ek nou my jongste in die CVO. Die R400meer n maand bestee ek nou nie meer aan ekstra klas in die middae. Dissipline,selfoon by die kantoor ingegee, klastyd is nie op die pawiljoen sit tyd.christelike waardes word ingeprent.

Ada ·

Geen opvoeding van die ouers – volg hulle voorbeeld. En die voorbeeld van die onderwysers wat dogters swanger maak is ook ‘n voorbeeld wat hulle volg.

bkzee ·

Ek was ook in n CVO skool danksy dit het ek my matriekjaar gemaak. Hulle het my baie gehelp.

Besorg van Modimolle ·

Net meer inligting. Die kind is in die kantoor gesteek met die mens ter aanskoue van die personeel en skoolhoof wat uitgehardloop het. Hy is nie onmiddelik dood nie. n skoolkind en gehardloop om airtime te gaan koop en die ambulans te bel, want personeel het geen poging aangewend om te help nie, in die tussen tyd het n ander skoolseun sy hemp geskeur om drukking op die wond te plaas, maar die seun is toe voor die ambulans opgedaag het oorlede. van die ander skoolseuns het die seun wat hom gesteek het geslaan en in n ander vertrek toegesluit, ook geen hulp vanaf personeel ontvang nie. Nou vra mens hoeveel kinders gaan nog by die betroke skool doodgaan want dit is die 5 de geval waarvan ek weet. departement van onderwys moet ondersoek instel na die skoolhoof en sy personeel.

LG Erasmus ·

Dit is baie sleg dat dit so gaan in skole. Die ander probleem is dit is mos kamtig kinders so die wetlike straf gaan ook maar tekort skiet m.a.w. dit gaan nie ophou nie. Tuisonderrig kan mos hanteer word soos skole en deur die onderwysers behartig word en kan die akademiese standaarde op hierdie manier weer stelselmatig opgelig word want daar was ‘n tyd toe ons een van die top akademiese lande in die wereld was. Dit sal ook tot gevolg he dat ons meer bekwane jongmense in die land instuur.

Wonder ·

Die versigtigheid van personeel is te verstane,as hulle probeer keer is hulle die aggressor! As die persoon in die proses gesteek word is hy op sy eie lot aangewese die department of education gaan defnitief nie iemand stuur vir trauma berading nie. Die leerders se human rights mag nooit in gedrang kom nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.