Matrieks begin met eindeksamen

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 688 660 matrikulante is ingeskryf om Maandag met die 2014 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te begin.

“Altesaam 550 127 is voltydse leerlinge en 138 533 is deeltydse kandidate,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, Sondag gesê.

Die eksamen word by 6 735 sentrums in nege provinsies afgelê, met behulp van 65 000 toesighouers.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal na verwagting op 6 Januarie die uitslag van die eksamen bekend maak.

President Jacob Zuma het ouers versoek om nie te veel druk op kinders te plaas nie. “Ons maan ouers om ondersteuning en aanmoediging te bied,” het hy in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos ·

Ons kan vanjaar seker na ‘n slaagsyfer van minstens 80 persent uitsien.Die kinders hoef nie
vreeslik hard te leer om ‘n 30 persent slaagsyfer te kry nie.
Net ‘n jammerte die matrieksertifikaat word nie juis hoog in eerstewêreldlande aangeslaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.