Matriekleerlinge skop glo hoenders dood by skool

Hoërskool Mondeor in die suide van Johannesburg. Foto: Google Street View

Hoërskool Mondeor in die suide van Johannesburg. Foto: Google Street View

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Hoërskool Mondeor in Johannesburg besoek na berigte dat vyf matriekleerlinge twee hoenders by die skool doodgeskop het.

“Ons het gister [Donderdag] die skool besoek en met die hoof vergader. Volgens die hoof het hulle die leerders wat betrokke was geïdentifiseer maar wil hulle eers met die kinders se ouers vergader,” het Ronald Ramalata, hoofinspekteur van die Johannesburgse DBV, gesê.

“Ons wil ook met die ouers vergader.” Ramalata sê die DBV is Woensdagaand van die beweerde voorval in kennis gestel. Hy sê hulle wil weer met die skoolhoof vergader. “Ons soek meer inligting oor wat moontlik gebeur het.”

Beeld het Vrydag berig dat twee van die leerlinge Dinsdag die twee hoenders van hul ouerhuise af skool toe gebring het. Hulle het die hoenders glo vir twee ure in hul rugsakke rondgedra.

Volgens die berig het ‘n ooggetuie gesê dat die twee hoenders as ‘n rugbybal gebruik en doodgeskop is. Dit was Dinsdag die laaste skooldag voor matrieks met rekordeksamen begin het.

Een van die hoenders sê pote is glo vasgebind voor die seuns hom doodgeskop het. Die vyf matriekleerlinge het glo hierna met die twee dooie hoenders op die skoolterrein rondgeloop en ander leerlinge bang gemaak.

Die skool was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie. Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het Sapa versoek om skriftelik kommentaar te versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bielie van die Bosveld ·

So jonk en klaar wreed. Hoe sal hulle optree as hulle volwassenes is.

Skors hulle en klaar.

Marlene ·

Ek wonder net waar was die onderwysers gedurende hierdie petalje? Sien hulle nie wat om hulle omgaan nie?

Pooh ·

Duidelik onopgevoed en barbaars! Gevoelloos en Genadeloos! Sit hulle uit die skool. Ons kan nie n nasie en n land opbou met sulke (mense) nie! So vroeg al geweldadig. Wat as hulle groot is? Hulle gaan seker weer agter hulle menseregte wegkruip. Nee wat. Dissipline kom van beide die ouers en die skole af. As die kinders by die skole is, staan die onderwysers pa en ma vir hulle!

@lizelda ·

Seker ook een van daai gevalle “23 jaar oud” en in matriek!

Ansie ·

Matriek en skop hoenders dood? Klaar al op die “bloed lus” pad of gaan dit weer agter “ons kultuur” weg gekruip word of “mensereg”. Net om te skors is nie genoeg nie. Maar ja, kan barbaar uit die bos haal maar nie die bos uit die barbaar nie.

sterretji ·

Het jou ma jou nie geleer mens speel nie met jou kos nie, LoL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.