Maroela Media het verlede jaar geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaanse aanlynplatform om die matriekuitslae te publiseer. Vanjaar maak ons weer so. Klik hier om meer te lees.
Maroela Media kan vir jou kennisgewings stuur om jou te laat weet wanneer die matriekuitslae op ons webblad gepubliseer is. Vul die vorm hieronder in. As jy jou e-posadres en selfoonnommer verskaf, sal ons vir jou ʼn e-pos en SMS stuur.
Die departement van onderwys gaan dalk nie leerders se name verskaf nie en matrikulante moet hul eksamennommer intik om hul uitslae te sien.
Matriekulante in die Wes-Kaap kan registreer met die onderstaande vorm.
Oops! We could not locate your form.
Lief dit……..ons het net nog nie eksamen nommers ontvang. Wens ek kon sommer nou al registreer.
Dagsê S. Coetzee
Moenie bekommer nie – jy kan nog registreer tot die dag voor die matriekuitslae bekendgemaak word. Jy kan dus eers vir jou eksamennommer wag en dan weer Maroela Media se webtuiste besoek om te registreer.
Baie sterkte vir die eksamen!
Groete
Mariné nms Maroela Media
Baie baie dankie! Kan nie wag om volgende jaar die terugvoer te kry nie…. Uitstekende gebruik van my 30 minute studiebreuk…..
Ek wil net graag weet min of meer wanneer ons, ons uitslae van julle af sal kry??
Dagsê Zanelle
Na verwagting sal al die matriekuitslae op 6 Januarie 2016 om 06:00 beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Baie dankie. Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar
Hi is dit 12uur die aand
Hi wil net seker maak oor die datum van die uitslae?
Baie dankie – kan nie wag nie!
Niemand Sal ons ID numbers in die hande kry nie? ( Kan sien nie? )
Dagsê Quené
Al jou inligting, insluitend jou ID-nommer, sal streng vertroulik hanteer word.
Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media
Baie dankie.
6 Januarie 2016 om 12:00
Dagsê Zanelle
Die uitslae sal reeds om 06:00 op 6 Januarie 2016 beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dagsê Zanelle
Die uitslae is vanoggend om 06:00 beskikbaar gestel.
Jy kan jou uitslae hier sien: http://matriekuitslae.co.za/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Baie dankie
Baie dankie. Julle is die beste
Baie dankie. Ons kan nie wag vir die uitslae nie. Kan nie gou genoeg kom nie.
verskaf julle die matriek uitslae van privaat skole ook.?
kan nie wag vir my uitslae
Hoe gaan ons weet as die uitslae beskikbaar is ?
Dagsê Suné
Almal wat op Maroela Media geregistreer het, sal ‘n SMS ontvang sodra die uitslae beskikbaar is.
Registreer hier: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/matrieks-2015-registreer/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
ek wl graag register.
Dagsê Reduwaan,
Registreer gerus deur jou besonderhede hier bo op die berig in die vorm in te vul.
Groetnis
Suné
ek wl dEEL WEes
Dagsê Reduwaan,
Registreer gerus deur jou besonderhede hier bo op die berig in die vorm in te vul.
Groetnis
Suné
Word die kinders wat IEB eksamen geskryf het ook bekendgemaak…ek weet daardie uitslae is al die 29ste Desember bekend….
Hoop vir die beste
Ek wil graag my matriek uitslae ontvang
Dagsê Mariska
Registreer gerus deur jou besonderhede in die vorm hier bo in die berig in te vul, dan sal ons jou laat weet sodra jou matriekuitslae beskikbaar is op Maroela Media. Na verwagting word die uitslae op 6 Januarie 2016 gepubliseer.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Hi wil maar net uitvind of julle die uitslae publiseer en is dit voor die skole hule uitslae publisher?*kry ons dit die 6de Januarie 12:00 die a and?
Dagsê Christelle
Die uitslae word beskikbaar gestel sodra die departement van onderwys dit vir ons vrygestel het. Na verwagting sal die uitslae die dag van 6 Januarie beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dagsê Christelle
Jammer ek antwoord nou eers jou navraag! Die uitslae sal reeds om 06:00 op 6 Januarie 2016 beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Moet die eksamen nommer die volle een wees of net die 4 laaste nommers van ons eksamen nommer!
Dagsê Tiffany
Die volledige eksamennommer.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek het my eksamen nommer verloor wat doen ek nou?
Dagsê Marcelle
Ek dink die maklikste sal wees om jou skool te kontak en uit te vind of hulle moontlik jou eksamennommer weer aan jou kan verskaf. Ek glo hulle behoort jou hiermee te kan help!
Groete
Mariné
nms Maroela Media
baie behulpsaam
Ekskuus ek pla en miskien is ek bietjie blond, maar kry die kinders die resultate 12 uur die oggend of 12 uur die middag? Ons bly op ‘n klein plekkie en die koerante kom eers later die oggend hier aan..
Dagsê Anesta
Dit is nog nie duidelik wanneer ons die uitslae beskikbaar gaan mag stel nie. Die maklikste is om op hierdie bladsy te registreer en dan sal julle ‘n SMS ontvang sodra die uitslae hier op Maroela Media beskikbaar is.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
More
Sal julle die IED uitslae ook beskikbaar hê? Hulle behoort 30.12.15 uit te wees.
Dankie
Ek bedoel die IEB eksamen uitslae . . . :-)