Matrieks: Doen só aansoek vir die aanvullende eksamen

(Argieffoto: Facebook)

Matrikulante wat nie verlede jaar se nasionale matriekeksamen geslaag het nie, sal binnekort kan registreer vir die aanvullende eksamen wat op 5 Mei vanjaar begin.

Die uitslae van die 2020- nasionale matriekeksamen word op 23 Februarie bekendgemaak. Indien matrikulante na gelang van dié uitslae die eksamen wil oorskryf, moet hulle aanlyn registreer of hul naaste onderwysdistrikskantoor besoek.

“Die eksamen gun matrikulante wat nie geslaag het nie, ʼn tweede kans om ʼn matrieksertifikaat te verwerf,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Die aanvullende eksamen is ook oop vir enigiemand wat vir die eksamen in November geregistreer het, maar dit nie kon aflê nie weens mediese redes of die afsterwe van ʼn familielid.”

Volgens Mhlanga het die eerste aanvullende eksamen in Mei 2019 plaasgevind en meer as 35 000 kandidate het hiervoor geregistreer.

Kandidate wat nie tevrede is met hul uitslae nie kan ook aansoek doen vir ʼn hermerk of vir ʼn merker om die vraestel weer na te gaan. Aansoekvorms hiervoor is beskikbaar by die skool of eksamensentrum waar die kandidaat die eksamen afgelê het.

Verdere inligting is op die departement van onderwys se webtuiste beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Bestaan daar dan nog iets soos ‘n aanvullende eksamen? Standaarde is klaar so laag PLUS almal kry 5% by oor laasjaar se ontwrigting PLUS vraestelle van die enigste 2 moeilike vakke wat nog oor is het uitgelek. Maroela lesers wat nog in die ou SA op skool was, kan gerus na die matriek hersieningsprogramme op DSTV gaan kyk. Alles verspot maklik deesdae.

Piet ·

Daai tyd was daar mos verskillende onderwysdepartemente vir verskillende rasse en ook verskillende eksamens vir provinsies. Ons het die vorige matriek-vraestelle van al die onderwysdepartemente deurgewerk. ‘n Interessante ding was die moeilikheidsgraad. Kaap (blank) en Natal (Indiers) het oor die algemeen die moeilikste eksamens gehad. Indiers s’n was moeilikste (veral wiskunde en die ander wetenskappe), dan blankes, dan kleurlinge, dan swart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.