Matriekleerder sterf na slangbyt

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks.jpg

Argieffoto (Foto:
Deltaworks/Pixabay)

Matriekleerders by ʼn skool in Mpumalanga ontvang berading na die dood van ʼn medeleerder wat deur ʼn slang gepik is.

Volgens die provinsiale departement van onderwys is die 18-jarige Maandagaand by die Mawewe Secondary School in Bosbokrand dood.

Matriekleerders het ’n kamp by die skool bygewoon wat met die matriekeksamen verband hou.

Bonakele Majuba, provinsiale LUR vir onderwys, het sy skok oor die voorval uitgespreek en sy innige meegevoel met die leerder se familie, die skool en onderwysers betuig.

Majuba sal vandag die skool en die leerder se familie besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Janice ·

Hartseer verby. Dit gebeur so vinnig. Ek het laasweek ‘n bloutjie geloop met ‘n nagadder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.