Matrieks glimlag breed ná Engels 2

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se tweede vraestelle in Engels huistaal, Engels eerste addisionele taal en Engels tweede addisionele taal is Donderdagoggend geskryf en die meeste matrieks voel goed oor dié vraestel.

“Dit was ’n baie redelike vraestel,” sê Janka Swanepoel, ʼn matriekleerling aan Hoërskool Rustenburg in Noordwes, oor die Engels eerste addisionele taal- vraestel.

Dié letterkundevraestel van 70 punte het uit vier afdelings bestaan waarvan matrieks twee afdelings van 35 punte elk moes kies en voltooi.

Swanepoel het gekies om die vrae oor Athol Fugard se boek My Children! My Africa! en die gedigte “Mid-Term Break” deur Seamus Heaney en “Captive” deur Francis Carey Slater te beantwoord en “dit was eintlik baie maklik gewees,” sê sy.

Justin Scheepers van Hoërskool Overkruin in Pretoria het die vraag oor William Shakespeare se Macbeth en dieselfde twee gedigte beantwoord. Ook hy het nie gesukkel nie.

“Dit was regtig baie maklik. Alles was voor die hand liggend.”

Swanepoel en Scheepers sê daar was ook meer as genoeg tyd om vandag se vraestel te voltooi. “Die meeste van ons was ná ’n uur en ’n half klaar,” sê Swanepoel.

Constanze van der Walt, nasionale bedryfsbestuurder van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê ’n Engels-onderwyser by een van die organisasie se lidskole het laat weet dat die vraag oor Macbeth leerlinge toegelaat het “om krities oor die temas en karakters te dink”.

“Dit het ook leerlinge se basiese kennis en verstaan van die toneelstuk as geheel getoets.”

Dit blyk uit ʼn ander onderwyser se terugvoer dat die Engels huistaal- vraestel van 80 punte ook goed verloop het.

“Die vraestel was regverdig. Al die vrae was maklik om te verstaan en te interpreteer. Die enigste probleem kan moontlik die opstel oor The Crucible van Arthur Miller wees aangesien daar nie genoeg inligting verskaf is om ʼn behoorlike opstel van 350 tot 400 woorde te kon skryf nie,” sê die betrokke onderwyser.

Die poësie-afdeling van Engels huistaal was vanjaar baie meer eenvoudig. “Daar is goeie vrae gevra om alle leerders te akkommodeer. Dit was ʼn baie goed gestelde vraestel.”

‘Einde in sig’

Swanepoel het vanmiddag aan Maroela Media gesê sy het nog slegs drie vraestelle oor voordat sy die skoolbanke vaarwel roep. “Ek dink ons almal is nou al ʼn bietjie moeg en wil so hou moontlik klaarmaak. Ek kan nie meer wag om my laaste vraestel te skryf nie.”

Die vraestel sal die derde Afrikaans-vraestel wees wat op 2 Desember afgelê word.

Scheepers is egter nou eers halfpad en moet nog ses vraestelle skryf voordat hy skool vir oulaas verlaat. Hy is egter nog vol moed en spoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre ·

Klink my die Afrikaanse vraestel het n graad benodig en die engels kom n graad 1 sekerlik slaag

Casper ·

Enige vraestel is maklik as jy genoeg breinselle het om te kan leer op te hou afbrand en doen wat die skool van jou verwag,leer en nie verskoning soek hoekom jy nie kan leer nie.Ons het ‘n koolstoof gehad,parafien lampe gebruik en parafien ys- en vrieskaste gebruik en sk het matriek geslaag,bygesê parafien het toe 48 sent per liter gekos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.